Page 1 of 1

Vreet tydperk ?

Posted: Sun Feb 27, 2011 9:20 pm
by muishond
Goeie naand

Weet iemand dalk hoe lank n rooikat en jakkals by n karkas vertoef nadat die lam gevang is ?? (vreet tydperk)

Groete
Muishond

Re: Vreet tydperk ?

Posted: Sun Feb 27, 2011 10:57 pm
by Francois Marais
Muishond

To hy dik is of gepla word... ;D ;D ;D ;D

Sorry man, kon hom nie los nie, in tyd het ek egter nie n idee nie, maar ek reken nie dit sal langer as so 45 min wees nie, reken ook n kat sal bietjie langer vertoef....

Mooi loop
Francois

Re: Vreet tydperk ?

Posted: Mon Feb 28, 2011 7:00 am
by Frederik
Dit hang seker af van 'n paar dinge soos:

Word die diere hard gejag?
Is daar ander predatore naby?
Hoe lank laas het hy ge-eet?
Is dit net padkos oppad na 'n teef toe?

Maar ek het geen antwoord op jou eerste vrag nie.