Page 1 of 1

Isuzu KB280 DT LE

Posted: Fri Jul 04, 2014 10:14 pm
by taljaae
Is daar 'n spesifieke manier om seker te maak dat daar nie lug in die koppelaar sisteem (Master en Slave cylinders en pyp) is nie. M.A.W. wat is die regte manier om die sisteem te bloei??

Dankie vir julle terugvoer.

Re: Isuzu KB280 DT LE

Posted: Sat Jul 05, 2014 9:31 am
by henning
taljaae wrote:Is daar 'n spesifieke manier om seker te maak dat daar nie lug in die koppelaar sisteem (Master en Slave cylinders en pyp) is nie. M.A.W. wat is die regte manier om die sisteem te bloei??

Dankie vir julle terugvoer.
Na die beste van my wete word dit onder die voertuig gebloei, het nog altyd vir my gewerk.

Groete
Henning

Re: Isuzu KB280 DT LE

Posted: Sun Jul 06, 2014 7:29 am
by JohanvB
Bel gerus vir Mario Fourie hier in Edgemead Kaapstad hy is 'n boffin...ek PM sy nr vir jou..

Re: Isuzu KB280 DT LE

Posted: Sun Jul 06, 2014 8:20 am
by HennieC
Soos ek weet van voertuie moet jy hom bloei by die wiele. Begin by die wiel verste van die master cylinder af tot by naaste een.
Die persoon wat die pedaal gaan trap moet kan baaaaiiieee trap, dit sal 'n rukkie vat om die hele systeem deur te bloei.

Re: Isuzu KB280 DT LE

Posted: Sun Jul 06, 2014 8:24 am
by Cobus(Cobb)
HennieC wrote:Soos ek weet van voertuie moet jy hom bloei by die wiele. Begin by die wiel verste van die master cylinder af tot by naaste een.
Die persoon wat die pedaal gaan trap moet kan baaaaiiieee trap, dit sal 'n rukkie vat om die hele systeem deur te bloei.

Nei chomma, daais brieke bloei.....
Clutch bloei = trap so paar keer tot jy hom voel, gee skiet, maak vas, pomp weer....kla

Re: Isuzu KB280 DT LE

Posted: Sun Jul 06, 2014 8:27 am
by henning
HennieC wrote:Soos ek weet van voertuie moet jy hom bloei by die wiele. Begin by die wiel verste van die master cylinder af tot by naaste een.
Die persoon wat die pedaal gaan trap moet kan baaaaiiieee trap, dit sal 'n rukkie vat om die hele systeem deur te bloei.
Hennie, ons vriend hier praat van die koppelaar (clutch). Die bloei plek is op die piston wat aan die ratkas gekoppel is.

Groete
Henning

Re: Isuzu KB280 DT LE

Posted: Sun Jul 06, 2014 8:32 am
by HennieC
:( Askies ek lees maar sien nie. Maar hy gaan nog steeds moet pomp >:D

Re: Isuzu KB280 DT LE

Posted: Sun Jul 06, 2014 12:24 pm
by cassie_calvinia
henning wrote:
HennieC wrote:Soos ek weet van voertuie moet jy hom bloei by die wiele. Begin by die wiel verste van die master cylinder af tot by naaste een.
Die persoon wat die pedaal gaan trap moet kan baaaaiiieee trap, dit sal 'n rukkie vat om die hele systeem deur te bloei.
Hennie, ons vriend hier praat van die koppelaar (clutch). Die bloei plek is op die piston wat aan die ratkas gekoppel is.

Groete
Henning
+1

Re: Isuzu KB280 DT LE

Posted: Sun Jul 06, 2014 7:02 pm
by taljaae
Baie dankie almal vir die raad. Ek vermoed daar moet lug in die sisteem wees. 'n Diensstasie het die Master en Slave silinders vervang. Seker omtrent 'n maand later het die outjie met sy dinge begin. Mens sukkel om hom in eerste of tru rat te kry wanneer hy luier en wanneer jy hom wel in rat kry, dan kruip die bakkie stadig. Twee dae later is alles weer reg. Net om later weer so te maak. Die ding maak my mal!!! Ek gaan die sisteem more bloei en ek hoop dit los die probleem op.

Ps. Ek sal wel later die wiele ook bloei om sodoende nuwe vloeistof in die remsisteem te kry!!!!

Re: Isuzu KB280 DT LE

Posted: Sun Jul 06, 2014 7:05 pm
by Cobus(Cobb)
Terwyl jy onder lĂȘ, doen albei.....
klink my die pressure plate release nie 100% nie

Loer aan binne kant, agter die pedale vir 'n lek, die mat sal nat wees....nuwe een is minder as R300...(clutch hydr silinder)