Page 1 of 1
Savage .260 Rem LRH
Posted: Fri Jul 04, 2014 11:35 am
by tau
More Manne
My vriend het nou net sy lisensie gaan optel en is oppad na Safari om sy roer te gaan haal.
Hy(ek) moet vars begin met lading. Dit is vir loop inskiet en Springbok jag ek het gedink 120gr Sierra Pro-Hunters of 129gr Interbonds hang af wat hy kan kry.
Die Sierra's wer goed in my 6.5x57, maar ek weet nie watse twist die .260 is nie.
Waar is julle begin ladings met S 365 en Magnum primers? gewone large rifle?
Kan mens maklik .243 doppe opnek?
Dankie
Tau
Re: Savage .260 Rem LRH
Posted: Fri Jul 04, 2014 2:13 pm
by tau
OK manne hy het
120gr Nosler Bt
Nosler doppe
S 365
Waar begin ek?
Re: Savage .260 Rem LRH
Posted: Fri Jul 04, 2014 4:47 pm
by Carl
Tau
Somchem? Spoed en dan kom jy terug vir QL met al die QL inligting.
Re: Savage .260 Rem LRH
Posted: Fri Jul 04, 2014 4:55 pm
by tau
Hi Carl
Ek moet eers iets laai voor ek kan spoed kry en dop volume vir QL. Hierdie is net 'n begin lading om 'n basis te kry.
Hy het S 355 en S385 gekoop.
Dankie
Tau
Re: Savage .260 Rem LRH
Posted: Fri Jul 04, 2014 5:44 pm
by Carl
Ek kyk nou net Somchem se Reload website het geen inligting vir die 260 nie. Dan moet jy hulle kontak tydens kantoor ure. Of anders moet jy die VSA kruit gebruik en omskakel. Daar is tabelle op GS Custom se website.
Maar hier was manne wat ladings geplaas het. Kontak hulle direk. Arnold.
Ek sou eerder 308 afnek, hulle is goed koper.
Re: Savage .260 Rem LRH
Posted: Fri Jul 04, 2014 6:18 pm
by rudib
Ek skiet 130gr Nosler accubonds met 43gr S365, (CCI 200 primer in Remington doppe) in my 22 duim 260. Lading is dalk n bietjie warm. Jy kan dalk by 41 begin sou ek voorstel. My kliente maak plat met daai 260!! Hy loop baie baie mooi.
Re: Savage .260 Rem LRH
Posted: Sat Jul 05, 2014 4:01 am
by vossie1
Tau,ek sal hier rondom 39gr begin met s365 en stadig opwerk na so 42gr afhangende van wat die "geweer" se.
Re: Savage .260 Rem LRH
Posted: Sat Jul 05, 2014 8:36 pm
by tau
Dankie manne. Ons wil darem eers sien of die .260 kan kers vashpou met die 6.5x57........
Re: Savage .260 Rem LRH
Posted: Sat Jul 05, 2014 8:48 pm
by henning
tau wrote:Dankie manne. Ons wil darem eers sien of die .260 kan kers vashpou met die 6.5x57........
Kom nou Tua, laat die 260 eers sy lading ontwikkelling doen voor julle kers opsteek.
Groete
Henning
Re: Savage .260 Rem LRH
Posted: Mon Jul 07, 2014 5:31 pm
by tau
Ok manne lot 76 S 365 Nosler BT, Fiochi large rifle primers.
Ek gaan op 39gr begin waar is max???
Re: Savage .260 Rem LRH
Posted: Mon Jul 07, 2014 8:58 pm
by Peruvs72
Die Savage se twist is 8" so miskien sal 'n 140 gr koeel beter werk of gorrel ek?
Re: Savage .260 Rem LRH
Posted: Mon Jul 07, 2014 11:02 pm
by LRLaubscher
tau wrote:OK manne hy het
120gr Nosler Bt
Nosler doppe
S 365
Waar begin ek?
Begin 41,5gr en werk met loop in breek op tot jy druk sien. Gaan rondtom 43,5gr wees as ek moet raai.
Skiet twee skote van elke lading terwyl jy loop inbreek tot so 15-20 skote. In die oefening sal jy sien watse twee skote lê naaste aan mekaar en kan dit dan gebruik om verder te fire form.
Dis nou met S365
Met S355 sou ek selfde doen maar by 38,5gr begin.
Met 120gr punte wil jy so 2880-2920ft/sec loop. Node sal da iewers lê.
Re: Savage .260 Rem LRH
Posted: Tue Jul 08, 2014 8:05 am
by Ed0101
We using 41,5graims of S365 latest lot# with Lapua 123gr Scenars, Lapua cases and CCI 250 primers, that gives us about 2900 f/s in my sons Savage .260 Rem .
Re: Savage .260 Rem LRH
Posted: Fri Jul 18, 2014 8:18 pm
by vanderlindedj
Met my Savage LRP 260Rem
Laai S365 Lot 76
42.5gr S365 met 120gr Sierra Matchking
40.5gr S365 met 123gr Sierra Matchking / Lapua 123gr
40.5gr S365 met 142gr Sierra Matchking
Almal werk goed vir my