Page 1 of 1

nog 'n annealer.

Posted: Thu Jul 03, 2014 8:18 pm
by muismaree
Hi julle.

Na aanleiding van die topic http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=75&t=33302 by die herlaai sub forum, het ek besluit om ook te probeer om my anneal proses te bespoedig. Ek het hierdie lelike onding vanmiddag gou aanmekaar gegooi.
b1.jpg
Sou ek besluit om 'n MkII te maak, sal beslis beter lyk. Ek het maar plan gemaak soos ek aangegaan het. My boor werk al lankal vanaf 'n bike battery, hy was dus die aangewese kragbron. Ek het 'n afval stukkie supawood gbruik as basis vir die storie. Dit bout vas aan my herlaai tafel, als staan dus mooi stil. As hy in werking is, sal daar 'n bakkie water onder die draaipan staan om die doppe op te vang
b2.jpg
Die boor se spoed hou ek konstant met 'n stukkie bloudraad wat die skakelaar vashou.
b3.jpg
Ek is duidelik 'n funksie bo vorm tipe ou, moet self se dit lyk nie mooi nie! Maar hy werk! Hy kos my niks, die staal en die hout is als offcuts.
Jammer vir die sleg fotos, sommer met 'n telefoon geneem.

Re: nog 'n annealer.

Posted: Thu Jul 03, 2014 8:43 pm
by James Wilson
Muis, nie sleg nie, gladnie sleg nie! Gee my noggal n plan of twee.

Vir my is die uitdaging by annealing, konstantheid. Konstante spoed, konstante hitte en dan die belangrikste, korrekte hitte vir die regte tyd.

Ek sien net een manier hierverby, en dit is tempilaq. Merk twee of drie doppe, en dan kalibreer jy maar jou annealer se spoed en hitte daarvolgens. Of is daar n ander manier?

Re: nog 'n annealer.

Posted: Thu Jul 03, 2014 8:58 pm
by muismaree
Hi James, jy is reg, tempilaq is maar al wat werk. Toe ek die ou opgestel het, het ek eers 'n paar doppe met dit geverf om die spoed en vlam mooi ingestel te kry. Maar as hy eers reg gestel is, loop my heel mooi. As ek hom weer moet bou, sal ek soek vir 'n drom met 'n groter deursnee. Die boor moet skaars draai, anders gaan dit te vinnig. Nog 'n tip, hou 'n paar ou uitskot doppe byderhand om die aanvanklike growwe kalibrasie te doen. Ek weet 'n PMP dop en 'n Lapua gaan waarskynlik nie ewe lank neem nie, maar as jy die ou dop gebruik kom jy darem in die "ballpark" en foeter jy nie jou duur doppe op met proewe nie!

Re: nog 'n annealer.

Posted: Thu Jul 03, 2014 9:04 pm
by James Wilson
Dankie, ek het gereken dit is wat jy gedoen het. Hou so aan, laat weet asb wat jy besluit het op die regte pan deursnee

Re: nog 'n annealer.

Posted: Thu Jul 03, 2014 9:41 pm
by PWV
Mooi, Muis! Regtig 'n gawe gadget wat jou werk 'n plesier maak!

Re: nog 'n annealer.

Posted: Fri Jul 04, 2014 10:01 am
by Willie
Muis

Daai is nou die tipe planne waarvan ek hou.

Ek stem net nie saam dat 'n groter drom gaan help nie . Die omwentelinge per minuut gaan mos die selfde bly. Die buite rand van die drom gaan net vinniger beweeg maar die tyd vir een omwenteling bly die selfde.

Al raad is om 'n ratkas tipe stelsel op die boor te sit. Ek dink nog aan 'n goedkoop plan vir daai ratkas maar sover niks !

Re: nog 'n annealer.

Posted: Fri Jul 04, 2014 10:10 am
by PWV
Met 'n groter drom, sit jy net twee gleuwe in die drom. - en gebruik 'n 9 W adaptor

Re: nog 'n annealer.

Posted: Fri Jul 04, 2014 10:45 am
by muismaree
Hi julle.

Ek het vanoggend toe ek die beskuitblik sien, 'n ereuka oomblik gehad. Beskuit en klein koekblikke is die perfekte size!
b5.jpg
Hierdie was eens 'n Quality Street blik. Sy deursnee is 178mm. Nou is dit makliker om die storie te kalibreer, want die boor hoef nie meer stadiger as 'n slak oor skuurpapier te loop nie.

Re: nog 'n annealer.

Posted: Fri Jul 04, 2014 11:04 am
by VdWalt
Hoe lank moet die dop omtrent in daai blou vlam bly?

Re: nog 'n annealer.

Posted: Fri Jul 04, 2014 11:37 am
by Capt. Yoda
VdWalt wrote:Hoe lank moet die dop omtrent in daai blou vlam bly?

VdWalt daar is net een manier om te weet en dit is om te meet.Kry vir jou tempilaq, elke vlam en maak van dop is anders.
My doppe wissel so tussen 8 en 10 sekondes maar kry tempilaq en toets jou doppe self

Muis ek sit en dink al heel week watse blik ek wil gebruik en nou toe ek joune sien onthou ek waar een is

Re: nog 'n annealer.

Posted: Mon Jul 28, 2014 7:04 pm
by bertie
vrou se koek pannetjies of beskuit blikke sal perfek werk
groete
bertie

Re: nog 'n annealer.

Posted: Mon Jul 28, 2014 8:24 pm
by PWV
Mooi Muis!! En die hele storie kos jou bykans niks nie!!