Page 1 of 1

Amok Bokke -Noorsveld Express 2014-

Posted: Thu Jul 03, 2014 4:43 pm
by tau
Lekker die naweek ons jaarlikse Amok Bokke jag gehad. Weereens saam met forumlid Kruger. Ons het op een van sy oop plase in die Jnasenville distrik gejag. Hardewerk, maar baie bevredigend en regte Buk en Bekruip jag.

http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/amok2014_zps55f0eb9c.jpg
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/nr8_zps80212ab8.jpg
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/nr7_zps75d3e675.jpg

Ons het vir Kruger gevra of ons in die veld kan kamp en hy het vir ons sy kampwaentjie saamgeneem vir kombuis geriewe. Ons het vroeg uit die kamp gestap en heeldag Kudu's en varke gesoek.
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/tentkoud_zpsa5c4b656.jpg
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/noors1_zpsa60178ee.jpg

Soos enige iemand weet om in die spek te jag op 'n oopplaas is nie maklik nie. Die Jansenville is ook toe vir die skiet van koeie. Ek het ook laasjaar 'n 45" Bul geskiet so ek was agter twee jonger bulletjies aan eerder as een grote wat dan my hele budget opvoeter.

http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/noors2_zpsd0029664.jpg

Dag een was ek gelukkig om 3 varke met die 6.5x57 te skiet. Dit het vrek vinnig gebeur en toe die eerste vark val ontplof die bos om my. Ek het herlaai en stil gaan staan in die skadu van 'n Witgat en gemaak soos 'n vark wat skreeu aangeisn vark no.1 se hart skoot soos 'n kpskoot gereageer het en die vark dedelik dood was, of tenminste geen geluide gemaak het of beweeg het nie. Vark no.2 het nader gekom en ek kon hom ook net agter die blad skiet aangesien sy kop nie sigbaar was nie. Die skoot klap en soos ek herlaai en Vark no.2 in my scope wil kry draf vark no.3 reguit uit die bos op my af. Hierdie is duidelik die pappa / baas vark en een kyk besef ek hy weet nie of hy wil weghol of my plathardloop nie. Ek besef my laaste patroon is in die kamer en die Steyr herlaai nie van bo nie so dit is nou skiet plat, skiet 'n stormende vark of los hom. Ek soek drie varke en besluit hy moet val. Die Steyr Fullstock 6.5x57 Mauser brul en die vark val neer soos 'n englesman na 'n Butch James shoulder charge. Ek druk dadelik 'n rondte van bo in die kamer. En sien die vark se tande sal my seer maak en ek is nogals verfynd nadat ek die nag so bietjie van 'n 360 degree maag op my gehad het en gereeld my tent se ritsluiter moes soek inderhaas die graaf buite gryp en die bos gaan besoek. Ja dit is nie maklik om siek te wees in 'n tent nie.

Ek het so baie gekla ek is bedien met die pink Noorsveld Noorsie kep.
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/mailgooglecom_zps756429f5.jpg

Wel genoeg van my maag en terug by die jag. Die drie varke het so 100m van mekaar gele en ek was vrek beindruk met die 6.5 en die Sierra 120gr Pro-Hunters se doodmaak vermoe. Ek het nie groot bene getref nie, maar die koeels het die varke se hart long area's mooi gestref.
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/nr5_zps3719d925.jpg
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/nr6_zps2b6c66f1.jpg

Ek het die res van die dag kans gekry op twee kudu koeie en 1 monster bul, maar ongelukkig was hulle nie op die spyskaart nie. Ek het in sterk skemer weer 'n jong bul onderskoot gekry, maar hy wou nie stilstaan nie en ek raak nou ouer of slimmer, want ek het nie geskiet nie en die stemmetjie in my kop het my gewaarsku "hier kwes jy nou lekker en dan is die bok weg" ek het die patroon uit die kamer gehaal en terug gestap kamp toe. Wat 'n dag moeg maar lekker. 21:30 toe slaap al die jagters.

Re: Amok Bokke -Noorsveld Express 2014-

Posted: Thu Jul 03, 2014 4:52 pm
by Chevvy SS
Lekker man!

Re: Amok Bokke -Noorsveld Express 2014-

Posted: Thu Jul 03, 2014 4:54 pm
by slagdop
Lyk sommer lekker bakgat. Wel gedaan.

Re: Amok Bokke -Noorsveld Express 2014-

Posted: Thu Jul 03, 2014 5:50 pm
by Capt. Yoda
Lekker storie daai.Daai pappabeer is regtig n mooi vark

Re: Amok Bokke -Noorsveld Express 2014-

Posted: Thu Jul 03, 2014 6:29 pm
by Carl
Lekker storie en mooi fotos Tau.

Re: Amok Bokke -Noorsveld Express 2014-

Posted: Thu Jul 03, 2014 7:24 pm
by Kalahari
Mooi geskiet meneer, dankie vir die storie en die foto's.

Re: Amok Bokke -Noorsveld Express 2014-

Posted: Fri Jul 04, 2014 6:33 am
by DWB
Lekker man, pragtige vark daai ou groot oom. Hy sou jou lekker gekarnuffel het!

Re: Amok Bokke -Noorsveld Express 2014-

Posted: Fri Jul 04, 2014 7:51 am
by Johan Nel
Nee jis, dit kan nie al wees nie... :-[
Hierdie klink vir my of dit maar bloot die eerste episode van 'n hele vervolgverhaal moet wees. O0
Klink na 'n regtig lekker jag, tau!

Re: Amok Bokke -Noorsveld Express 2014-

Posted: Fri Jul 04, 2014 8:53 am
by Geno
Netjies John! Jy lyk nogal pikant in jou pienk keppie :-*

Re: Amok Bokke -Noorsveld Express 2014-

Posted: Fri Jul 04, 2014 12:26 pm
by Jakkie 321
Ag te lekker man hoe mis ek nou daai noors en spekboom in die veld.

Groette

Re: Amok Bokke -Noorsveld Express 2014-

Posted: Fri Jul 04, 2014 1:44 pm
by Jakkie07
Lekker jagstorie, maak my eintlik lus nou om n vark te gaan soek

Re: Amok Bokke -Noorsveld Express 2014-

Posted: Tue Jul 08, 2014 12:00 pm
by tau
Ek begin eintlik die hele storie verkeerdom, maar ek sien die movies doen dit so ek prober dit ook.
Die van julle wat nog nie die Amok Bokke storie ken nie. Ons is so paar vriende wat elke jaar iewers in die Oos-Kaap op ‘n eklusief Stap jag gaan. Ek prober om die naam te vestig onder plase en by boere da tons betroubaar is en da tons nie daar is om getalle of duime te skiet nie, maar da tons gaan vir ‘n harde opregte jag. Ek stuur my nie vreeslik aan etiek nie. Soms skiet ek in die nag Springbokke met ‘n lig en dit is bestuur. Of in die dag vanaf ‘n bakkie. So ook stap jag ek in die Karoo soms en mense dink ek is mal. Al wat vir my BAIE belangrik is, is dat die dier dadelik of so naby moontlik dood is nadat jy die sneller getrek het. Dood is dood. Of jy hom op 600m skiet of op 10 meter.
Ek het wel ‘n liefde om alleen in die veld te stap en bokke te bekruip of te flous. Ek dink nie uitoorle is die regte word nie, want in die Noorsveld met sy Spekbook hange is dit gewoonlik Kudu baie VS jagter min. Nie te min Koop ek toe voor die jag vir my ‘n camo broekie om sam met my Camo hempie te gaan. Ek sien gewoonlik die drag net by Sa Jagters skiet dae. Die meeste van my vriende jag soos ek in ons ou Parkeraad klere of in hulle pa se Koevoet of Army camo’s of browns. Vanjaar sou ek die kudu’s flous met my gedaanteverwisseling na ‘n tipe (weg)kruip jagter.
Ons Groep bestaan uit 5 vriende of net mooi ‘n tweevertrek bakkie span. Een van ons vrinne werk offshore en sy passport het vasgehaak by Angola se mense en hy het op die einde die jag gemis. Ons was baie hartseer. Ek probeer altyd ‘n tipe kultuur per jag skep en elke jag kry dus ‘n naam. Hierdie jaar was ons in die Noorsveld dus is die jag die Noorsveld Express gedoop. Man man ‘n kep en ‘n Hemp by Grey Ghost Gear gekry en da nook natuurlik ‘n Pienk strap kep met die woorde Jy Weet …… voorop en agterop Noorsveld Noorsie wat die local jaarlikse Gay fees is.
Ons sou die Kep uitdeel tydens die jag in oomblikke van flaters. Min het ons geweet hy gaan so baie kop verwissel.

Eers was dit ek wat siek was en ‘n tipe Malak gehad het(jou long sak af dan hang dit in jou…) Tweedens het die engelsman sy 7x57 en .375 Ruger by die skietbaan uitgehaal en die wapens uit hulle sake gehaal en reg gemaak om in te skiet…….Net jammer hy het sy patrone in sy kar vergeet in Worcester. Mooi man vat die keppie.

http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/jaredpink_zps76974a5c.jpg

Daarna het Coena sy Hilux se klap agter beskerm deur om my waentjie se wieletjie te laat sak. So het ons ingeklim hy het die klap agter toe gemaak en nie my waentjie se klap toegemaak nie….Vat so Gomgat.

http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/coenapink_zpsc9f5418b.jpg

Elkgeval na de gewere darem die A4 teiken raak geskiet het en Kruger baie beindruk was aangesien hulle net .303 oopvisier ken in die wereld is ons na die Algemene handelaar om ‘n Oos-Kaap jag permit te kry. Teen R20 per jaar was ons toegerus om die wildbeast aan te vat.

Ons was so 15:00 op die plaas net betyds om tent op te slaan en toe kom reen dit kerels. Gelukkig het ons almal uit vorige jare se jag in die Oos-kaap geleer en ons reen baaidtjies en broeke aangetrek. Jag was uit so ons het maar sit en mekaar lus maak vir die jag en tiepies probeer planne maak hoe jy daai Kudu gaan uitoorle die volgende dag.

Ek het daardie aand vir ons ‘n lekker Geelstert gebraai wat ek aan die Weskus gevang het. 21:00 toe slaap ons almal.
Die vorige post het dag 1 se gebeure beskryf. Na die dag se jag het ons die aand lekker gebraai en weereens is almal 21:30 bed toe. Moeg gestap en volmoed vir dag 2.

Re: Amok Bokke -Noorsveld Express 2014-

Posted: Tue Jul 08, 2014 12:13 pm
by Johan Nel
Ek het mos gesê, "Vervolgverhaal". Daars hy tau, lekker vertel, ons luister graag... ++>:

Re: Amok Bokke -Noorsveld Express 2014-

Posted: Tue Jul 08, 2014 1:41 pm
by Jakkie07
Tau
is dit by Basson Kruger waar julle gejag het?

Re: Amok Bokke -Noorsveld Express 2014-

Posted: Tue Jul 08, 2014 3:56 pm
by tau
Dag 2.
EK het die oggend opgestaan en ‘n jong Kudu was al wat ek wou skiet vir die dag. Ek moet bieg ek het 3 gewere saam gebring my 7mm RM, .375 Ruger en my 6.5x57. Ek het erge skeidings issue's om 'n roer by die huis te los. My ,243 3n .222 het swaaaaaar in die Kaap gebly.

EK het besef die skote op Kudu’s in die wereld gaan maar of 150-250m wees of jy skiet naby uit die staan posisie vir daai 2 sekondes wat jy in ‘n Kudu vasloop. EK het besluit die 6.5 sal weer diens moet doen. Die geweertjie dra vrek lekker en met die bi-pod op kon ek darem hopenlik ‘n lekker plek kry om op te stel as die afstand bietjie verder raak. Om vanf ‘n bakkie of voorsit posisie te skiet anderkant 200m is seker nie die moeilikste ding as jou roer en toerusting reg is nie, maar as jy sopas vir 30min of selfs ‘n uur bekruip het en nie baie spasie of beweeg ruimte het nie raak dit ‘n moeiliker skoot. So enige hulp is goed.

Ek en Coena is uit hierdie keer in ‘n Noord – ooste kant van die plaas gejag. Ons het uit die kamp weereens gestap met roer, water verkyker en range finder. Dit is vrek lekker vir my om so te jag. Ons het elkeen ‘n radio by ons gehad en het besluit om op te spilt as ek varke kry roep ek hom en as hy ‘n jong bul sien roep hy my. So 30 min in die jag in het my radio gekraak. Hy het ‘n jong bul bo in die spek gesien. EK is vining na Coena toe en ons het planne beraam om nader te kom aan die bok. Hy was 600m weg, maar die rivier loop en spek bos teen die hange is verdeel deur ‘n laagte wat net ‘n Soetdoring hier en daar bevat.
Ons het begin bekruip in ‘n spoel sloot en dan so elke nou en dan die wind gekyk aangesien dit nou 07;30 was en die daaglikse winde rondom die tyd begin waai het. Die son was mooi agter ons nou en die bok sou ons swaar kon sien. Ons het vir amper 200m of so bekruip op ons knee en dan op ons hurke. Die bulletjie was baie wakker en die feit dat hy alleen was het hom nog meer senugtig gemaak.

Ons het so bekruip en kon nooit sy lyf sien, maar sleg die bok se kop. Op 300m vanaf die bulletjie het ons uit bosse geraak om agter weg te kruip of selfs net ons siglyn na hom te breek. Ek dink mens moet soms besef die bok sien jou as jy onnatuurlik optree. Hulle sien tog werkers op die plaas en mense wat draad werk of skaap/bokke bymekaar maak. Ek het besef ‘n kop skoot op 300m is nie aan nie en het begin om stil te sit vir ‘n minuut en dan het ons vir so 20m beweeg van bos na bos agter mekaar om soos een voorwerp te lyk tot ons weer kon wegkruip agter ‘n lekker bos.

Ek en Coena het al Kudu’s in die Karasberge saam gejag en Elande in die Kaap en baie Springbokke in die Karoo. Ons werk goed saam en as een skiet range een. Die laaste twee jaar het die lewe sy gang gegaan en ons het lanklaas saam gejag behalwe vir Springbokke oes vanaf ‘n bakkie. Dit was lekker om weer saam met jou jagter broer die geleentheid te kry om saam ‘n slim dier soos ‘n Kudu te kan jag. Ons het die vorige dag nee gese vir ‘n 50” plus bul so hierdie was ons kans om op te maak. Op 250m het ons bekommerd geraak die bok gaan ons optel en wegbeweeg. Gelukkig het hy sy kop in die Spek laat sak en gevreet. Dit was ons kans. Ons het vining beweeg tot agter ‘n lekker lang Soetdorng en ek het dadelik my Bi-pod uitgevou en my parallax verstel na die 225m wat Coena se rangefinder gelees het. Toe ek lekker in posisie kom het die bok sy kop gelig so 2m verder as wat hy vantevore gestaan het. Die bokant van die bok se kop tot net onder sy kaak was sigbaar hy het lekker lank na ons gestaar en ek het besef hier is my kans. Ek het gewag dat my asemhaling rustig geraak het seker gemaak my posisie is stewig.
Ek het ook gedink aan waar ek die gonge getref het op 200m met die 6.5 op my skietbaan en die gradient bygereken. EK het my kruishaar presies op die bok se kroontjie neergesit met my 100m Zero was ek seker die koel sal die bok senter tussen die oe slaan. Alles was stil geen wind nie en die bok het stil gestaan. Net voor ek wil skiet draai die bok sy kop na ons regs sy linkerkant die skoot is nou beter die werwel kolom was nou sigbaar. EK druk die sneller op die Steyr Mannlicher wat perfek gestel is vir my. Voordat ek terug kan kom op teiken vanaf die recoil klap Coena my agter die blad en gee so meisiekind gilietjie. Volgens hom het die bok net daar geval. EK is soos altyd skepties en verwag die ergaste en herlaai dadelik en verwag die bos gaan nou begin kraak.

Na so 10 sekondes sink dit in. Die bok is plat, ons kan niks sien nie aangesien die Spek in daardie area so 2m hoog staan. Ons beweeg nader en Coena vat voor hy het beter opvolg skills as ek aangesien hy so paar jaar PH werk op hulle wildsplase gedoen het vakansies. Dit is ook lekker om te weet hy is beter as ek in hierdie situasie. Ons maak soos altyd ‘n gedugte span en nog herinneringe word geskep.
Ons kry die bok dubbelgevou met die spek wat hy gevreet het nog in sy bek. Geen Weidmansheil is nodig vanaf ons kant hy het reeds sy laaste maal. Ek sleep die bok uit die digte bos en hy voel swaarder as wat hy lyk….tot sy been agter die Witgat boom wat hier staan losruk. Die bok se lyf is vrek klein. Ek kry so koue gevoel. Het ek sopas Kruger se enigste Njala bul geskiet wat hy ons nie van vertel het nie!!!!! Grappie.

Die bulletjie is vreeslik klein hy is nie maer nie, maar net klein. Ons stel die bok op vir ‘n kiekie en hier besef Coena sy Rangefinder is weg!!! Die man se geluk verander in so naar gevoel, ons is sopas deur 100m dik spekbs. Enige iemand wat al in spekbos plate was weet hier sal jy nie ‘n camo rangefinder sommer kry wat geval het nie. Ons neem foto’s in stilste die hele lekker gevoel is weg.



Toe onthou Coena met die raakskiet was hy so gelukkig hy kan nie onthou wat hy met die rangefinder gedoen het nie. Hy loop terug tot waar ek gele en skiet het en mooi langs die boompie le sy rangefinder al is well that ends well. Kruger se twee seuns is aan diens en kom laai die bok met hulle vierwiel en waentjie. Die manne werk hard is nugter op ‘n Saterdag oggend en luister mooi vir die baas verder kan hulle skiet en ken die plaas. Bargain se ek vir julle beste hulp wat ek nog op ‘n wildplaas gehad het.

Ek het nou drie varke en ‘n kudu in die slagstoor en nog ‘n Jong Kudu bulletjie sal goed wees. Ek en Coena split op en ek gaan soek in ander spek hange na Kudu’s. As jy nog nie in die Oos-Kaap berge gejag het nie dit vat geduld en geluk. Jy stap stadig en soek gereeld beweging in die koppe. Of die Kudu loop in jou vas en albei van julle skrik ewegroot. Ek het so gaan sit op ‘n koppie en kon niks sien nie. So 5 min later stap ‘n Kudu koei 80 van my af weg. Sy gaan staan en weet iemand kyk vir haar. Ek wag vir ‘n jong bull om iewers saam met haar uit te kom, maar daar is niks nie. EK bekruip die koei en op 50 m sien sy my vir die eerstekeer. Ek het deur die dag nog 3 ander koeie ook in skiet afstand gekry, maar geen jong bulle nie. Nadat ek weer by Kruger gekom het en vreeslik sleg gevoel het oor my klein bulletjie wat ek geskiet het, het hy my gerus gestel die horing is veronderstel om op ‘n groter dier te wees en dit is seker ‘n kalf wat sy ma verloor het. Hoe sal ons nie weet nie, maar weereens ‘n goeie rede om koeie eerder te los vroeg in die jag seisoen.
So het my twee dae van solo jag op ‘n einde gekom die ander drie manne was net ek diep gelukkig en dankbaar da tons die kans gegun is om solo te kon jag in die mooi wereld. Kruger het ons van dag een af gewaarsku hy is nie ingerig vir jagter nie en so ook nie sy plaas se drade nie. Dit was miskien nie ‘n groot plaas nie, maar die feit dat die dier nie duur drade ingeperk is nie het gemaak dat jy net soveel versigtiger moes jag en bekruip.

Hardejag sonder enige RW nommers, maar baie goeie ervaring en tyd in die veld.

Re: Amok Bokke -Noorsveld Express 2014-

Posted: Tue Jul 08, 2014 3:58 pm
by tau
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/nr9_zpsf1bbb334.jpg

My Etiopiese Kudu

http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/noorskamp3_zps1bd1cddc.jpg

Die Noorsveld Express hoofkwartier.

Re: Amok Bokke -Noorsveld Express 2014-

Posted: Tue Jul 08, 2014 9:50 pm
by Jacko
Moordenaar van klein bokke!

By the way... "Amok Bokke" is darem maar 'n mooi naam. Wonner wie dit uitgedink het? :-0

Re: Amok Bokke -Noorsveld Express 2014-

Posted: Wed Jul 09, 2014 12:08 am
by tau
Fancy ou hy is vandag die redakteur van Wegry. Oja en kenner van homemade biltong droers.