Page 1 of 1

Skaap-/lammervangers se getalle seergemaak

Posted: Mon Jun 30, 2014 3:20 pm
by PWV
Ek is nie 'n jakkalsjagter nie, maar 'n vriend van my is 'n yster op hierdie gebied. Laat weet vir my van verlede week se oorlog in die Noord-Kaap. Hy skryf:

Altesaam 27 x Rooijakkals en 2 groot Rooikatte geskiet vir die week. In totaal was dit 13 teelpare op die jakkals en 1 teelpaar op die rooikatte, maw
teen einde Oktober behoort die spannietjie so by die 100 - 110 te gewees het? Dink net hoeveel lammers moes hulle dan vang om aan die lewe te bly?
Indien hulle elke 2de aand vang soos die kenners sê is dit 15 lammers per maand x 100 jakkalse, ens = 1500 lammers per maand @ R45 / kg x 20kg
= R900 x 1500 (Potensiël en onthou baie is stoet boere, so die prys van daardie lammers is baie hoër!) = R1,350,000.00 SE WAARDE?

Skrikwekkend as 'n mens daaraan dink in geld waarde. Sommer net vir interresantheid.


En die jakkalse wpord net nie minder nie!

Groetnis

Re: Skaap-/lammervangers se getalle seergemaak

Posted: Mon Jun 30, 2014 3:36 pm
by DWB
Sjoe! Dis skrikwekkend!

Re: Skaap-/lammervangers se getalle seergemaak

Posted: Mon Jun 30, 2014 4:34 pm
by BLOK
Pieter Willem Vorster wrote: teen einde Oktober behoort die spannietjie so by die 100 - 110 te gewees het? Dink net hoeveel lammers moes hulle dan vang om aan die lewe te bly?

R1,350,000.00 SE WAARDE?
Groetnis
Nou vat nou daai getalliekie en maak die som met die totale getal jakkalse in die land, en terwyl ons nou so op somme is tel sommer die wol produksie wat verlore is en die dragtige ooi se lam prys ook by.

Astronomies se ek julle.

Wat my verstand te bowe gaan is dat mense nog dink dit is verkeerd om probleemdiere te beheer of om te betaal om probleemdiere te laat skiet.

Re: Skaap-/lammervangers se getalle seergemaak

Posted: Tue Jul 01, 2014 12:51 pm
by Jakkie 321
Blikskottel waar in die N-Kaap is dit?

Groette

Re: Skaap-/lammervangers se getalle seergemaak

Posted: Tue Jul 01, 2014 9:52 pm
by theedge
Dit wil gedoen word - baie mooi