Page 1 of 1

Appeleer

Posted: Thu Feb 24, 2011 9:42 am
by Beyers
Nee nie om die goete op die bome kennis te gee nie of die toestel om in die boom te kom om appel te pluk nie.
Ek wil my gunne he

Wat is die koste van 'n Appel?

Beyers

Re: Appeleer

Posted: Fri Jun 22, 2012 11:38 am
by NicoSmit
niks maar jy gaan lank wag

Re: Appeleer

Posted: Fri Jun 22, 2012 11:46 am
by BLOK
Beyers

Iemand het vanmore die artikel geplaas wat in die Beeld was, nou ek het so twee weke terug my appel ingestuur nadat ek vir die redes vir afkeur vir ses maande gewag het. Ek wonder nou het ek die regte ding gedoen deur te apelleer, moes ek nie maar net oor aansoek gedoen het nie.

As ek nou by jou vraag kan aanlas as jy nie omgee. Met die dat ek nou my appel ingestuur het en hy nog nie op die sisteem geloc is nie (gister met hulle gepraat, reken ek kan lank wag voor hy selfs geloc is) kan ek maar nie sommer weer n aansoek ook instuur nie. Wat is se die wet moet ek wag of kan ek weer probeer.

Blok



Lisensies: 4 bekyk duisende
2012-06-20 22:00
Artikelopsies Deel Kry Beeld op


Gerhard Pretorius

Die feit dat net vier beamptes sowat 38 000 app?laansoeke moet oorweeg van mense wie se vuurwapenlisensies afgekeur is, lei tot ?n agterstand wat groot frustrasie onder aansoekers veroorsaak.

Die agterstand in die hantering van di? app?lle is glo so erg dat die polisie mense aanraai om eerder w??r aansoek te doen om ?n vuurwapenlisensie, eerder as om te appelleer teen onsuksesvolle aansoeke.

Jaco Kruger van Centurion, ?n prokureur wat in vuurwapen?lisensieaansoeke spesialiseer, s? diegene in beheer van die sentrale vuurwapenregister het in hul pogings in 2010 om die agterstand in lisensieaansoeke in te haal, bloot die probleem op die app?lraad afgeskuif.

D?t is gedoen deur talle aansoeke eenvoudig van die hand te wys sonder redes. ?n Aansoeker moes dan hof toe gaan om die redes uit hulle te probeer kry.

Kruger en George Nell, ook ?n prokureur, meen die polisie gee die probleem nou oor aan die aansoeker deur di? van hulle wat onsuksesvol was en selfs di? wie se aansoeke op app?l afgewys is, aan te raai om eerder van voor af aansoek te doen.

Dit is iets waarvoor elkeen weer R140 sal moet betaal.

Nell het ges? die jongste beskikbare syfer van app?laansoeke voor die raad is sowat 38 000.

Die vier lede op die raad moet al die app?lle landwyd hanteer.

Volgens Kruger is daar ook verskeie probleme in die aansoekproses wat moontlik chaos kan veroorsaak. Die ergste van di? probleme is ?n gebrek aan redes vir die besluit.

Kruger s? hy moes die polisie al by verskeie geleenthede hof toe sleep net om di? redes uit hulle te kry.

Die tweede probleem is ook dat die app?lraadbeamptes weens di? druk nie die aansoeke behoorlik deurlees nie en gevolglik foute maak.

Hy het voorbeelde aan Beeld gewys. Een daarvan bevat app?laansoeke vir twee vuurwapen?lisensies op dieselfde vorm.

Die raad het egter net een app?l goedgekeur.

By navraag het hulle ontken dat hulle ooit die ander aansoek ontvang het.

Nog ?n groot probleem is dat dat app?lle wat goedgekeur word nie altyd op die polisie se vuurwapenregisterstelsel aangeteken word nie.

Wanneer ?n persoon dan sy lisensie wil gaan haal, s? die polisie hul stelsel dui aan dat die lisensie ?gekanselleer? is.

?Die polisie het nooit werklik die probleem getakel nie. Hulle het dit net rondgeskuif en nou word hul swak administrasie weer die gemeenskap se probleem,? het Kruger ges?.

Zweli Mnisi, woordvoerder van die minister van polisie, het ges? die probleme is onder hul aandag gebring.

Mnisi het ges? hulle het die polisie se burgerlike sekretariaat opdrag gegee om die probleme te ondersoek.

Kapt. Dennis Adriao, nasionale polisiewoordvoerder, het ges? daar was ?n agterstand van meer as ?n miljoen aansoeke.

?Ons grootste uitdaging is dat mense nie hul aansoeke behoorlik motiveer nie.?

Hy het ges? die redes waarom aansoeke afgekeur word, is wel aan aansoekers gepos.

Di? wat dit nie ontvang het nie en dan navraag doen, het di? redes dan per e-pos ontvang.

Re: Appeleer

Posted: Fri Jun 22, 2012 12:06 pm
by Lourens
Blok met appelle wat so chaos is sou ek se jy moet van voor af aansoek doen, die nuwe aansoeke gaan nou bitter vinnig. Kontak jou DFO en gaan kanseleer die appel en neem jou papiere terug. As dit nog nie op die stelsel gecapture is nie behoort dit moontlik te wees.

Groete,
Lou

Re: Appeleer

Posted: Fri Jun 22, 2012 12:10 pm
by Beretta
Wat my net pla is jy moet nou op die vorm invul hoekom is n vorige aansoek geweier as jy nie weet nie kan jy nie die regte antwoord gee nie so dan kan hulle mos se jy lieg.
Beretta

Re: Appeleer

Posted: Fri Jun 22, 2012 3:15 pm
by G-force
Ek ken n ou wat BAIE te doen het met die CFR en hy is amper elke dag by hulle kantoore.n Ruk terug het n Kaptein wat op die goedkeurings kommitee sit self vir my gese om net n nuwe aansoek intedien en nie te appeleer nie.Die ander ou van wie ek gepraat het het dit ook bevestig.
Doen net n nuwe aansoek.

Re: Appeleer

Posted: Mon Jun 25, 2012 7:16 pm
by JAGTERSREG-JRM
Dagse,

Apel aansoeke neem nou so plus minus 2 maande.Ek vermoed hulle huis is in orde.As jy bietjie hulp benodig skree maar.

Groete
Kobus

Re: Appeleer

Posted: Mon Jun 25, 2012 9:34 pm
by tripodmvr
Hoop ek is nie 'n uitsondering nie. Het e-pos aan kaptein by CFR (nie by appelraad betrokke nie) gestuur op 11/6/2012 oor my appel van September 2011. Kry SMS op 19 Junie met nuus dat my aansoek toegestaan is.

Re: Appeleer

Posted: Wed Jun 27, 2012 9:14 pm
by NicoSmit
"Apel aansoeke neem nou so plus minus 2 maande" sorry maar ek verskil dit vat so 3jaar plus met die verskoning Its pending :P

Re: Appeleer

Posted: Thu Jun 28, 2012 6:55 am
by Cz_apie
NicoSmit wrote: "Apel aansoeke neem nou so plus minus 2 maande" sorry maar ek verskil dit vat so 3jaar plus met die verskoning Its pending :P
Moet ongelukkig met jou saamstem - apel ingehandig Augustus 2011 - wys nou 11 maande later nog nie eers op die sisteem nie

Re: Appeleer

Posted: Thu Jun 28, 2012 7:22 am
by blaser
volgens wet moet n appel afgehandel wees binne 90 dae daar na bring jy n hof aansoek en is jy ook redelik verseker dat die staat die rekening gaan betaal

Re: Appeleer

Posted: Thu Jun 28, 2012 8:14 am
by Cz_apie
remington wrote: volgens wet moet n appel afgehandel wees binne 90 dae daar na bring jy n hof aansoek en is jy ook redelik verseker dat die staat die rekening gaan betaal
Miskien verstaan ek die proses verkeerd maar volgens my  is nou net daar waar die probleem l? - vir  n hof aansoek het jy n erkenning van ontvangs datum vannaf apelraad nodig om die 90 dae te kan motiveer in die hof aansoek - klagstaat - solank die apel nog nie op die sisteem reflekteer nie het jy niks om jou aansoek op te baseer nie

Re: Appeleer

Posted: Thu Jun 28, 2012 8:31 am
by BLOK
Remington het n punt hier beet, ek het my appel geregistreerd gestuur so poskantoor moet kan bewys dat die pos afgehaal is wat mos dan kan dien as datum van ontvangs.

Of droom ek as ek so dink

Re: Appeleer

Posted: Thu Jun 28, 2012 8:59 am
by Beretta
Remington
Welkom terug jy was skaars gewees Blok ja hy is reg jy kan hulle ook looi op administrive (spel) justice. Hulle het n plig om jou binne die gegewe tyd n antwoord te gee. Waar is die jagter organisasies se invloed of bystand oor hierdie probleem?
Beretta

Re: Appeleer

Posted: Thu Jun 28, 2012 9:29 am
by Cz_apie
BLOK wrote: moet kan

Of droom ek as ek so dink
;D ;D  " moet kan " en  "kan" is nie familie van mekaar nie - ek het ook verwag dat SAPS CFR personeel  " moet kan "  Lees, my dokumente by mekaar kan hou wat aan mekaar vasgeheg was en n rasionele besluit oor my vuurwapen aansoek kan neem. - Was toe nie nie geval nie - juis die stawende dokumente wat aangeheg was is die wat se afwesigheid hulle aanvoer die rede vir die weiering is  ??? ??? Om nou vir n ander Staatsinstansie te probeer wat " moet kan " om my saak op te baseer  :o :o - Mors van tyd volgens my


Ek gaan eerder maar weer van vooraf begin en die afgelope drie en n half jaar se poging afskryf teen "HULLE KAN NIE"  >:( >:( >:(        en van vooraf probeer. Gelukkig besit ek alreeds n paar ander kalibers om my mee besig te hou  ;D ;D ;D  Wonder maar net soms of dit die moeite en geld werd was om myself as Toegewyde Jagter, Bekwame Jagter,Sportskut en Baanoffisier by n Jagtersvereniging te kwalifiseer en dan n lisensie geweier te kry

Re: Appeleer

Posted: Thu Jun 28, 2012 9:35 am
by Cobus(Cobb)
012 353  6220

Bel die nr, dis 'n Afrikaanse girl, (haar naam vergeet), syt myne in 3 dae uitgesorteer.

Cheers

Re: Appeleer

Posted: Thu Jun 28, 2012 9:52 am
by blaser
cz
my magtig nou help jou vereniging jou nie

Re: Appeleer

Posted: Thu Jun 28, 2012 1:34 pm
by Cz_apie
remington wrote: cz
my magtig nou help jou vereniging jou nie

;D ;D Met die vereniging is daar nie fout nie - ek is dankbaar vir die hulp wat hulle verleen het - met hulle opleiding sertifikate en briewe van aktiewe tak skiet deelnames en aanbeveling vir die tipe wapens wat ek voor aansoek gedoen het het ek al my ander lisensies gekry - dit is maar net die een aansoek uit vier wat deur n moedswillige skepsel by die owerheid beskadig is, want van ons kant af is die aansoeke op dieselfde manier gehanteer - selfde tipe dokumente aangeheg -  om die waarheid te se, die selfde week wat die een jaggeweer goedgekeur was is die ander een afgekeur - geen logika - iemand het van die oorspronklike dokumente laat "Wegraak" is al gevolgtrekking waartoe ek kan kom.  ;D ;D