Page 1 of 1

Hulp met herlaai inligting vir 7x64

Posted: Fri Jun 27, 2014 7:03 pm
by bsaaiman
Goeie naand,

Hoop die slim mense met QL kan help. Ek will oorskakel na Barnes TTSX maar het hulp nodig om te kyk of die ladings veilig sal wees.

Kaliber: 7x64 (CZ 550)
Koeel: Barnes TTSX
Koeel gewig: 150 gr
Maak dop: SAKO
Dop Lengte: 64 mm
H2O DOP: 65,5 gr
Slagdop: Fiocchi LR
TPL: 84mm
Loop lengte: 650mm (slot toe)
Kruit: S 365 lot 76
Lading: 54 gr

Re: Hulp met herlaai inligting vir 7x64

Posted: Fri Jun 27, 2014 7:10 pm
by Pvdw
As ek die info invoer sit jy met 105.5% dopvul en 65400psi wat vêr oor maks is.

Is jy seker van die water inhoud, dis so 3-4gr minder as speck.

Re: Hulp met herlaai inligting vir 7x64

Posted: Fri Jun 27, 2014 7:12 pm
by bsaaiman
Hi Pvdw

Lee dop is 189.4 en met water 254,9

Sal gou weer gaan seker maak

Re: Hulp met herlaai inligting vir 7x64

Posted: Fri Jun 27, 2014 7:15 pm
by Pvdw
Kan ek vra waar het jy aan die lading van 54gr gekom??

Re: Hulp met herlaai inligting vir 7x64

Posted: Fri Jun 27, 2014 7:16 pm
by tripodmvr
Lot 76 dink ek is bietjie stadiger as die data wat ek nou in QL gebruik het. Daarvolgens is 54gr te veel en in die rooi. Op maks druk is 52,5gr die lading. Ek begin gewoonik met 10% onder dit = 47,5gr. Laai 3 patrone en skiet oor chrony. Dit sal ons in staat stel om beter berekeninge vir akkurate nodes te kan oen.

Re: Hulp met herlaai inligting vir 7x64

Posted: Fri Jun 27, 2014 7:22 pm
by bsaaiman
@pvdw - dit is lading wat iemand anders gebruik en ek wil nie sommer net daar begin nie en rede vir my vraag.

@tripodmvr - ek het nie chrony op die oomblik nie maar sal beslis sodra ek een kry vir gebruik.

Ek het ook nou epos van Manie Johannes van Somchem gekry wat max load voorstel op 50.0gr

So ek sal vir nou op 47.5gr begin in 0.5gr inkrimente?

Dankie,

Bartho

Re: Hulp met herlaai inligting vir 7x64

Posted: Fri Jun 27, 2014 7:27 pm
by tripodmvr
Op jou laaste vraag, ja begin met 47,5gr en 0,5gr behoort mooi te werk. Ons kan jou baie tyd en koste spaar as jy oor 'n chrony kan skiet.

Re: Hulp met herlaai inligting vir 7x64

Posted: Fri Jun 27, 2014 7:29 pm
by Pvdw
Bartho sommige SAKO doppe is baie dik en vandaar die klein interne volume. Marius se voorstel glo ek is veilig.

Het jy jou maks TPL gemeet met een van daai BX koeëls op 84mm of is dit ook van die ander man se resep??

Re: Hulp met herlaai inligting vir 7x64

Posted: Fri Jun 27, 2014 7:51 pm
by bsaaiman
Pvdw,

Nee dit is wat my magasyn kan vat op die oomblik as ek will laai van daar. Ek het ook S&B doppe wat gelaai is met 150gr Peregrine VRG-5 wat op 83mm sit.

B.

Re: Hulp met herlaai inligting vir 7x64

Posted: Fri Jun 27, 2014 8:02 pm
by Pvdw
Afhangende van die ogief se form meet koeëls tot 6mm anders in my 6.5. Ek meet letterlik elke koeël wat ek wil laai en neem nooit aan dat dit sal werk as ek so mm of wat korter laai as iets anders nie.

Vir gemoedsrus meet maar daai BX.

Re: Hulp met herlaai inligting vir 7x64

Posted: Fri Jun 27, 2014 10:07 pm
by Beer (Christo)
Net een vraag - is jy 100% seker oor die 650mm loop.

Is dit nie 600mm nie?

Re: Hulp met herlaai inligting vir 7x64

Posted: Fri Jul 18, 2014 5:47 pm
by bsaaiman
@ Beer - dit is die lengte van die loop met die slot gesluit gemeet so tot by die lande is seker nader aan minder as 600 ja.

@ Pvdw & tripodmvr - die doppe wat in die eerste post genoem was, was nuut en nog nie fire formed nie. Ek het hulle nou een keer geskiet en die H2O is nou 68,6gr. Hoe verander dit nou die max load?

Ek het gister my MagnetoSpeed gekry en sodra die weer toelaat sal ek na die baan gaan om die spoed te meet. Sien baie uit daana!

Bartho

Re: Hulp met herlaai inligting vir 7x64

Posted: Fri Jul 18, 2014 7:14 pm
by tripodmvr
Al die geweer afmetings moet akkuraat wees anders gaan die QL berekeninge niks beteken nie. Meet die werklike looplengte tot naaste mm.

Re: Hulp met herlaai inligting vir 7x64

Posted: Tue Jul 22, 2014 8:41 am
by bsaaiman
Reg, kom ek probeer weer.

Kaliber: 7x64 (CZ 550)
Koeel: Barnes TTSX
Koeel gewig: 150 gr
Maak dop: SAKO
Dop Lengte: 63.95 mm
H2O DOP: 68,5 gr
Slagdop: Fiocchi LR
TPL: 83.75 mm (max wat my magasyn kan neem is 84 mm)
Loop lengte: 514.69 mm
Kruit: S 365 lot 76
Lading: 50gr (2553, 2563, 2537, 2527, 2531 fps)
Lading: 52gr (2599, 2621, 2588, 2604, 2597 fps)

Laat weet asb of hierdie genoeg inligting is om by die regte node te kom. Van die twee ladings het 50gr die beste groepeer, maar kan ook wees dat ek nie lank genoeg gewag het tussen skote nie.

Die spoed is met MagnetoSpeed v3 gemeet.

Groete

Bartho

Re: Hulp met herlaai inligting vir 7x64

Posted: Tue Jul 22, 2014 11:10 am
by tripodmvr
Jou looplengte lyk vir my baie kort as jy sê dit is 'n CZ550 (600mm). Ek het jou data op 52gr gebruik en die hoogste node is dan by 55,2 met spoed van 2771vps. Ek sien ook dat jou ES baie hoog is en dit kan wees weens lospassende koeël in die nek. Ek weet crimp word nie aanbeveel in die ligte kalibers nie, maar as jy 'n Lee collet crimp die het knyp maar die Barnes 'n bietjie vas. Dit behoort die ES te help.

Re: Hulp met herlaai inligting vir 7x64

Posted: Tue Jul 22, 2014 2:10 pm
by tripodmvr
Daar is snaakse dinge hier. Jou spoed is 200vps laer as wat QL voorspel. Pas ek die brandtempo aan vir die 50gr lading dan is die rendement van die 52gr lading nog laer.

Spoed/ lading = VC
50gr = 2542/50 = 50.84
52gr = 2602/52 = 50.04

Die faktor behoort deiselfde te bly of selfs verhoog met meer dryfmiddel.

Re: Hulp met herlaai inligting vir 7x64

Posted: Wed Dec 17, 2014 8:23 am
by bsaaiman
Goeie More

Ek is nog steeds besig om te werk aan my ladings en het nou oorgeslaan na S355 om te sien of ek miskien meer konstantheid kry. Die keer gaan ek probeer om by die begin te begin en eers te meet en hulp te vra.

So ek het die naweek gou paar rondtes oor die Magneto gestuur en hier onder is die resultate. Vraag is of ek op die regte pad is en nog veilig (glo so want ek het nie die Somchem voorstelle oorskry nie :) ) is en waar die nodes sal le^ sodat ek rondom dit kan werk.

Kaliber: 7x64 (CZ 550)
Koeel: Peregrine VRG-5
Koeel gewig: 150 gr
Maak dop: SAKO
Dop Lengte: 63.95 mm
H2O DOP: 68,5 gr
Slagdop: S&B Large Rifle
TPL: 81.90 mm
Loop lengte: 600 mm
Kruit: S 355

Lading 1: 47.4 gr - 2609 fps
Lading 2: 47.6 gr - 2611 fps
Lading 3: 47.8 gr - 2639 fps
Lading 4: 48.0 gr - 2651 fps
Lading 5: 48.2 gr - 2719 fps
Lading 6: 48.4 gr - 2722 fps
Lading 7: 48.6 gr - 2722 fps
Lading 8: 48.8 gr - 2767 fps

Sien met groot opgewondenheid en waardering uit na terug voer as dit moontlik is

Groete

Bartho

Re: Hulp met herlaai inligting vir 7x64

Posted: Wed Dec 17, 2014 9:19 am
by tripodmvr
Volgens Somcem se data is die spoed/lading (S/L) verhouding baie naby aan 55. Dit beteken dat vir elke grein toevoeging 'n spoedtoename van 55vps behoort plaas te vind. Gaan ons af na jou inkrement toename van 0,2gr dan is 'n toename van 11vps te wagte. Die werklike syfers is egter 2, 28, 12, 68, 3, 0 en 45. Van 47.4 na 48.4 is daar 'n toename van 113vps. Druk is nog onder maks in alle gevalle.

Om enige afleiding uit sulke wisselvallige lesings te kry is bykans onmoontlik. Iets dui op swak nekspanning of nie konstante gewig van die dryfmiddel. Watter skaal gebruik jy en is die koeëls nie moontlik los in die nekke na jy hulle ingedruk het nie?

'n Ander voorstel is om 'n gesoute herlaaier te nader sodat hy jou kan help. PWV, Gawie7mm of ander herlaaiers in die Kaap kan jou moontlik bystaan

Re: Hulp met herlaai inligting vir 7x64

Posted: Wed Dec 17, 2014 10:43 am
by bsaaiman
Hi Tripodmvr

Dankie vir die terugvoer.

Ek gebruik Lyman Gen 6 skaal. Die doppe is nog net 2 keer gevuur en ek gebruik die Redding Neck Size en Seating Die set en het spesifiek gekyk of die punte nie dalk los sit in die nek nie.

Ek het met iemand op die forum kontak gemaak om te bevestig of ek iets verkeerd doen of nie so sal laat weet wanneer ek weer gelaai het en by die baan kon uitkom. Ek sal die presiese ladings soos bo gebruik vir vergylikings doeleindes.

Groete,

Bartho

Re: Hulp met herlaai inligting vir 7x64

Posted: Wed Dec 17, 2014 1:58 pm
by Beer (Christo)
Kan die ES nie ook wees a.g.v. die primer nie.

Voordat ons oor geslaan het na magnum primers op my pa se 9.3 het ek ook groot ES gekry met Fiocchi LR primer. Drie x 3 skoot groepe het ES gegee van 6, 26 en 67 onderskeidelik. Dit is dalk 'n verkeerde afleiding om te maak van net 9 skote, maar die ES was baie meer standaard toe ons slegs die primer verander het.

Ek sien wel dat jy intussen verander het na S&B primers. Dit maak my punt bo so effens ongeldig. Probeer dalk CCI200 in die hande kry

Re: Hulp met herlaai inligting vir 7x64

Posted: Sat Jan 10, 2015 2:33 pm
by bsaaiman
Goeie dag Jaracal se slim manne

Het voor die groot dae met vriend Jaco tyd spandeer om te kyk of ek iets verkeerd doen met my herlaai proses. Het so paar aanpassings gemaak en die week doppe voorberei, gelaai en vandag draai by die baan gemaak.

Kaliber: 7x64 (CZ 550)
Koeel: Peregrine VRG-5
Koeel gewig: 150 gr
Maak dop: SAKO
Dop Lengte: 63.95 mm
H2O DOP: 68,5 gr
Slagdop: S&B Large Rifle
TPL: 83.80 mm
Loop lengte: 600 mm
Kruit: S 355

Lading 1: 47.8 gr - 2636, 2609, 2587 fps
Lading 2: 48.2 gr - 2663, 2647, 2620 fps
Lading 3: 48.8 gr - 2678, 2651, 2648 fps

Bartho

Re: Hulp met herlaai inligting vir 7x64

Posted: Sat Jan 10, 2015 3:32 pm
by Baasvark
Hi Bartho,

Dit bekommer my dat jou spoed so wisselvallug is...?

Het jy die spoed deurgegee in die volgorde wat die skote geskiet is?

Die ander ding is jou TPL wat so kort is? Ek laai 175gr Hornady matchking met 'n TPL van 87.4mm.
My gamekings het 'n TPL van 86.5mm......

Is jou magasyn werklik soveel korter as myne?
Ek het ook 'n cz 550 maar het 'n ander kolf en loop op.

Re: Hulp met herlaai inligting vir 7x64

Posted: Sat Jan 10, 2015 3:48 pm
by bsaaiman
Hi Baasvark

My max TPL as ek uit my magasyn skiet is 84mm. Dis laai ek hom net neffens dit.

Spoed is in volgorde ja.

B.