Page 1 of 1

Doppe word langer

Posted: Wed Feb 23, 2011 1:55 pm
by BLOK
Ek is nou nog kort met die herlaai ding doenig, elke keer as ek herlaai sny ek my doppe op lengte, maar nou kom ek agter dat hulle konstant +- 1mm langer word na geskiet. Nou wonder ek is dit nie baie nie. Wat is n anvaarbare hoeveelheid wat en waneer is dit te veel, en kan dit probleme vorenoe gee.

Blok.

Re: Doppe word langer

Posted: Wed Feb 23, 2011 2:15 pm
by Francois Marais
Blok

Kom ek gee jou my 2c.....

Doppe word langer, altans moet langer word, want as jy die patroon skiet, rek die dop tot teen die kamer se wand, as jy hom nu weer vol lengte resize krimp hy weer kleiner, jy laat hom krimp deur hom in kleiner as jou kamer matrys (die) te druk, hierdie rek en krimp het koper vloei tot gevolg en maak dat die dop rek.

1mm met elke skietslag klink vir my BAIE en dit gaan virseker probleme tot gevolg he, die koper wat jy elke slag by die nek afsny moet tog van erens kom, dit kom gewoonlik van si n paar mm bo die web van die doppie, daar waar hy op sy dunste is, en met die hele proses nog dunner raak en dan later kry jy case/head separation wat dan so lyk.

Image

Dit klink vir my of jy dalk n of te groot kamer het, of dalk n groot head space het op daardie roer, die eerste probleem kan jy maklik regstel deur net jou doppe te necksize, en dan elke 5'de keer te full size, as dit egter headspace is, moet jy dat n geweersmid daarna kyk, vat MASKING TAPE, daardie papier soort, plak so 3/4 strokies bo-op mekaar op n patroon se gat, sny mooi rond af, as daardie patroon maklik kamer in jou geweer, sal ak aanraai dat iemand met go/no go gauge na die geweer kyk. As die headspace reg is moet hy toemaak met 2 stoke, maar moeilik of gladnie met 4 stroke op/oor sy  gat.

Hoop dit maak sin............

Mooi loop
Francois

Re: Doppe word langer

Posted: Wed Feb 23, 2011 2:35 pm
by BLOK
Francois

Baie dankie vir jou verduideliking. Ek verstaan dat doppe moet langer word maar daai 1mm elke keer voel vir my ook te veel, ek gaan defnitief vanaand daai raad van jou volg met die maskin tape en sal more die terugvoering gee.

Dankie

Blok.

Re: Doppe word langer

Posted: Wed Feb 23, 2011 4:38 pm
by Boesman
Middag Blok

Ek stem saam met Francois, 1mm per skoot klink erg, en dit moet erens vandaan kom.

Doen maar behoorlike dopinspeksie elke keer voordat jy size en herlaai. Gewoonlik kan 'n mens die krakie op die dop sien vorm een skoot voordat jy separation kry. Doppe in 'n batch reageer ook baie dieselfde, dus as een tekens van krake wys of separation gee, moet jy die ander met versigtigheid beheen. As jy krake op 2 uit 10 doppe sien, gooi die batch weg, die ander wag net hulle kans af om te kraak of te separate.

Groete

Re: Doppe word langer

Posted: Wed Feb 23, 2011 4:52 pm
by Francois Marais
Blok

Ek het nog bietjie gedink, as jy verkeerde verstelling op jou FL (Full Lenght) die het (te diep ingestel) kan jy dalk ook n tipe head space probleem kry, maaar dit sal nie sommer wees nie, probeer jou die bietjie uitstel sodat jy net ongeveer 8/10 van jou neck size, dan necksize jy basies met n FL die, dit kan ook jou probleem verlig/regstel, maar laat n smid kyk as daai patroon toemaak met al daai tape op sy alie.

Mooi loop
Francois

Re: Doppe word langer

Posted: Wed Feb 23, 2011 5:05 pm
by BLOK
Francois & Boesman weereens dankie vir julle terugvoer. Ek dink nogal daai wat jy van praat dat die nek dalk te diep gesize word kan moontlik n rede wees Francois. Ek het opgelet dat dit meer is as toe ek die doppe oorspronklik gekoop het was nie n groot verskil nie maar ek het dit defnitief gesien so ek sal daarna ook kyk. Iets wat almal van praat wat ek nog nie seker is waarna om alles te kyk nie is druktekens. Ek weet om op te let na krake maar wat is nog tekens, as julle my kan help.

Weereens dankie.

Blok.

Re: Doppe word langer

Posted: Wed Feb 23, 2011 5:26 pm
by Jagtersdok
Plat geslaande primers
Slot wat moelik oopmaak
En selfs wanneer jy resize kan jy voel dat die dop moeiliker size, maar vir dit moet jy al rukkie besig wees

Re: Doppe word langer

Posted: Wed Feb 23, 2011 6:13 pm
by Francois Marais
Blok

Hier is n mooi voorbeeld van n primer wat al bietjie druk wys (L) en een wat mooi is......

Image

en so moet hulle verkieslik NIE LYK NIE.....

Image

Mooi loop
Francois

Re: Doppe word langer

Posted: Wed Feb 23, 2011 9:21 pm
by fanie17
Blok
Kom ons begin by die begin.Water kaliber is dit en watse doppe gebruik jy ,dan wat is jou ladings en watse spoed gee dit,Die geweer wat jy gebruik se maak. Miskien is daar n maklike oplossing.Jy se dit is na elke lading---Daar is fout

Re: Doppe word langer

Posted: Wed Feb 23, 2011 9:24 pm
by Boesman
Blok

Onthou dat dit nie noodwendig hoe druk is wat separations veroorsaak nie, as die dop moeg is, gaan dit skeur met of sonder hoe druk. Ek het al separations op die .303 met medium ladings gekry.

Re: Doppe word langer

Posted: Thu Feb 24, 2011 7:58 am
by BLOK
Manne

Baie dankie vir julle terugvoering. Francois ek het gisteraand daai maskin tape toets gedoen en glo die head space is niks meer verkeerd, met een maskin tape maak hy toe, twee baie swaar en drie glad nie. Ek glo ook nie dit kan agv. druk wees nie aangesien die primers niks toon en ek nog net lig gelaai het met die stel doppe. Ek dink wel die probleem kan wees soos Francois genoem het dat die headspace foutief kan wees met die size van die doppe. Ek het die die uitgestel soos aanbeveel en sal die naweek gaan skiet en kyk of dit beter is.

Fanie
Dit is n Vector 300H&H, die doppe is PMP van gelaaide pakkies wat ek het, en is al 4 keer herlaai, Ek laai 150gr sierra game kings met 71gr 385 kruit wat nog redelik laag is. Ek weet dat 150 effe laag is vir die geweer en dat 180 beter resultate behoort te lewer maar ek het so 300 van die koele wat ek eers wil klaar maak net om in oefening te bly voor die winter.

Blok.

Re: Doppe word langer

Posted: Thu Feb 24, 2011 8:18 am
by Francois Marais
Blok

OK maat, laat weet hoe lyk hulle as jy die naweek geskiet het, hoop dit sort jou probleem....

Mooi loop
Francois

Re: Doppe word langer

Posted: Thu Feb 24, 2011 10:46 am
by Jeagermeister
Manne,

Ek weet nie juis veel nie, maar al wat ek weet is dat die 300 H&H mos 'n belted Magnum doppie is.. en die belted doppies headspace op die belt, nie op die skouer van die doppie soos met "non-belted" kalibers nie..

So, jou probleem mag dalk terugkom na die Sizing toe, waarby jy die nek en daai sexy laaaang skouer van die 300H&H doppie te ver terug druk, en dan daardeur so "head-space" probleme optel met die wat die skouer te ver van die kamer af is..

Hoop julle verstaan so goed soos ek die prentjie in my kop sien..

JM

Re: Doppe word langer

Posted: Thu Feb 24, 2011 11:33 am
by Wouter Roets
Blok
Wat die manne hier vir jou gese het is goeie raad. Jy kan met die 300H&H hom laat headspase op die skouer maar op die manier is dit nie verskriklik posetief nie agv die vlak skouer. Dit is wel moontlik vir die herlaaier om dit reg te kry. Dit gaan maar so bietjie trial en error van jou kant af kos met die stel van jou die-set. As jy hom gesize het vat jou doppie en kyk dat wanneer jy hom in jou geweer kamer sit dat die slot so bietjie styf toe maak. Nie te veel nie, net sodat jy hom voel. Met elke vierde laai van die dop moet jy die skouer en body net so bietjie bump en dit behels dat jy die die-set net so half draai dieper indraai as wat hy gestel is vir die eersgenoemde metode. Onthou die probleem wat jy huidig ondervind is redelik algemeen onder die 300H&H vanwee sy vorm en bogenoemde metode sal defnetief ver gaan om dit te verbeter.
Groete
Wout

Re: Doppe word langer

Posted: Thu Feb 24, 2011 1:44 pm
by BLOK
Manne

Weereens dankie vir julle hulp. Wouter ek het ook die idee dat dit is wat verkeerd gaan sal maar speel daarmee en kyk of ek n verbetering sien na die naweek.

Blok.

Re: Doppe word langer

Posted: Sun Feb 27, 2011 5:05 pm
by James Wilson
Blok, ek herlaai ook vir my 300H&H. my verskil met jou ondervinding is weer dat my doppe gladnie of so te se gladnie langer word nie. ek wens my doppe wil langer word, want die wat langer word is baie akuraat sodra ek hulle terugsny. maar net sowat 25 doppe uit 100 sny terug. ek skiet net met 180grn miskien moet ek n paar 150's ook laai, hulle groei dalk ook my doppe. ek gaan die thread lekker dophou.

Re: Doppe word langer

Posted: Mon Feb 28, 2011 8:22 am
by BLOK
Manne

Baie dankie vir al julle raad. Francois ek het toe gemaak soos jy se en die die die effe uitgestel maar nie so baie soos aanbeveel nie. Die resultaat na die naweek se skiet was dat die doppe amper glad nie langer geword het nie. My vraag nou en dis na aanleiding van jou vraag Jagbehep. Mens weeg en sorteer nou jou doppe en herlaai dan gewig's klasse bymekaar, maar nou word die doppe langer en ons sny weer korter. Kom ons se dit is nou al so 6-8 keer terug gesny. Hoe beinvloed dit die gewig van die doppe in die batch en watse verskil kan dit op akuraatheid he. Ek meen al die doppe word nie elke keer 100% presies langer nie so almal word nie selfde hoeveelheid aan afgesny nie. Sal Jagbehep se doppe wat nie langer word nie dan nie n beter groepering gee na hulle kom ons gestel hulle is al 10 keer herlaai nie. Ook sal sy doppe se leeftyd nie langer wees as myne wat al dunner word nie.

Ek luister

Blok

Re: Doppe word langer

Posted: Mon Feb 28, 2011 10:54 am
by Francois Marais
Blok
Ek meen al die doppe word nie elke keer 100% presies langer nie so almal word nie selfde hoeveelheid aan afgesny nie. Sal Jagbehep se doppe wat nie langer word nie dan nie n beter groepering gee na hulle kom ons gestel hulle is al 10 keer herlaai nie. Ook sal sy doppe se leeftyd nie langer wees as myne wat al dunner word nie.
Ja, ja en ja.......

Jou beter opsie sal wees om nu met n vars batch doppe te beginne, as jy jou doppe nu deurweeg sal jy sien hulle specs is nie meer soos toe jy met hulle beginne het nie, en van hulle kan dunner wees net bo die web as ander, aan die ander kant as hulle nog binne jou specs skiet, gebruik hulle vir oefen/speel, daar waar jy nie bang is as so hier en daar een wegraak nie.

Mooi loop
Francois