Page 1 of 1

jakkals skiet met koplamp

Posted: Tue Jun 24, 2014 8:54 pm
by arno65
Ek is besig om toerusting bymekaar te maak vir jakkals skiet en lees vir die afgelope paar maande van ,verskillende ligte en dimmers .Ek het na lightforce se ligte gekyk en ek kan nie verstaan hoe kan iets so simpel so duur wees nie.Om by my punt te kom het my neef n ruk terug 6 jakkalse geskiet met n quad bike en n klein led lenser koplamp.Jakkalse is lig sku,maar kan die swak koplamp bygedra het tot sy sukses?

ek is besig om 2 spotlights op my skietstoel te monteer ,maar my neef se storie laat my nou kop krap.

Re: jakkals skiet met koplamp

Posted: Wed Jun 25, 2014 6:55 am
by OMarais
Arno65 het die kopliggie nie weerkaats in die teleskoop nie? Interesant.

Re: jakkals skiet met koplamp

Posted: Wed Jun 25, 2014 7:49 am
by musgrave270
Arno

Ek't al ondervind dat jakkalse wat nie 'n lig ken nie, nie afgesit word deur 'n lig nie, die probleem kom gewoonlik in as jy daai een wat vir jou en die lig kyk mis skiet, dan gaan jy hom nie naby genoeg kry met 'n koplampie nie.

Die lightforce ligte is duur. Ek wou ook nie luister nie en het op die ou eind skoolgeld betaal en vir my 'n lightforce gekoop. Sit vir jou 'n dimmer op en kry klaar. Weereens, jy gaan 'n onervare jakkals heel moontlik met 'n flits lanks jou bakkie kan skiet, maar wat maak jy as hy op 200m vas steek en jy kan nie die dier identifiseer nie, en jy kan ook nie jou lig dim nie.

Maar net 'n les wat ek geleer het.

Groete

Ruan

Re: jakkals skiet met koplamp

Posted: Wed Jun 25, 2014 8:35 am
by Dawie Malan
Arno

Jakkalsjag het my geleer dat dit nou een bedryf is waar "shortcuts" jou op die medium termyn duur testaan kom. Gaan op 'n kursus dan gaan jy vind dat jou neef eerstens net 'n klomp jong jakkalse geskiet het en tweedens gaan hy dit nooit weer regkry nie. Inteendeel, hy het daai jakkalse se pa en ma nou al baie slimmer gemaak sodat hulle hom meer skade gaan berokken.

Groete

Dawie Malan

Re: jakkals skiet met koplamp

Posted: Wed Jun 25, 2014 10:59 am
by Cobus(Cobb)
Ons almal wat begin het met jakkals jag, wou met goedkoper goed wegkom want jy kan dit mos maak werk... :(
Op die einde van die dag eindig almal wat ernstig oor die saak is op met 'n lightforce, dimmer, goeie stoel en goeie roeper...die 4 items is nie onderhandelbaar nie alhoewel jy net beter pryse kan beding...
Cheers

Re: jakkals skiet met koplamp

Posted: Wed Jun 25, 2014 11:15 am
by Katefbessie
Dawie Malan wrote:Arno

Jakkalsjag het my geleer dat dit nou een bedryf is waar "shortcuts" jou op die medium termyn duur testaan kom. Gaan op 'n kursus dan gaan jy vind dat jou neef eerstens net 'n klomp jong jakkalse geskiet het en tweedens gaan hy dit nooit weer regkry nie. Inteendeel, hy het daai jakkalse se pa en ma nou al baie slimmer gemaak sodat hulle hom meer skade gaan berokken.

Groete

Dawie Malan
+1

Re: jakkals skiet met koplamp

Posted: Wed Jun 25, 2014 12:05 pm
by NicoSmit
Ek is bly ek was darem nie die enigste wat dit probeer het nie Lightforce dimmer is die way om te gaan

Re: jakkals skiet met koplamp

Posted: Wed Jun 25, 2014 1:32 pm
by HennieC
Cobus(Cobb) wrote:Ons almal wat begin het met jakkals jag, wou met goedkoper goed wegkom want jy kan dit mos maak werk... :(
Op die einde van die dag eindig almal wat ernstig oor die saak is op met 'n lightforce, dimmer, goeie stoel en goeie roeper...die 4 items is nie onderhandelbaar nie alhoewel jy net beter pryse kan beding...
Cheers
Dis baie waar, self ek het 'n LF met dimmer en roeper, nou wel my eie stoel gebou maar op die ou end maak die regte "tools" die werk makliker.

Re: jakkals skiet met koplamp

Posted: Wed Jun 25, 2014 3:21 pm
by Jan-Hendrik
Dawie Malan wrote:Arno

Jakkalsjag het my geleer dat dit nou een bedryf is waar "shortcuts" jou op die medium termyn duur testaan kom. Gaan op 'n kursus dan gaan jy vind dat jou neef eerstens net 'n klomp jong jakkalse geskiet het en tweedens gaan hy dit nooit weer regkry nie. Inteendeel, hy het daai jakkalse se pa en ma nou al baie slimmer gemaak sodat hulle hom meer skade gaan berokken.

Groete

Dawie Malan
JA NEE.... SOOS DIE MENSE SE "BLINDE HOENDERS PIK OOK RAAK"


AS JULLE DIT VOLHOUBAAR EN REG WIL DOEN KOOP DIE REGE GOEDJIES EN DIT BEGIN SOMMER MET N LIGHTFORCE
SONIE RAAK HULLE MOER CLEVER BAIE VINNIG EN DAN GAAN JULLE N LES GELEER WORD

Re: jakkals skiet met koplamp

Posted: Wed Jun 25, 2014 5:46 pm
by johans
met alle respek,jakkals jag met n koplamp is speel

Re: jakkals skiet met koplamp

Posted: Wed Jun 25, 2014 6:08 pm
by arno65
As mens die koplamp reg tilt dan weerkaats hy nie in die teleskoop nie.My neef hou van skiet en jag,maar is nie eintlik n jakkals jagter nie(hulle boer met beeste)

Ek hoor wat julle se,maar hierdie informasie sal my baie gehelp het voor ek soos meeste hier, my eie planne gemaak het.As 10 ouens so se ,dan sal ek maar my spaar bussie begin vir n lightforce en dimmer.Met die uiterse ernstige atmosfeer kan ek seker bietjie humor aan die dag le met n foto van my foxpro

Re: jakkals skiet met koplamp

Posted: Wed Jun 25, 2014 6:12 pm
by NicoSmit
Ek laaik die ore ek gaan vir my roeper ook ore op sit ek dink die bull ondersteuners gaan seker horings op sit

Re: jakkals skiet met koplamp

Posted: Wed Jun 25, 2014 6:12 pm
by tripodmvr
O woer, jy het sy stert vergeet.

Re: jakkals skiet met koplamp

Posted: Wed Jun 25, 2014 6:34 pm
by Geno
Wat moet die pop nou op haar kop sit?

Image

Re: jakkals skiet met koplamp

Posted: Wed Jun 25, 2014 6:37 pm
by NicoSmit
Ek soek so foxi pro!!!!

Re: jakkals skiet met koplamp

Posted: Wed Jun 25, 2014 6:39 pm
by arno65
Geno wrote:Wat moet die pop nou op haar kop sit?

http://www.cu2nite.com.au/ldc/blog/wp-c ... OSTUME.jpg
:laugh:
Waar plaas mens n bestelling vir so een?