Page 1 of 1
Watter 30mm ringe ?
Posted: Tue Jun 24, 2014 7:56 pm
by Karooklong
Hi manne - watter 30mm ringe sal almal op die Lynx basisse pas.
Die Lynx lae ringe, 7mm hoog sal werk om die V1 Rudolph 6 - 24 x 50 op die Howa dikloop monteer.
Wil graag weet of Leupold of enige ander maak se ringe sal pas??
Groete
PJ
Re: Watter 30mm ringe ?
Posted: Tue Jun 24, 2014 8:08 pm
by Gawie(13mm)
Dagsê.
Doen jouself 'n reuse guns en kry vir jou 'n Warne piccatiny rail met Warne lae ringe. Dit gaan jou in die omgewing van R1800.00 kos, maar jy sal nooit weer ringe koop nie.
Ek het ook my gaai los gesukkel in die begin met my HOWA tot ek dié roete gevolg het.
Re: Watter 30mm ringe ?
Posted: Tue Jun 24, 2014 8:11 pm
by Louis Kriel
Ek het vir jou n stel Lynx lae ringe, feitlik nuut. Maak n prys
Re: Watter 30mm ringe ?
Posted: Tue Jun 24, 2014 9:22 pm
by Karooklong
Nogmaals dankie vir die raad manne - dankie vir die gesels Gawie en al die raad en dankie Louis vir die ringe.
Voorspoed !
Re: Watter 30mm ringe ?
Posted: Wed Jun 25, 2014 7:43 am
by Gawie(13mm)
Groot plesier.
Ons Bolanders is nie so sleg soos die mense sê nie.
Groete van huis tot huis.
Re: Watter 30mm ringe ?
Posted: Wed Jun 25, 2014 10:48 am
by Louis Kriel
Plesier man. Gawie die ringe is hier by my ek hoor jy kom optel?