Page 1 of 1

herlaai data 22-250

Posted: Tue Jun 24, 2014 12:59 pm
by Ysbeer
Dagse aan die forum.
Ek het n paar vrae rondom Remington SPS 700 varmint 22-250 (Junie 2013). Geweer is 1/14 twist. Ek het begin by 28.5gr kruit met .5 inkremente tot by 36.5gr kruit. Die beste groepering het ek met 33.5gr gekry. Op 100m skiet ek n 20 sent groepering met 55gr sierra blitz (kode 1345) en S335 kruit (33.5 gr) kruit. Op 200m kan ek nie op n A4 papier sien waar ek skiet nie. Enige raad ASSEBLIEF. Totale patroon lengte is 59.65mm.

Re: herlaai data 22-250

Posted: Tue Jun 24, 2014 1:23 pm
by tripodmvr
Watter teleskoop het jy op die geweer?

Re: herlaai data 22-250

Posted: Tue Jun 24, 2014 2:09 pm
by Ysbeer
Doen die navraag vir kollega. Scope is Lynx LX2 5-20x50iR met iPlex reticle.

Re: herlaai data 22-250

Posted: Tue Jun 24, 2014 2:39 pm
by tripodmvr
Kan nie sien hoe 'n klein groep kan oopmaak na 200m nie, tensy daar parallaks voorkom wat dit laat gebeur nie. Daarom die vraag oor die teleskoop.

Re: herlaai data 22-250

Posted: Sun Aug 24, 2014 10:03 am
by WerMos
Ek stem probleem le by jou teleskoop.