Page 1 of 1
Skelmste ongedierte teegekom
Posted: Mon Jun 23, 2014 5:49 pm
by Swartsak
Dalk was daar al so bespreking, maar na aanlyding van 'n gesprek wat Taffie gehad het met 'n ander lid (kan ongelukkig nie die ander persoon of draad onthou nie) oor 'n spesifieke slinkse jakkals verneem ek graag wat is die skelmste (roofdier) ongediertes wat deur jul al teegekom is? Let wel ek praat nie van 'n spesie as sulks nie, maar meer spesiefiek 'n dier/paar. Daarby sal dit ook vir my interesant wees om die omstandighede en faktore daar rondom te hoor. Hoeveel skade (indien beraambaar) het hul aangerig, wat het daartoe gely dat die dier so skelm/berug was en, indien wel, was die dier(e) van kant gemaak? Ek glo vanuit die diere kan ons baie en soms min leer - baie omdat ons identifiseer wat verkeerd gedoen was en min aangesien hul nie daarna noodwendig steeds met dieselfde stel reƫls soos die res van hul spesie speel nie. Seker waarom ek al van baie "out-of-the-box" wyses of bloot toevallige ontmoetings gehoor het hoe hul tot hul eindes gekom het...
Re: Skelmste ongedierte teegekom
Posted: Mon Jun 23, 2014 6:01 pm
by wlm
My roofdier is nie skelm nie maar hy vat al my geldjies. Hy is Wimmelman van Safari and outdoor!
Re: Skelmste ongedierte teegekom
Posted: Mon Jun 23, 2014 6:13 pm
by Armand9
Interessante storie van jou. Daardie reun gan bitter moeilik geskiet word met roep. Al twee keer sy vrou so afgestaan. Maar partykeer verbaas hulle jou dan skiet jy hom een aand/dag sonder moeite. Hopelik het hy gevrek van sy wond as dit hy was. Een ding is seker, ta verras jou altyd.
Ek sit met n stel hier wat nie wil inkom. Ook al alles probeer. Tel hulle met die trail camera op ma kan geen roetine vasstel nie. Weet egter nou ek is naby hul adres. Tyd sal leer.
Re: Skelmste ongedierte teegekom
Posted: Tue Jun 24, 2014 12:37 pm
by Suidwes
Interesante storie Swartsak.
Wonder hoeveel boere sit met dieselfde probleem. Ek weet ek is een, by my is dit weer n teef. In die afgelope 3 jaar, haar reun maats en helpers elke keer geskiet, maar kry nie vir haar nie. Sy bly ook in dieselfde area heeltyd, skuif tussen 4 kampe rond. Het al nagte by die water omgesit om te kyk of sy n voetfout wil maak, maar geen geluk. Glo sy sal ook seker vrek van ouderdom.
Groete
Suidwes