Page 1 of 1
Re: ALRHA - Beginners Kurses in LA skiet/jag
Posted: Mon Jun 23, 2014 2:31 pm
by maxboostsa1
Ek sou sê Scope verstellings en verduideliking van MOA.
Ballistiek, koel BC en regte kaliber keuse vir LA skiet.
Verskillende Sagteware vir LA skiet en dit in detail behandel.
Lees van mirage en wind.
Die verskil wat lugdruk, temperatuur en hoogte bo seespieël maak.
Dood maak vermoë van spesifieke kalibers op spesifieke afstande.
Re: ALRHA - Beginners Kurses in LA skiet/jag
Posted: Mon Jun 23, 2014 2:32 pm
by Geno
1: Bou of aanskaf van 'n LA stelsel.
2: Optics
3: Herlaai vir LA wapens.
4: Skiet tegnieke
5: Toerusting
6: Wind
7: Mirage
8: Faktore wat ballistics en DOPE beinvloed.
Re: ALRHA - Beginners Kurses in LA skiet/jag
Posted: Mon Jun 23, 2014 2:41 pm
by Alwyn
Eerste dinge eerste: Ek sal verseker daar wees om tekom leer!!!
Geno het n mooi uit eenseting hier bo!!
Sal graag meer wil weet van die "vereistes/kenmerke van n goeie LA wapen"wil nie graag geld spandeur om n LA wapen tebou en dan doen ek dit op verkeurde bases....
Re: ALRHA - Beginners Kurses in LA skiet/jag
Posted: Mon Jun 23, 2014 3:12 pm
by Hugo
Ludwig
Dalk die minimum toerusting wat benodig word vir LA skiet/jag ook asb.
Help nie n mens daag op met n 4x40 scope en 200gr punte in n 303 nie.
Net n voorstel.
Re: ALRHA - Beginners Kurses in LA skiet/jag
Posted: Mon Jun 23, 2014 5:18 pm
by Pvdw
Ludwig, ek lees die woord beginner raak in jou opskrif.
Wat ek as leek sal wil weet as ek so kursus bywoon is.
-Algemene foute wat die beginner maak.
-Pas van die geweer, cheek/shoulder weld.
-Sneller beheer.
-Oefeninge wat ek tuis of op kort baan kan doen om my te help. Dalk met PCP by die huis.
-Skietruste en hulle moets en moenies Dis nou sakkies, bipods en so.
Re: ALRHA - Beginners Kurses in LA skiet/jag
Posted: Tue Jun 24, 2014 8:38 am
by Frederik
Ludwig, moenie vergeet van die praktiese jag self nie soos toestande en omstandighede wat perfek moet wees net omdat jy gong op 600 meter gemaklik kan skiet is die jag van diere op 'n ander vlak.
Re: ALRHA - Beginners Kurses in LA skiet/jag
Posted: Tue Jun 24, 2014 8:41 am
by Smirre
Ludwig
Waar sal die kurses wees?
Re: ALRHA - Beginners Kurses in LA skiet/jag
Posted: Thu Jun 26, 2014 8:01 am
by KSV
More more.
Hiers 'n link wat ek op afgekom het. Toe kom ek agter van long range weet ek nog absuluut niksie.
http://thearmsguide.com/firearms-training/
Soek net al die Long range topics.
Maak mooi,
Hein
Re: ALRHA - Beginners Kurses in LA skiet/jag
Posted: Fri Aug 22, 2014 12:01 pm
by Francoisv
+1
Re: ALRHA - Beginners Kurses in LA skiet/jag
Posted: Fri Aug 22, 2014 12:28 pm
by BLOK
Ek sien nou eers die skrywe.
Wat van hoe om mense wat teen LRjag is te hanteer. Dalk nie so seer n onderwerp wat jou gaan help skiet nie maar virseker n besprekings punt oor hoe om situasies en mense wat jou manier van dinge doen nie goedkeur nie te kan reghelp.
Vat nou maar die teenkanting wat ons net al op die forum gesien het, selfs van ander jag organisasies.
Re: ALRHA - Beginners Kurses in LA skiet/jag
Posted: Fri Aug 22, 2014 1:36 pm
by Hugo
Ludwig,
Ek stem 100% saam jou.
n Ou oom het eenmaal vir my gese, As iemand jou vra waarom jy n sak mes dra, is dit nie die moeite werd om dit aan hom te verduidelik nie.
Re: ALRHA - Beginners Kurses in LA skiet/jag
Posted: Fri Aug 22, 2014 2:43 pm
by Eugene
Ludwig wrote:Blok, nee wat ek dink nie dis nodig nie. As jy jou toegewyde jagters status doen, leer hulle jou hoe om die groenes en anti-jagters te hanteer? Ons hoef nie dit wat ons doen te verdedig nie. Ons is geaffilieer met CHASA, wat een van die grootste jagters organisasies in Afrika is en hulle ondersteun ons in ons visie en doelstellings ten volle. ALRHA handel volgens en promofeer ten alle tye die jag en vuurwapen wetgewing van SA so daar is niks om teen enigiemand te verdedig nie.

Hugo wrote:Ludwig,
Ek stem 100% saam jou.
n Ou oom het eenmaal vir my gese, As iemand jou vra waarom jy n sak mes dra, is dit nie die moeite werd om dit aan hom te verduidelik nie.
Stem saam manne! Geen nut daarin om iemand wat nie WIL verstaan en leer nie, te probeer reghelp nie. Geen argument gaan hom/haar oortuig nie. Dis soos 'n gesprek met die groenes, 'n mors van tyd....
Re: ALRHA - Beginners Kurses in LA skiet/jag
Posted: Fri Aug 22, 2014 3:27 pm
by BLOK
Re: ALRHA - Beginners Kurses in LA skiet/jag
Posted: Thu Aug 28, 2014 11:59 am
by Werner
Ek sou ook graag kleiner dingetjies ook wil sien soos hoe om n sneller reg te stel en te trek, die geweer vas te hou, liggaams posisie, hoe om die beste plek te kies om vanaf te skiet, wanneer om NIE te skiet nie, asemhaling, afstand skatting/berekening ens.