Page 1 of 1
Carte Blance 20 Feb 2010 - Natural Gas in Karoo
Posted: Tue Feb 22, 2011 2:45 pm
by Stefan764
Hallo Manne
Ekt gedink iemand sou al ietsie hieroor geskryf het maar ek sien niks. Of ek mis dit dalk.
Sondag se Carte Blanche het n storie gehad oor die ontginning van natuurlike gas as energiebron. Dit beslaan n baie BAIE groot gedeelte van die Karoo. Kan iemand dalk bietjie meer lig op die onderwerp plaas? Die program het gese die ouens wil toetsgate boor?? Klink my dis n baie delikate proses wat baie skadelik vir die natuur is. Spuit gistigge stoffe in die gate om die gas te laat ontsnap.
Groete
Stef
Re: Carte Blance 20 Feb 2010 - Natural Gas in Karoo
Posted: Wed Feb 23, 2011 7:39 am
by Beyers
Op Facebook is daar inligting daaroor.
Ek was self nie by die vergadering nie , maar hoor dat hulle die gate wil boor, soos in blerrie diep en dan chemikaliee inspuit om die gas uit te forseer. Die chemikaliee vergiftig die grondwater.
Die water wat vir elke gat benodig word is blykbaar 15 000 000 liter hulle gaan moet baie km pype aanle, Van Ryneveldspas dam sal nie genoeg water vir een gat he nie.
Blykbaar is die bevolking van die Karoo agterlike mense wat 'n sukkel bestaan voer en baie min ekonomiese bydrae tot die land se ekonomie lewer.
Dis maar van die dinge wat ek so in die verskillende gesprekke gehoor het.
Ek dink ek weet waar hulle gate vir gas kan boor. Dis nie so diep nie
Re: Carte Blance 20 Feb 2010 - Natural Gas in Karoo
Posted: Fri Feb 25, 2011 9:31 pm
by Foxcreek
Oom Dave Pepler het nou die middag op RSG oor die aangeleentheid gepraat. hy was weer homself en het gese:" To hell with Shell !".
Re: Carte Blance 20 Feb 2010 - Natural Gas in Karoo
Posted: Mon Aug 01, 2011 2:25 pm
by ablm468
Die term wat hulle daarvoor gebruik is blykbaar "fracking", dit behels blykbaar dat hulle diep gate boor en dan 'n mengsel van water en olie in forseer om sodoende die gasse boontoe te forseer, hulle het gese hulle sal van die suur water uit JHb se myne soeentoe uitvoer. Jy kan dink wat dit aan die omgewing sal doen, die karoo is juis 'n streek waar daar nie water is nie nou sal die bietjie wat daar is besoedel word deur die gemors wat hulle hier uithaal
Ek se vir hulle moet "frac - off"!!
Los die Karoo alleen
Re: Carte Blance 20 Feb 2010 - Natural Gas in Karoo
Posted: Mon Aug 01, 2011 2:36 pm
by Armand Steenkamp
Is daar iets wat ons kan doen om dit te keer? Ek dink vir almal op die forum le die natuur na aan die hart!
Groetnis
Re: Carte Blance 20 Feb 2010 - Natural Gas in Karoo
Posted: Mon Aug 01, 2011 2:48 pm
by ablm468