Page 1 of 1
BERG TOE
Posted: Mon Jun 23, 2014 7:24 am
by Jakkie 321
Saterdag aand roep ek 2 jakkalse in so op 400M. Hulle sit toe vir 5sek en harloop toe berg toe werk glad nie die wind nie en sit en skree van daar bo af en niks wat ek doen nie kan ek hulle nie van daar bo af kry nie. Is hulle so slim dat hulle nie eers die wind hoef te werk nie. Wat kon ek doen om hulle van daar bo af te bring.
Groette
Re: BERG TOE
Posted: Mon Jun 23, 2014 7:57 am
by G-force
Ek ken nie die geskiedenis oor daai plaas se roepery en jakkalse nie maar as hul al so skelm is probeer maar n dagroep in die berg en/of ysters.
Re: BERG TOE
Posted: Mon Jun 23, 2014 9:11 am
by 243Songdaug
Goeie raad Gé
Re: BERG TOE
Posted: Tue Jun 24, 2014 2:43 pm
by hebron
Kerngebied!!! ??
Ek het ook n gereelde klieent waar ek in die begin so gesukkel het, die jakke kom vreet in die vlakte maar sodra jy begin roep skuif hulle bergop. Gelukkig het die klieent n pad laat maak teen die berg en so kon ons die stel uithaal en nog elke stel daarna.
Re: BERG TOE
Posted: Tue Jun 24, 2014 4:49 pm
by GERHARD 3
Is daar 'n erosie sloot of draad tussen jou roeper en jakkalse gewees? Dis gewoonlik ook 'n afsny punt van hul beweeg areas.
Re: BERG TOE
Posted: Tue Jun 24, 2014 8:12 pm
by Jakkie 321
Gerhard nee daar was niks in hulle pad nie. Hulle was wel n bietie hoor as wat ek was toe hulle na my gekyk het en toe berg op.
Groette
Re: BERG TOE
Posted: Wed Jun 25, 2014 7:30 am
by GERHARD 3
Dankie dat u my vraag beantwoord het. Ek sal hulle weer in die volgende paar dae roep maar so van 4 uur die oggend sit en meer met eerste lig fokus. Roep wel soos absolute nag roep en dan baie min en skakel oor na dag roep soos die lig nie meer sal werk nie. Baie geduldig wees. MY ervaring in Ladybrand se omgewing met daardie mooi berge. Daar is wel 'n pad en draad en 'n erosie sloot, hulle kom nie daar deur nie. Ek skuif dan nader om oor daardie hindernisse te skiet. Partykeer voel dit vir my asof jakkalse meer om die berg hardloop as direk af. En dan wel tussen twee koppe of in die nek deur kom. Verder , sterkte maar hoe meer jy in die veld is, hoe gelukkiger is 'n ou.
Re: BERG TOE
Posted: Wed Jun 25, 2014 7:31 am

Posted: Wed Jun 25, 2014 12:40 pm
by Jakkie 321
Gerhard dankie vir die inligting, sou jy dan met of sonder die bakkie geroep het 4 uur in die oggend ek verstaan dat jy 4 uur die oggend met die bakkie sal roep en in daglig sonder beteken dan dat jy gaan die bakkie iewers wegsteek. In die tyd wat jy die bakkie gaan weg steek gaan jy nie die jakkies weg jaag nie?
Glad nie nodig om U die gebryk nie ou maatter.
Groette
Re: BERG TOE
Posted: Wed Jun 25, 2014 1:23 pm
by GERHARD 3
Middag Jakkie, ek skiet al 'n geruime tyd die hele nag sonder bakkie. Die bakkie gebruik ek om so twee kampe of 2km op die verste stil te hou en dan loop ek. Ek het dieselfde lightforce lig en dimmer of soms net die rooilig maar ek skiet oor skiet stokke. 'n Baksteen grote 12V battery is op my rugsak raam van onse moderne weermag vas gemaak en is nie so swaar of ongemaklik nie. Ek word wel gekortwiek in veld met lang gras , maar andersins soos by berge met 320-350m vlakte is ek baie gelukkig. Ek skuif ook maklik maar loop hom nie trompop nie, hy is te vinnig en gewaar jou ook goed. Ek het sukses vanaf 15 tree tot 374m al gehad.