Page 1 of 1
Peregrine punt herwin
Posted: Sun Jun 22, 2014 9:22 pm
by alecjohnson
Dis die eerste keer wat iets van 'n koeël uit een van my bokke kom. die was uit afkook vleis herwin. My pa was besig met die afdop van die afkook vleis en kom by my aan met die ding:
Sy woorde: "kyk hier wat vind ek in die vleis dit lyk soos 'n balpunt pen se punt"
Toe is dit die peregrine 180gr vrg4 koeël se punt!
Re: Peregring punt herwin
Posted: Sun Jun 22, 2014 10:06 pm
by Pvdw
Dis die sogenaamde initiator. Snaaks genoeg is die deel die mees algemene om te herwin. Tog interesant om te sien.
Re: Peregrine punt herwin
Posted: Sun Jul 06, 2014 1:38 pm
by Swys14
is dit daai "plunger"?
Re: Peregrine punt herwin
Posted: Sun Jul 06, 2014 1:44 pm
by alecjohnson
plunger? as dit die brass punt is ja, dis die voorkant van die Koeël.
Re: Peregrine punt herwin
Posted: Thu Jul 10, 2014 6:22 pm
by tgg
watter kaliber en watter bok soort
Re: Peregrine punt herwin
Posted: Thu Jul 10, 2014 7:21 pm
by Christo
My 338WM 220gr's is altwee reg deur Elande. Een skuins van agter, deur hart en deur voorblad. Erg vleisskade op blad waar hy uit is.
Moet darem sê albei is eerste skoot dood op verder as 350m. Nie gedink hulle sou regdeur gaan nie. By die laadre Eland is die skoot mooi plankdwars op die knoppe deur en was daar baie bloed spatter op plek waar bok gestaan het met impak.
Sou graag wou sien hoe lyk die koeels, ons het gesoek maar kon niks kry nie.
Re: Peregrine punt herwin
Posted: Thu Jul 10, 2014 7:56 pm
by alecjohnson
Dit was gemsbok 380m met 300wm koeëls regdeur maar die punt gevind in murg van skof