Page 1 of 2
Springbok jag voorsit
Posted: Thu Jun 19, 2014 2:30 pm
by Beretta
Manne wat se equipent is die beste vir springbok jag voorsit bv stoel skiet stokke ens
Beretta
Re: Springbok jag voorsit
Posted: Thu Jun 19, 2014 2:40 pm
by mariusr
Beretta dink die belangrikste is dat jou geweer op 200+gezero moet wees! Dis as jy nou nie daai fancy scopes het nie! Dan moet jy goeie range finder he anders gaan jy nie reg kom nie

Dan lekker skiet stok en klein stoeltjie om gemaklik te sit!

en dan klein cooler box met koeldrank en iets te eet! Ek het al so dors geword want vergeet my water!

Re: Springbok jag voorsit
Posted: Thu Jun 19, 2014 2:48 pm
by Rysmier
Beretta, ek moet saam met Mariusr stem, zero jou geweer vir 200m. My Lee Enfield 303 met 174gr punte skiet so +/- 60mm hoog op 100m met 'n 200m zero. Glo die meeste kalibers sal dieselfde indie nie beter doen. Dit gee mens net meer ruimte vir indien jy die afstand nie lekker skat. Indien jy 'n "range finder" het, vat hom saam en "range" 'n bossie of ander baken op verskeie plekke in jou skietvlak - dan het jy idee hoe vêr die bok is as hul kom (my ondervinding is dat dit soms vinnig gaan tussen springbok sien en skiet).
Oor wat om saam te vat is "courses for horses". Ek het groogeword met plat lê agter die naaste miershoop, van die vriende het 'n "skietstoel" - so ligte stoel met plek vir sit en 'n rus vir jou geweer, ander mense glo weer om met klippe 'n stapeltjie te bou waaroor geskiet word. 'n Bi-pod kan moontlik werk, hang af hoe hoog die bi-pod is en hoe lank die gras is. As dit ganna-wêreld is sal 'n bi-pod werk. Ek stel ook voor water en rol witgoud. Dalk 'n rugsak wat dalk iets soos fles koffie kan vat, en 'n eet-ding. Sommige plase is jy heeldag in die veld, ander "breek" en middagete word by huis geëet.
Alles waaraan ek so vinnig kan dink.
Mooi dag,
CCC
Re: Springbok jag voorsit
Posted: Thu Jun 19, 2014 4:48 pm
by tripodmvr
Die manne praat altyd van die lang skote. Dit is verbasend hoe naby die bokke die meeste kere verby jou beweeg of dan gaan staan.
Vrugte soos lemoen en appel is lekker om te vat asook soetgoed soos sjokolade om die koue te trotseer. Flessie OBS vir die innerlike jersey'tjie na die skiet.
Re: Springbok jag voorsit
Posted: Thu Jun 19, 2014 5:48 pm
by Piet Breedt
Ek het al so op n springbok voorsit jag aan die slaap geraak en toe ek wakker skrik, is die bokke so naby my dat ek beswaarlik kon beweeg sonder dat hulle my sien. Ek het toe maar doodstil bly le en wag dat hulle eers so 100m weg wei voor ek kon beweeg en in posisie kom. Toe die skoot klap spring hulle net en staan weer stil. So kry ek toe twee mooi bokke voor hulle laat wiel.
So Beretta, n lekker kussing en n kombersie sal dalk ook vir jou werk. Ek het teen n effense skuinste onder so klein boompie of struik gele. Ek weet nie of mens dit regtig n boom kan noem. Dit het handig gepas gekom later die dag toe die bokke weer verby my gekom het. Ek kon dit deergaans tussen my en die bokke hou vir dekking. As die veld dit toelaat, skiet ek graag sonder enige hulpmiddels uit my unieke sitskiet posisie.
Re: Springbok jag voorsit
Posted: Thu Jun 19, 2014 5:56 pm
by Carl
Beretta. Moet net nie 'n elektrise kombers vat nie. Ek dink 'n goeie skietstoel is goud werd. Hulle is op die regte hoogte net bo die bosse. Gemaklik sit is belangrik. Ekstra kussing soos paviljoen kussing sal werk.
Kamo net kan help.
Eet en drink goed.
Re: Springbok jag voorsit
Posted: Thu Jun 19, 2014 6:55 pm
by Karooklong
Die manne het redelik alles gesê - hier by ons gebruik ek 'n bi-pod - meestal bossieveld.
Ander dele van distrik is die gras lank - daar sal skietstokke lekker werk.
As daar baie rante en klip koppies is vat iets saam om oor 'n klip te gooi of gebruik jou geweersak.
Ek is nie 'n skietstoel fan nie - partykeer moet jy vêr loop en dan raak die goed te veel en te swaar.
Baie snacks en genoeg vloeistof.
Dra orals jou geweer saam - ons probeer so gou moontlik keel afsny en pens uithaal. As 'n bok 200m weg lê en jy haal pens uit kan die trop of losloper jou maklik verras. Ek het al baie my volgende bok sommer dooierus oor 'n dooie bok geskiet.
In 'n area waar baie gras is of jy nie die bok kan sien van jou sitplek af nie - sit 'n klein stukkie toiletpapier in 'n bos naby. Probeer ook 'n dooie bok in 'n natuurlike lê-posisie sit - die ander bokke skrik dan nie so erg vir hom nie.
As hulle op so stadige draffie verby kom gee hulle so ligte fluitjie - werk gewoonlik.
Let ook op dat daar meestal vroegoggend 'n jong ooibok sal voor draf - sy is baie paraad en onrustig. As ons baie bokke skiet haal ons haar eerste uit. Daarna sal 'n groter ram die trop lei. Is maar my ondervinding.
Skuus as ek te veel gesê het - topic is mos oor toerusting. Dink net die ander inligting kan jou help.
Lekker jag !
Re: Springbok jag voorsit
Posted: Thu Jun 19, 2014 7:11 pm
by Cobus(Cobb)
As jy 'n paar gaan klop, vat extra handewas water vir as jy pense uithaal in die veld....bloed pote an peloni toebies loop nie mooi saam nie.
Re: Springbok jag voorsit
Posted: Thu Jun 19, 2014 8:08 pm
by Gawie(13mm)
Cobus(Cobb) wrote:As jy 'n paar gaan klop, vat extra handewas water vir as jy pense uithaal in die veld....bloed pote an peloni toebies loop nie mooi saam nie.
My 2c.
Maak een van daai geel "Handy-Andy" lappies klam en sit hom in 'n "ziplock" sakkie. Maak hande en mes vinnig skoon en is ligter as 'n liter water.
Re: Springbok jag voorsit
Posted: Thu Jun 19, 2014 8:32 pm
by BRNO (Pierre)
Ons het net die ander dag n lekker voorsitjag gehad. Daar was van die stoele beskikbaar, wat lekker dooierus aan LH en RH skuts gee. As dit n koelerige naweek is, trek maar warm aan, of vat kombersie, vernam as die wind waai, en die son nie skyn nie. Ek het hier net soos Piet lekker aan die slaap geraak, en is wakker gemaak deur die pootjies 15m van my af op die klippe.
Volgende dag het ek so bietjie gele in die veld. Weer lekker aan die slaap geraak, en het wakker geword agter die geweer met 120 bokke voor my. Hulle het na my regterhand beweeg, wat betekin ek moes links skiet. Nie so lekker gewerk vir my nie.
In twee dae is 21 bokke geskiet. Almal van die voorsit met die uitsondering van twee was binne 140m ver skote. Verste skote was die paar van die bakkie af.
O ja. Oom Marius se OBS vlessie is n moet, al help dit net dat jy later lekkerder met jouself gesels
http://i1251.photobucket.com/albums/hh555/PierrevdM/015.jpg
http://i1251.photobucket.com/albums/hh555/PierrevdM/032.jpg
http://i1251.photobucket.com/albums/hh555/PierrevdM/033.jpg
Re: Springbok jag voorsit
Posted: Thu Jun 19, 2014 8:33 pm
by BRNO (Pierre)
Met ons jag was daar twee manne op motorfietse wat die veld net so bietjie geroer het, en n bakkie wat heeltyd omgekom het en die bokke kom oplaai het, en pense uitgehaal het. Geen water of lappies nodig gehad nie.
Re: Springbok jag voorsit
Posted: Thu Jun 19, 2014 9:02 pm
by Beretta
Manne baie dankie ek lees graag nog verder hou van wat julle se oor die equipment en al die ander raad
Beretta
Re: Springbok jag voorsit
Posted: Thu Jun 19, 2014 9:07 pm
by Alwyn
Ek lees nou so leke aan al die raat en stories ek soek skoon die kluis en die bakie se sluitel dat ek kan loop jag!!!! JUlle maak nie mooi nie!!!
Beretta ek kan nie raat gee nie, het dit nog nie self gedoen nie.... wil ma net se geniet en bring vir ons fotos en n leke storie!!
Re: Springbok jag voorsit
Posted: Thu Jun 19, 2014 9:11 pm
by tripodmvr
Alhoewel voorsit nie loop en bekruip jag is nie het dit sy eie bekoring. Die wye oop vlaktes, die lank wag en dan skielike aksie, die skote van jou jagmaats en die mooi bokke wat oor die vlaktes beweeg. Laat my nou vêr terugdink.
Re: Springbok jag voorsit
Posted: Fri Jun 20, 2014 9:43 am
by Rysmier
Oom Maruis, ek stem met die bekoring.
En mens kry tyd om na ander goed in die natuur te kyk. Die dat ek in my 1e pos noem van "...die bok sien en skiet gaan vinnig" - ek verkyk my soms so aan die miere (op die miershoop waaragter ek lê), die meerkatte of ander gediertertes, dat ek soms die bok die eerste keer sien as hy binne skiet-afstand is.
Karoo-klong, ek stem saam daar oor die geweer altyd by jou hou. Dit is op tye soos keelaf sny of water afslaan wat die bokke jou verras.
Ek kyk ook maar gedurig rond (soos in agter my) dit het al gebeur dat ek vir bokke voor my kyk, dan is daar ander binne skiet afstand agter my. Mens kan nie glo hoe ongemerk 'n bok soms beweeg.
Persoonlik dra ek altyd die bokke wat ek skiet tot by my sit/lê plek. Ek het al paar keer ondervind dat bokke onder die wind van 'n bok wat geskiet is loop/draf, en sodra hul die ander een/bloed ruik, sit hul op loop.
Mooi dag,
CCC
Re: Springbok jag voorsit
Posted: Fri Jun 20, 2014 11:31 am
by tau
Geduld. Baie geduld. As die boer se sit stil die bokke sal na jou kom luister na hom. As jy gewoonlik 'n ander trop bekruip en kyk rond dan sien jy hoe gaan staan 3 ramme 50m vanaf jou voorsit plekkie. Ek skiet vanaf my bi-pod en beweeg gewoonlik in 'n area rond want ek is hiperaktief so stil sit is nie rerig 'n opsie nie. Silencer en my .222 val die bokke soms langs mekaar om veral as jy lekker agter 'n bossi kan wegkruip terwyl jy skiet.
Re: Springbok jag voorsit
Posted: Fri Jun 20, 2014 11:38 am
by Capt. Yoda
Het nog nooi so voorsit springbok jag gedoen nie maar na ek die alles lees dink ek ek moet volgende jaar so iets doen
Re: Springbok jag voorsit
Posted: Fri Jun 20, 2014 11:46 am
by ANDRIES
Iets wat vir my werk.Ek sit nooit agter 'n bos nie maar voor die bos.Die rede is as jy uitbeweeg agter die bos breek jy die silhoet van die bos en die bokke tel dit dadelik op.Ek dra ook nie helder kleure nie,of camo of blou.
Re: Springbok jag voorsit
Posted: Fri Jun 20, 2014 11:52 am
by win270
Goeie wenk, Andries. Sorg net dat die son nie jou teenwoordigheid weggee deur 'n verkyker, teleskoop of geweerloop wat dalk blink in die son nie. En loer maar gereeld ook wat agter die bos aangaan . . . soms staan die bokke sommer BAIE naby jou rond sonder dat jy dit besef.
Groetnis
Re: Springbok jag voorsit
Posted: Fri Jun 20, 2014 12:55 pm
by Cobus(Cobb)
http://i825.photobucket.com/albums/zz176/cobus2/DSCN0534_zps6c078904.jpg
Wat ookal jy doen, moenie jou hoed vergeet nie...
Re: Springbok jag voorsit
Posted: Fri Jun 20, 2014 12:58 pm
by tripodmvr
Uitspan op die Hollandse werf sien ek. Jy en jou gedagtes allenig in die wye ope veld.
Re: Springbok jag voorsit
Posted: Fri Jun 20, 2014 1:02 pm
by Cobus(Cobb)
Daai was seker een van die lekkerste 2 dae saam met Dewie, daar op Jassie(die regte Jassie) se plaas.
Re: Springbok jag voorsit
Posted: Fri Jun 20, 2014 1:05 pm
by Gawie(13mm)
Cobus, ek hou van daai "hengel-houding" van jou. Het jy darem 'n "byt" gekry?

Re: Springbok jag voorsit
Posted: Fri Jun 20, 2014 1:12 pm
by Ockert1992
Manne nou maak julle my darem lus! Laas week hierdie tyd was ons hoeka besig met so voorsit jag. Dit is 'n lekker bedryf.
Re: Springbok jag voorsit
Posted: Fri Jun 20, 2014 1:13 pm
by VdWalt
Cobus(Cobb) wrote:http://i825.photobucket.com/albums/zz176/cobus2/DSCN0534_zps6c078904.jpg
Wat ookal jy doen, moenie jou hoed vergeet nie...
Ek wil ook!!!