Page 1 of 1
Scope vir .375H&H ??
Posted: Tue Jun 17, 2014 9:44 pm
by Vlakvark Soldaat
Vrinne, my Ruger No.1 in .375H&H het uiteindelik in my skoot geval! Ek kyk tans na Schmidt & Bender Klassic in 6x42. Ek soek nie juis iets verstelbaar nie. Raad en voorstelle sal baie waardeer word!! Ek shop nog maar rond vir die regte scope...
Dankie
Louis
Re: Scope vir .375H&H ??
Posted: Wed Jun 18, 2014 7:47 am
by Sangoma (IAN)
Absoluut niks fout met daai S&B nie
Re: Scope vir .375H&H ??
Posted: Wed Jun 18, 2014 7:50 am
by Jaco vdW
Baie geluk met die Ruger, mag hy nog baie plesier verskaf!
S&B is wonderlike teleskope, glo werklik nie jy sal n fout met hom maak nie. Jou keuse van teleskoop, en spesifiek die vergroting gaan baie afhang van jou behoeftes - wat wil jy jag, en waar gaan jy jag.
Ek persoonlik het n Zeiss 3-9 op my 375, en hy werk soos n droom. Ek glo die 375H&H is n baie veelsydige kaliber, en hy skiet eintelik platter as wat mens dink! Die verstelbare teleskoop maak vir my die geweer baie veelsydig. In oop areas soos Namibië kan ek gemaklik lang (relatief!) skote vat, en in KZN se bos kan ek hom op 3x of 4x dra.
Die teenargument is natuurlik as jy die geweer baie doelspesifiek wil gebruik, dan sit jy teleskoop op hom wat presies aan die vereistes voldoen.
Re: Scope vir .375H&H ??
Posted: Wed Jun 18, 2014 8:26 am
by BRNO (Pierre)
Ek is nogals saam met Jaco, maar het gesien dat jy se jy nie n verstelbare scope wil aanskaf nie. Ek het egter op myne n Nikon Monarch 2,5-10*42, en die vegroting gee vir my dieselfde veelsydigheid as wat Jaco van praat. Lekker van die "kleiner" verstellings is dat hulle nie paralaks verstelling het nie, dus kan daar maklik aangele word ens, sonder om oor dit te bekommer.
Re: Scope vir .375H&H ??
Posted: Wed Jun 18, 2014 8:41 am
by Giepie
Daardie S&B is baie goed en sal in jou behoefte perfek pas. Ek het 'n Leupold vx2 3-9x40 op my 375 en dit werk lekker vir my.
Re: Scope vir .375H&H ??
Posted: Wed Jun 18, 2014 9:07 am
by Musgrave
My .375 word as "allrounder" aangewend, dus het ek besluit op `n Swarovski Z3 3-10×42. Ek is baie gelukkig met die teleskoop. Bygesê, wanneer ek jag, kuier die vergroting meestal op 6x...
Re: Scope vir .375H&H ??
Posted: Fri Jul 18, 2014 12:05 pm
by dawiec
ek het Nikon Monarch 2.5 - 10 x 42 op my 375 H&H en is baie tevrede. Ek wil graag bietjie langer gooi met hom omdat my H&H so lekker skiet. Dink julle manne die nuwe Nightforce 4-14x56 SHV gaan 'n overkill wees?