Page 1 of 1

Rooikat advies gesoek

Posted: Mon Jun 16, 2014 10:28 am
by dehacked
Goeie dag manne.

My tannie boer hier in die suide van Namibia tussen Mariental en Gochas. Sy het op een van haar kameras 'n rooikat opgemerk. Dit lyk of dit net die een is en sy vang hom so elke 3rde dag op die kamera. Gewoonlik tussen 1 en 5 uur in die oggend. Sy vertel sy het nog nie agterkom iets word by haar gevang maar die buurman het al goed verloor so 5km daarvandaan. Dink julle dit is die selfde kat? Sal hy nie eerder sommer skaap by haar vang, daar is lammers ook, en dat sy dit maar nog net nie opgetel het nie? Wat sal nou die beste plan wees om die katjie van kant te maak? Sal 'n man maar die kampe platstap deur die dag en dalk die ding verwilder of sal jy maar eerder net in die aand by die water gaan sit en vir hom wag? Die gras is maar lank so ek weet nie of stap so goed sal werk nie...

Re: Rooikat advies gesoek

Posted: Mon Jun 16, 2014 11:55 am
by Stefan764
Ek sou maar in die aande (selfde tyd as wat kat opgemerk word op kamera) n draai of drie deur die kamp ry en lig. Niks roep. As die kat so getrou rondstap soos wat die kamera vertel behoort julle hom kort voor lank "raak" te ry.

Lammers sal hy verseker vang. Behalwe as die kat uit n Bool Smuts teel projek kom, dan sal die kat slegs hase en muise vang en hoef julle nie te bekommer nie.

Groete
Stefan

Re: Rooikat advies gesoek

Posted: Mon Jun 16, 2014 2:11 pm
by Giepie
5km is vir my bietjie ver, as sy nog nie self iets verloor het nie sal dit laat leef. Vir my is 'n rooikat darem net te mooi om sommer by voorbaat te elemineer. Soos by die jakkals skiet vraag, ok sal net as dit regtig nodig is.

Dalk tog eendag een of meer wil skiet. Ek hoor hulle maak sulke lekker onderbaadjies. ;)