Page 1 of 1

Nuwe scope uit die boks uit.

Posted: Thu Jun 12, 2014 6:27 pm
by Cobus(Cobb)
As jy daai nuwe scope uit sy boks haal as jy by die huis kom.....dis een van daai "amper, beste" gevoelens.
Jou eerste job is dan seker maar om die Retical te fokus, as ek hom uit draai, raak hy onmiddelik slegter en slegter, so hy is op sy duidelikste as hy nie uitgedraai word nie....maar hy is net 99%...sal hom graag bietjie wil indraai...maar jy kan mos nie.

Wat moet ek daaruit verstaan? is dit tyd vir brille?
Is daar van julle manne wat dieselfde voel??Hoe het julle dit opgelos??
Ek luister
Cheers

Re: Nuwe scope uit die boks uit.

Posted: Thu Jun 12, 2014 7:51 pm
by tripodmvr
Sê watter en dan kan ons beter kommentaar lewer. Dog net MP200 was op jou inkopielys?

Re: Nuwe scope uit die boks uit.

Posted: Thu Jun 12, 2014 8:03 pm
by Pvdw
Jy gesels so uur terug met mu op die foon maar sê niks!!?? Wat het jy gekoop??

Re: Nuwe scope uit die boks uit.

Posted: Thu Jun 12, 2014 8:10 pm
by tripodmvr
Hy het blykbaar gekoop wat ma nie van moet weet nie, is my afleiding.

Re: Nuwe scope uit die boks uit.

Posted: Thu Jun 12, 2014 8:19 pm
by Cobus(Cobb)
Nee man, niks gekoop nie...wil maar net weet oor daai vorentoe verstelling...het dit weer Dinsdag bekyk op al 3 my scopes..Nikon, Vortex en 22 se NicoSterling

Re: Nuwe scope uit die boks uit.

Posted: Thu Jun 12, 2014 8:25 pm
by tripodmvr
Dit klink snaaks synde daar nog altyd weerskante van my beste fokus verstelling was.

Re: Nuwe scope uit die boks uit.

Posted: Wed Jun 18, 2014 6:39 pm
by tgg
Dit is hoekom ek toe n ordentlke scope moes koop, dit was of die teiken of die kruishaar, nooit albei nie