Page 1 of 1

Jakkals Mutasie??

Posted: Thu Jun 12, 2014 3:51 pm
by prohunt
http://i779.photobucket.com/albums/yy80/geno308/jakkalse_zps9bbb7d3f.jpg

Goeiemiddag aan die Slimmes,

Ek het hierdie twee jakkalse eergisteraand in die Oudtshoorn omgewing geskiet.

Let asseblief op die opvallende kleur verskille tussen die twee. Albei is tewe, die een op links is voorverlede jaar se aanwas en die een regs is verlede jaar se kleintjies.

Kyk spesifiek na die afwesigheid van die opvallende swart band langs die sy en die swart rug wat glad nie prominent is nie. Selfs die kleur langs die ore en gesig verskil ook heelwat.

Die teef op regs het in die gras gaan lê en ek het nogal gesukkel om te bepaal of dit wel 'n rooijakkals was veral omdat die kleur in die gesig nie normaal was nie en die swart rug ontbreek het. Ek het later op die vorm van die kop en ore alleen besluit dit moet 'n rooijakkals wees en haar toe geskiet.

Ek weet daar was al voorheen onderwerpe wat hiermee verband hou maar ek sou graag wou hoor of daar van die karoojagters is wat ook al die verskynsel teegekom het. Ek moet sê dit maak identifikasie op langer afstande moeiliker.

Geno as jy die raaklees en die foto vertoon nie reg nie wees asseblief vrymoedig om aanpassings te maak.

Groete

Johan

Re: Jakkals Mutasie??

Posted: Thu Jun 12, 2014 4:46 pm
by Henry 7
Johan
Moes jy nie ma eerder daai een probeer vang het nie?
Jy sien mos wat gaan goed met snaakse kleure vandag op veilings!!!!!!!!!!!!!!!
Henry

Re: Jakkals Mutasie??

Posted: Thu Jun 12, 2014 4:50 pm
by G-force
Hy lyk amper soos n "side stripe jakkals" of ietsie tussen in die twee.
https://www.google.co.za/search?q=side+ ... 66&bih=667

Re: Jakkals Mutasie??

Posted: Thu Jun 12, 2014 5:18 pm
by BLOK
Ek het self een keer n jakkals onder in die ooskaap geskiet wat soos n wolfhond lyk, sal foto vir Ge stuur om op te sit.

Re: Jakkals Mutasie??

Posted: Thu Jun 12, 2014 6:21 pm
by G-force
BLOK wrote:Ek het self een keer n jakkals onder in die ooskaap geskiet wat soos n wolfhond lyk, sal foto vir Ge stuur om op te sit.
http://i677.photobucket.com/albums/vv140/rooibok_2009/Jakkals/e803f48184c113f74b3d8e973d0a9b50_zps161d3d38.jpg

Re: Jakkals Mutasie??

Posted: Thu Jun 12, 2014 6:43 pm
by Freddie101
Ek sien dit maar as genetiese variasie. Daar is altyd verskille in grootte, lengte, aggresiwiteit, slimheid ens soos by mense net so ook by jakkalse. Net so ook met haarkleur. Het al sulkes gesien.

En grootte van tools 8)

groetnis

Re: Jakkals Mutasie??

Posted: Thu Jun 12, 2014 7:38 pm
by PWV
Nee, dit is verseker nie 'n mutasie nie.

Re: Jakkals Mutasie??

Posted: Thu Jun 12, 2014 7:40 pm
by tripodmvr
Die verskil in oorlengtes is baie opvallend. Is die een nie 'n silwer jakkals nie?

Re: Jakkals Mutasie??

Posted: Fri Jun 13, 2014 9:15 am
by prohunt
Dankie Blok en Gé. Ja daardie een is ook 'n interessante variasie op kleur.

Tripod,
Nee dis verseker nie 'n silwer jakkals nie.

PWV.
Pieter Willem Vorster wrote:Nee, dit is verseker nie 'n mutasie nie.
Motiveer asb jou stelling. Volgens my kennis is dit presies hoe verskeie mutasies al ontstaan het. Sekere variasies in kleur kom voor en indien dit dan vas/ingeteel word raak dit 'n volwaardige mutasie??

Re: Jakkals Mutasie??

Posted: Fri Jun 13, 2014 10:22 am
by Smirre
Hoe verskill hulle ouderdom?

Smirre

Re: Jakkals Mutasie??

Posted: Fri Jun 13, 2014 10:58 am
by prohunt
Hi Smirre,
Kyk asseblief na die eerste plasing. Hulle verskil ongeveer 'n jaar in ouderdom.

Re: Jakkals Mutasie??

Posted: Fri Jun 13, 2014 10:12 pm
by Piet Breedt
Hallo Johan, bly om te sien dat jy nie net groot visse vang wat my jaloers maak vandat jy nou daar in Mosselbaai bly, maar ook die honne laat pak kry.

Ruil bietjie jou Leupold vir n Zeiss Victory dan hoof jy nie so lank te sit en wonder wat jy sien in die nag nie. Grap sommer net. Dit lyk vir my of die betrokke boer se Alsation so bietjie kuier anderkant die draad

Re: Jakkals Mutasie??

Posted: Sat Jun 14, 2014 4:39 pm
by prohunt
Hallo Piet,

Goed om weer van jou te hoor. Ja ek glo jou dat daardie nuwe Zeiss iets in sy eie klas is!!! Stuur nou bietjie daardie toetsmodel van jou dat ék hom ook nou bietjie kan toets :laugh: Jy ken my mos goed genoeg om te weet sien is glo by my. ++>:

Die moeilikheid was nie dat ek nie mooi kon sien nie maar dat ek nie aan die jakkals kon sien wat ek wou sien nie omdat dit nie daar was nie ...... ;D ;D :confused:

Groete
Johan

Re: Jakkals Mutasie??

Posted: Sat Jun 14, 2014 4:54 pm
by tripodmvr
Ek kyk na die dubbele deel en grootte van die oor en wonder of dit kenmerkend is van 'n ander spesie of het die rooies ook so vorm oor?

Re: Jakkals Mutasie??

Posted: Sat Jun 14, 2014 5:19 pm
by prohunt
Hallo Tripod,

Die hoofkenmerke is die van 'n rooijakkals maar daar is verseker klein verskille. Die kleur rondom die ore en gesig, die vorm en grootte van die ore, die afwesigheid van die prominente swart streep langs die sy, ens.
Dis hoekom ek hoop daar is iemand wat dalk al voorheen met die verskynsel te doen gehad het en meer lig op die aspek kan werp. Dit is seker altyd moontlik dat iemand in die voorgeslag iewers anderkant die draad gaan kuier het........dis mos maar eie aan SA se geskiedenis :(

Groete
Johan