Page 1 of 1
bou van tumbler
Posted: Thu Jun 12, 2014 7:32 am
by JR68
Gaan kyk bietjie na die website hoe om jou eie tumbler te bou.Goeie idee s.
http://www.ar15.com/forums/t_6_42/34498 ... mbler.html
lekker bou
Re: bou van tumbler
Posted: Sun Jun 15, 2014 10:27 am
by Gert Odendaal
JR68
My seun Ruan en my eerste tumbler het ons daardie roete geloop, die probleem is waneer jy moet begin groot gate boor om die koeellaars (bearings ) te maak pas in staal plaat. Jy moet `n groot sterk staan boor beskikbaar he, en dan nog `n 16-20mm diameter boorpunt...wat nie maklik is of goedkoop is om in die hande te kry nie...na gelang van jou sweiswerk vaardighede kan die raak ook skeeftrek wat die bottle of houer nie altyd gelyk laat draai nie...dit is waarom ek na die gebruik van onderdele van `n staan fotostaat masjien beweeg het...die rollers en koeellars is klaar in hulse vas , jy moet net dit monteer, `n stewige 38x38 staalraam help met die stabiliteit van die projek...vir my was dit die belangrikste en eenvoudigste opsies...maar elke man doen wat vir hom werk, hierdie bo-genoemde punte is wat die eerste tumbler van my as swak punte uitgewys het...