Page 1 of 1
Dankie Prohunter
Posted: Thu Jun 12, 2014 7:28 am
by Jakkie 321
Ek was gisteraand befooreg gewees om vir prohunter langs my sy te he met raad en voorstelle, baie dankie ek het baie geleer. Kan nie wag vir volgende keer nie!!!
Groette
Re: Dankie Prohunter
Posted: Thu Jun 12, 2014 8:14 am
by prohunt
Hi Jakkie,
Was plesier om saam te gaan, maar moet maar nie te veel op al die praat vertrou nie, ons almal leer maar nog.
Groete
Johan (Prohunt)
Re: Dankie Prohunter
Posted: Thu Jun 12, 2014 8:25 am
by G-force
Wat is doodgeskiet?
Re: Dankie Prohunter
Posted: Thu Jun 12, 2014 8:25 am
by BRNO (Pierre)
Julle manne sal tog bietjie meer moet vertel as dit, anders gaan ons aanneem jy het vir Jake geleer om sy mes en vurk te gebruik

Re: Dankie Prohunter
Posted: Thu Jun 12, 2014 8:28 am
by Beretta
Brno jy is weer skerp so op n koue oggend
Re: Dankie Prohunter
Posted: Thu Jun 12, 2014 9:00 am
by prohunt
Hehehe, julle manne kry nie koud nie.....julle is heeltemal te skerp daarvoor.
Ons het eintlik net uitgegaan om die plaas te bekyk, die maan was heeltemal te lig op die oop terrein en ons wou nie die plek oorroep en dit wat daar is wild maak nie.......nie dat jy hierlangs maklik iets kry wat nog nie wild is nie

.
Jakkie het net so op een plekkie 'n roep ingesit en 'n bakoortjie of wat het ingekom. Daar is waarskynlik nie baie probleemdiere op die spesifieke plaas nie, ek vermoed dis 'n rooikat wyfie met kleintjies wat dalk tans die probleem daar is.
Ons het toe net so 'n draai gery om te kyk of Jakkie nie iets raak lig nie, maar ook net paar bakoortjies gesien.
Seën vir julle skerp manne se dag.
Johan
Re: Dankie Prohunter
Posted: Fri Jun 13, 2014 10:21 pm
by Piet Breedt
Ek het ook die voorreg gehad om deur Johan geleer te wees op my eerste 3 aande uit. Ek het nog nooit saam enige iemand anders geskiet wat meer presies en toegewyd is as Johan. Hy is baie deeglik en n uitstekende leermeester met baie jare se ondervinding.
Re: Dankie Prohunter
Posted: Sat Jun 14, 2014 4:32 pm
by prohunt
Baie dankie vir die mooi woorde Piet, maar soos gesê is ek self ook maar nog altyd besig om te leer. Daar is heelwat manne wat my ver voor is.