Page 1 of 1

Watter mounts vir CZ 550 lux

Posted: Wed Jun 11, 2014 8:22 am
by Peruvs72
Hallo
Ek soek bietjie raad van Ouens met CZ's. Ek het een gekoop en wil weet watter ringe en mounts om te gebruik sodat die slot nie pla nie. Wat se teleskoop met watter ringe het julle op? Ek kyk na n paar met x42 en x50 obj lense maar wil weet oor die agterkant ook waar die slot is.
Help asb, ek sit aan die gatkant van die wereld en kan nie heel tyd stad toe ry nie

Re: Watter mounts vir CZ 550 lux

Posted: Wed Jun 11, 2014 8:34 am
by DWB
Warne werk vir my baie mooi.

Ek gebruik die Quick Release mounts wat dieselfde as die normales is, net met 'n ekstra lever by

Re: Watter mounts vir CZ 550 lux

Posted: Wed Jun 11, 2014 9:10 am
by Spanner
Ek het Thor staal ringe en basisse wat my 4.5 - 20 x 50 Burris vas hou. Ek het geen probleme nie. Lynx maak ook nice staal ringe vir die CZ. Beide van hulle kan jy die scope links en regs skuif met Allen screws om die scope mooi in die middel te kry.

Re: Watter mounts vir CZ 550 lux

Posted: Wed Jun 11, 2014 9:13 am
by Gerrie Smith
Thor, Low vir 42mm lens en High vir 50mm.

Re: Watter mounts vir CZ 550 lux

Posted: Wed Jun 11, 2014 9:13 am
by 375fanatic
ek het n stel Thor ringe en basise wat op my 243 Bruno was miskien sal hulle werk

Re: Watter mounts vir CZ 550 lux

Posted: Wed Jun 11, 2014 9:41 am
by gillie
DWB wrote:Warne werk vir my baie mooi.

Ek gebruik die Quick Release mounts wat dieselfde as die normales is, net met 'n ekstra lever by
+1

Re: Watter mounts vir CZ 550 lux

Posted: Wed Jun 11, 2014 11:48 pm
by Peruvs72
So as ek Thor kies moet ek ringe en bassise kry en as ek warne kies net ringe?

Re: Watter mounts vir CZ 550 lux

Posted: Thu Jun 12, 2014 6:17 am
by DWB
Net so

Re: Watter mounts vir CZ 550 lux

Posted: Mon Jul 21, 2014 12:05 pm
by NJ_v_N
Ek het n stel lynx basisse en ringe om my cz550 wat nog nooit enige problem gegee het nie, maar het laas naweek geleer, my scope het net genoeg clicks om tot by 400m uit te kom en ek het toegang tot n 800m baan wat ek graag sal wil benut, weet iemand hier dalk of mens 20min basisse en picatinny rails kan kry vir die 550.

Re: Watter mounts vir CZ 550 lux

Posted: Mon Jul 21, 2014 12:07 pm
by Smitstertjies
Warne ringe op my 30-06 wat 44mm Leupold vashou en Thor ringe op 6.5 wat 50mm Zeiss vashou.

Altwee werk perfek

Re: Watter mounts vir CZ 550 lux

Posted: Mon Jul 21, 2014 12:21 pm
by BennieO
Ek het Warne hoƫ ringe met Nikon Prostaff 4-12x42. DIe slot raak die oogstuk net-net nie. As ek die teleskoop se lens doppies opsit en ek maak die slot oop trek hy die doppie af as ek hom nie vashou nie.