Page 1 of 4
compentency
Posted: Sun Feb 20, 2011 5:42 pm
by james 303
Hi kan iemand my se hoe lank wag jy vir jou bevoegheid as hulle jou bevoegheid aansoek pretoria toe gestuur het of hang dit dit maar af van aansoek tot aansoek tnx
Re: compentency
Posted: Sun Feb 20, 2011 5:55 pm
by theedge
Re: compentency
Posted: Mon Feb 21, 2011 10:42 am
by Christo Els
Geluk en baie baie baie oproepe sodat jy soos 'n vriend vir hulle raak dan hoop jy vir onder 'n jaar
Re: compentency
Posted: Mon Feb 21, 2011 3:04 pm
by JvB
James,
Ek het 'n jaar en twee maande gewag voordat my bevoegdheid goegekeur is, maar wag nog steeds vir my kaartjie. Ek het verlede vrydag my lisensie kaartjie gekry.
JvB
Re: compentency
Posted: Mon Feb 21, 2011 3:49 pm
by james 303
Oproepe na wie toe na my dfo of pretoria self....want my aansoek le nou in pretoria
Re: compentency
Posted: Tue Feb 22, 2011 12:36 pm
by JvB
James,
Ek skakel die call centre nommer om te hoor hoe ver my aansoek is. Die no. (012) 353 6111 (Pta).
JvB
Re: compentency
Posted: Tue Feb 22, 2011 12:42 pm
by Ponkie
Jvb
Dis net so goed jy bel 'n rekenaar as mens daardie nommer bel! Hulle speel elke week vir my daai klassieke musiek vir 15min lank en indien iemand jou uiteindelik help ly dit dieselfde storie! My aansoek le nou al hoe lank by die plek waar hulle vir criminal record check.
Het Oom meer sukses?
Groetnis
Ponkie
Re: compentency
Posted: Tue Feb 22, 2011 1:42 pm
by JvB
Ponkie,
Net soos jy daar se. Alles haak daar vas en dit is nie vir 'n maand of twee nie maar langer.
Ek het al geskakel dan se die persoon dit is klaar gedruk en by die stasie, maar sodra ek die stasie bel dan is dit nog nie daar nie. Ek maak maar dubbel seker voordat ek hul glo. Ja na 'n lang wag en fakse om dit te bespoedig het ek my lisensie laas vrydag gaan afhaal. Die een by die stasie vra my of ek al 'n brief gekry het, ek se nee maar ek het gebel en dit wys dit is hier.
Ek ken iemand daar wat vir my op die stelsel kon kyk waar in die proses was my aansoek.
Hoe lank wag jy nou al?
JvB
Re: compentency
Posted: Tue Feb 22, 2011 3:35 pm
by james 303
Wel ek het ses maande gewag sodat my goed Pretoria toe gestuur moes word...so ja nou begin stap twee...en hoeveel stappe voorentoe weet ek nie so nou kort ek advies om wat volgende te doen of moet ek maar net wag dankie vir jul replies
Re: compentency
Posted: Tue Feb 22, 2011 4:38 pm
by fanie17
James
Daar is n dame majoor in beheer van die bevoegdheid,ek het meer as twee jaar gewag en haar toe gebel,dit sou toe nog agt maande vat.Sy het toe gese ek moet n motivering skryf en vir haar stuur.Ek het toe binne twee maande my bevoegdheid en nuwe lisensies gekry.
Re: compentency
Posted: Tue Feb 22, 2011 6:37 pm
by Ponkie
Jvb
My proses het al in 2009 begin. In Maart 2010 was ek terug geroep polisiekantoor toe vir 'n plek waar die stasiebevelvoerder my nie laat teken het nie! So na regte is my proses eers in werking van Maart 2010 af! Belaglik! Ek het al e-mails gestuur aan 'n sekere Kaptein of iets sonder enige terugvoering! Sit met afgekapte hande!
Re: compentency
Posted: Wed Feb 23, 2011 1:40 pm
by Christo Els
Wel ek het 28 maart 2008 vir myne aansoek gedoen en is 15/02/2011 na pta eers gestuur.
So sak seker nog 'n jaar of 2 wees
Re: compentency
Posted: Wed Feb 23, 2011 1:56 pm
by Stefan764
Ponkie wrote:
Jvb
My proses het al in 2009 begin. In Maart 2010 was ek terug geroep polisiekantoor toe vir 'n plek waar die stasiebevelvoerder my nie laat teken het nie! So na regte is my proses eers in werking van Maart 2010 af! Belaglik! Ek het al e-mails gestuur aan 'n sekere Kaptein of iets sonder enige terugvoering! Sit met afgekapte hande!
Christo Els wrote:
Wel ek het 28 maart 2008 vir myne aansoek gedoen en is 15/02/2011 na pta eers gestuur.
So sak seker nog 'n jaar of 2 wees
Ponkie/Christo
Ek voel vir julle manne. Die GROOT probleem is om die dokumente by jou plaaslike SAPS kantoor weg te kry. Selde het my oorgekom met my pompaksie lisensie op Schweizer Reneke. Het begin 2008 aansoek gedoen en hy is eers Mei 2010 goedgekeur.
Ek verhuis toe mos na PTA so paar jaar trug en 2 weke trug gaan ek Garsfontein Polisiestasie toe om my Bevoegtheid te hernu asook my .22 Mauser se lisensieaansoek in te gee. Kry by die swart dame wat die aansoeke hanteer al die nodige vorms. Dis 7h30 in die oggend. Ek sien haar toe weer skuins voor 3, doen vingerafdrukke en gee als in. Sy plaas dit op die "out" hopie. Twee dae later bel sy my en se daar is n fout op een van my vriende se getuigskrifte. Ek moet dit regmaak en DADELIK vir haar bring, sy wil die goete wegstuur. Ek dink toe, ja whatever, sal dit more doen. Die more is toe n Vrydag en om n lang storie kort te maak vat ek eers Maandag die regte goete vir haar. Toe ek daar kom is sy sommer vies vir my: "Ai mr fouche, why you taking so long??" Sy se toe dat sy die vorige pakkie waarin my aansoeke was al ingevat het en myne kon al mee begin geword het as ek my gat geroer het!! Sy sit hom toe op die nuwe "out" hopie en se ek moenie worry nie, sy vat hulle oormore (daai Woensdag toe) weer weg. DIS MOS NOU DIENS!! Ek moet my hoed afhaal vir haar en haar effort.
Ek wil net een ding by se. Doen moeite om vriendelik te wees met die persoon wat jy mee te doen het. Ek het soveel ouens in dai selle behulpsame Garsfontein stasie gesien wat baie onbeskof raak en dit sommer die dag as hulle die goete ingee. "Julle moet julle gatte roer!" "Hoop nie die een vat ook so lank nie!!" Dai houding gan dai manne net briek. Wees maar vriendelik, dit kos tog niks.
Sterkte manne, hoop julle aansoeke word goedgekeur en sommer gou ook.
Groete
Stef
Re: compentency
Posted: Wed Feb 23, 2011 2:47 pm
by james 303
Ek stem dit is hoekom my goed nou is waar dit is baie geduld en vriendelikheid

ek weet netnie hoe lank hulle gaan vat met die goed in pretoria nie.. ek hoop vinnig ek dink ons almal doen
Re: compentency
Posted: Thu Feb 24, 2011 7:49 am
by JvB
Louis,
Ek het myne by Pta Sentraal ingehandig en nogsteeds meer as 'n jaar daarvoor gewag na ek twee motiverings deur gestuur het na 'n dame Kononel. Ek hoop vir julle ouens met die belofte dat dit nou vinniger sal gaan gaan nie solank wag nie.
My bevoegdheid is goedgekeur maar wag nog vir my kaartjie, maar ek het klaar my lisensie kaartjie gekry. Nou wonder ek net omdat ek net een kaartjie het, mag ek my wapen in besit he en kan hanteer of wat(ek sal moet uitvind).
JvB
Re: compentency
Posted: Thu Feb 24, 2011 8:45 am
by Biltongjagter
Skielik skrik ons plaaslike vuurwapen lisensie kantoor van die SAPD uit hulle jare lange slaap wakker!!!
SMS my dogter om fotos van haar kluis - toe, oop en sleutel - te kom inhandig sodat haar jare lange uitstaande hernuwingsaansoek, afgehandel kan word.
Omdat sy voltyds werk, neem ek die fotos namens haar in SAPD toe. DFO kaptein weier om dit te aanvaar, my dogter moet kwansuis self die goed inhandig en 'n vorm teken.
Bied aan om die vorm te laat be?dig nadat my dogter dit voltooi het en daar hoor ek dat die SAPD nie be?digde vorms aanvaar tensy dit deur die SAPD self be?digd is nie!!!!!!!!!!!!
Net begin dink dinge sal nou vlot nadat gladde jan bothma uitgeskop is, maar lyk my daar is nog vele ander van die sg. gesaghebbendes in die bende van SAPD wat ook die 'boot' nodig het voordat ons kan hoop dinge sal verbeter.
Groete,
Koos.
Re: compentency
Posted: Thu Feb 24, 2011 5:23 pm
by james 303
Ek sal wat gee om myne in die kluis te he...ek sal natuurlik eers die rook uit hom skiet op polish en weer bere tot n volgende sesie ek reken as jy jou lisensie het kan jy jou roer seker maar gaan haal...

Re: compentency
Posted: Tue Mar 29, 2011 2:47 pm
by DWB
Nadat ek vir 2 weke nie kon deurkom na die CFR toe nie het ek toe uit eindelik vandag deurgekom.
Toe s? die knaap nogals in Afrikaans vir my dat my Competency wel in PTA is en dat dit nie meer so lank soos voorheen sal vat nie...
So kom ons hoop van harte dat dit vinniger sal wees. Dit het net 2 maande gevat om van Piet Retief af in Pta uit te kom

Re: compentency
Posted: Tue Mar 29, 2011 6:25 pm
by Ponkie
DWB
Verstaan ek reg? Ek het ook vir die afgelope twee weke nie deur gekom nie, maar het tot nou toe nog nie weer probeer nie... Wens myne kan bietjie spoed kry, wil so graag vir my nog 'n geweer koop!
Dis nou die 0123536111 nommer neh?
Groetnis
Ponkie
Re: compentency
Posted: Tue Mar 29, 2011 9:34 pm
by spekieries
Ponkie
Ek het net so gesukkel om deur te kom , blykbaar die kabels gesteel of iets. Ek probeer defnitief more oggend weer.
Groete
Re: compentency
Posted: Wed Mar 30, 2011 8:46 am
by Andy
Ponky,
Dis nou die 0123536111 nommer neh?
Ek is huidiglik besig met hulle op die foon.
Andy
Re: compentency
Posted: Wed Mar 30, 2011 9:40 am
by DWB
Ja, ek bel ook al vir 3 weke, en het toe ek gister vir die 6de keer bel toe kom ek deur na ek baie lank moes wag......
Dink nie die sisteem werk 100% nie
Re: compentency
Posted: Wed Mar 30, 2011 12:53 pm
by Ponkie
Andy
En wat se hulle? Wanneer het jy jou aansoek ingedien en in dit vir bevoegdheid en 'n lisensie, of slegs bevoegdheid?
Hoop jyt goeie nuus gekry!
Groetnis
Re: compentency
Posted: Wed Mar 30, 2011 7:12 pm
by Andy
Ponky,
My lisensie is die verkeerde kaliber goed gekeur, sukkel nou om dit reg te kry voor hulle hom druk maar dit blyk huidiglik tevergeefs te wees.
Foute kan eers reg gestel word nadat die oorspronklike kaartjie gedruk is.
Maar ek gee nie moed op nie bel alreeds daagliks vir die afgelope jaar en ses maande.
Andy
Re: compentency
Posted: Wed Mar 30, 2011 8:40 pm
by Armand Steenkamp
Andy jy se jy bel al elke dag vir die afgelope jaar en 6maande

Jy verdien n stywe Bells!!
Willi weet wat jou tellefoon rekening moet wees nie!!