Page 1 of 1

155grein Bergers op 308, gee raad asb!

Posted: Fri Feb 18, 2011 11:16 pm
by erx
Hi daar manne
Ek probeer nou al hoe lank met 155 grein Berger punte op my 308 met geen merkwaardige sukses. ??? ???
Kan enige iemand 'n paar pointers gee?

Groete
erx

Re: 155grein Bergers op 308, gee raad asb!

Posted: Sat Feb 19, 2011 8:44 am
by Stefan764
More mater.

Vertel bietjie hoe jy te werk gegaan het en wat jy als verander het al? Lading/TPL ens. Dalk kan ons meer lig op die saak werp.

Moet byvoeg dat sekere punte maar net nie in sekere gewere werk nie. Ek bedoel nie BErgers in 308 nie, ek bedoel daai spesifieke grein Berger in JOU spesifieke 308.

Stef

Re: 155grein Bergers op 308, gee raad asb!

Posted: Sat Feb 19, 2011 9:50 am
by Ponkie
Erx

Wil jy spesifiek die 155gr Bergers gebruik? Ek weet van heelwat ouens wat sukses het met 155gr Match kings, ek inkluis, en dan is die 155gr Palma's ook een wat die manne sukses mee het! Maar Stef is reg, laat ons eers hoor wat het jy al probeer doen? Dan kan ons raad gee daarop...

Hier is BAIE 308 manne! Moet net nie in 'n debat betrokke raak oor 308's wat die beste kaliber is nie.Dit het 'n manier om 'n suur affere te raak!

Groetnis
Ponkie

Re: 155grein Bergers op 308, gee raad asb!

Posted: Sat Feb 19, 2011 10:42 am
by Flip Fouche
Erx

Ek gebruik Sierra Gameking boat tail 150 gr met S341 kruit 46 gr met groot sukses vanaf n springbok blouwildebees tot koedoe.

Hoor wat se Stef

Mooi loop

Flip

Re: 155grein Bergers op 308, gee raad asb!

Posted: Sat Feb 19, 2011 9:11 pm
by IndianLima
Ek het BAIE gesukkel om met Berger se 155gr VLD's reg te kom en na lang gesprekke met Brian Litz (Berger se hoof ballistician) het ek oorgeskakel na die 155.5gr Fullbore. Die punt is glo meer "inherently accurate" en akkurater in meer gewere. Ek seat so 0.020" van die "lands" af en hy werk mooi. Het begin met dieselfde lading as die VLD en toe maar bietjie rondgespeel.

Groetnis
Ivan Lamprecht

Re: 155grein Bergers op 308, gee raad asb!

Posted: Sun Feb 20, 2011 10:11 pm
by erx
Jammer ouens, ek het die verkeerde inligting gegee, dit is 155.5 grein BT Fullbore Bergers.
Dit is nie dat ek spesifiek net dit wil gebruik, maar het dit en wil graag kyk of ek nie kan regkom met dit.
Het al als van 2mm weg van lands tot teen die lands probeer. Hoe nader aan lands hoe wyer die groepering. Ek het erens op die forum raak gelees dat iemand gese het dat Bergers nie daarvan hou te naby aan die lands nie? Willem Botha van die skietwinkel het weer vir my gese teen die lands is die beste?
Ek gebruik net S335 op my 308 vandat ek baie gesukkel het met S341.  Ladings het ek van 42 tot 46 grein probeer.
Moet ek dalk verder van die lands af gaan?

Re: 155grein Bergers op 308, gee raad asb!

Posted: Mon Feb 21, 2011 8:22 am
by IndianLima
Meeste ouens wat ek ken se lading met S335 is hier tussen 42.5 en 43.5. Dit is belangrik dat jou spoed ten minste 2900fps is, anders gaan jy nie regkom nie.

Die punt is ontwerp vir Bisley skiet waar jy ten minste 2900fps nodig het om die 900m teiken bo die "transsonic range" te haal. Die punt se "accuracy node" is dus van 2900fps opwaarts.

Bryan Litz verkoop nou die punte ook in gelaaide koeels. Dis waar ek aan die 0.020" weg van die lands af gekom het. En dit werk!

Hoop dit help.
Baie Groete
Ivan Lamprecht

Re: 155grein Bergers op 308, gee raad asb!

Posted: Mon Feb 21, 2011 2:23 pm
by erx
Hi daar IndianLima
Dankie vir die raad, ek gaan probeer en laat weet wat gebeur.
Watse doppe gebruik die Bryan ou?
Ek eksperimenteer tans met die Lapua doppe teenoor PMP en kry 'n merkwaardige verskil tussen die twee op dieselfde lading en punt diepte.
Soms beter met Lapua, en ander kere gee die PMP doppe 'n kleiner groepering.
Die punte wat ek daar gebruik het is 165 grein Hornady Interlock en 155 Grein Hornady AMAX met baie goeie resultate. Dit wil vir my voorkom of my loop meer van 'n swaarder punt hou? Ek wil volgende die AMAX in 168 grein probeer, maar gaan eers jou raad op die Bergers volg.

Groete
erx

Re: 155grein Bergers op 308, gee raad asb!

Posted: Mon Feb 21, 2011 5:27 pm
by IndianLima
Brian Litz gebruik alleenlik Lapua doppe, hulle kwaliteit in terme van gewig en algemene "uniformity" is net eenvoudig beter.

Die gewig punte wat jou loop wil skiet sal maar afhang van die twist en met watse reamer die kamer gesny is.

Groete
Ivan Lamprecht

Re: 155grein Bergers op 308, gee raad asb!

Posted: Mon Feb 21, 2011 9:24 pm
by erx
Die loop is een van twee Ferlach lope wat my pa jare terug ingevoer het toe hy nog aktief Bisley geskiet het
Hy het toe een op 'n aksie ingedraai en jare met hom geskiet, die ander loop het al die jare in sy kluis gestaan tot ek so jaar terug die loop gebruik het om vir my die geweer te bou. Daar is dus geen ander reamer gebruik op die loop as die een wat Ferlach hom mee gesny het. Die twist is 1 in 15" .
Die Berger pakkie se " For 1 in 13" twist or faster", kan dit dalk die groot probleem wees?

Re: 155grein Bergers op 308, gee raad asb!

Posted: Mon Feb 21, 2011 9:36 pm
by Ponkie
Erx

1 in 15 twist??? My opinie is dan dat die twist eerder kan wees wat die akkuraadheid beinvloed! Is daardie twist nie veronderstel om ligte punte te skiet nie??

Re: 155grein Bergers op 308, gee raad asb!

Posted: Mon Feb 21, 2011 9:48 pm
by erx
As ek dit reg bepaal het, het 14.98 gekry.
Lyk my of hy meer van swaarder punte hou.

Re: 155grein Bergers op 308, gee raad asb!

Posted: Mon Feb 21, 2011 9:55 pm
by fanie17
Maak net seker die loop is 1 in 15.Ferach lope was die stadigste gewoonlik 1 in 14.Ek het so n loop op n 30-06 en hy stabiliseer 150 gr.Ek dink jou koels is te swaar.

Re: 155grein Bergers op 308, gee raad asb!

Posted: Mon Feb 21, 2011 10:03 pm
by Arnold
vgl bietjie die lengte van die koeels. Die korter koeel sal makliker stabiliseer ongeag sy gewig.

Re: 155grein Bergers op 308, gee raad asb!

Posted: Mon Feb 21, 2011 10:08 pm
by erx
Nog dom met die twist storie.
Wat werk gewoonlik saam, vinniger of stadiger twist met swaarder of ligter punte?
Sal net weer seker maak of ek die twist reg bepaal het.

Re: 155grein Bergers op 308, gee raad asb!

Posted: Mon Feb 21, 2011 10:16 pm
by fanie17
Vinniger twist swaarder punte,stadige twist ligter punte,Ek het n program wat as jy sekere mates insit se wat die beste twist vir n sekere punt is,dit is hoe ek die twist van my een 30-06 bepaal het ek wou spesifiek 150gr Rhinos skiet.Dit het gewerk.

Re: 155grein Bergers op 308, gee raad asb!

Posted: Mon Feb 21, 2011 10:45 pm
by JOHANNIC
Erx
Die regte manier is hoe langer die koeel hoe vinniger twist,hoe korter die koeel hoe stadiger twist,hoop dit help
Met n vinnige twist kan jy ook korter(ligte) koeels skiet die probleem is met n stadige twist is jy beperk tot ligte(kort)koeels
Groete johan

Re: 155grein Bergers op 308, gee raad asb!

Posted: Tue Feb 22, 2011 10:52 am
by erx
Thanks manne, dit werp baie nuwe lig op die probleme wat ek al ondervind het.
Daai Bergers is 'n mo#$se lang punt! Die 165 Hornady Interlocks is 'n relatiewe kort punt en ek het my beste resultate ooit met hulle gekry.
Lyk my ek moet 'n slag bietjie ligter punte try, enige voorstelle?

Re: 155grein Bergers op 308, gee raad asb!

Posted: Tue Feb 22, 2011 11:03 am
by Arnold
Probeer 'n paar 125 gr Nosler BT koeels of die 110 gr V-max, hulle behoort te werk  ;)

Re: 155grein Bergers op 308, gee raad asb!

Posted: Tue Feb 22, 2011 12:37 pm
by Ponkie
Oom Arnold

Ek stel ook dit voor! Dit is mos reg as ek se dat 'n 1 in 15 twist baie minder gaan hou van 155gr punte as wat 'n 1 in 10 twist van hulle sal hou. Hoe langer die twist, hoe ligter punt moet jy gebruik...?

Groetnis
Ponkie

Re: 155grein Bergers op 308, gee raad asb!

Posted: Wed Feb 23, 2011 7:42 pm
by swc-tr
erx wrote: Die loop is een van twee Ferlach lope wat my pa jare terug ingevoer het toe hy nog aktief Bisley geskiet het
Hy het toe een op 'n aksie ingedraai en jare met hom geskiet, die ander loop het al die jare in sy kluis gestaan tot ek so jaar terug die loop gebruik het om vir my die geweer te bou. Daar is dus geen ander reamer gebruik op die loop as die een wat Ferlach hom mee gesny het. Die twist is 1 in 15" .
Die Berger pakkie se " For 1 in 13" twist or faster", kan dit dalk die groot probleem wees?
ERX
Ek skiet al amper vir 30 jaar Bisley, het so 'n bietjie ondervinding ook met Ferlach lope. Die manne is korrek, al die ou Ferlach lope (79 - 85, J337, reeks nrs) wat ingevoer was spesifiek vir Bisley doeleindes het 1-14" twist gehad. Die lope was ook deur Ferlach gekamer met die gewone kommersiele .308 Win jaggeweer kamer (CIP spesifikasies), dus gaan jy die koeels redelik lank moet laai om naby die groewe te kom. Watter reeks loop het jy, en uit nuuskierigheid, wie is jou Pa, in watter omgewing het hy Bisley geskiet?


Tov die Berger 155.5gr Fullbore, die geweer moet maar vir jou wys van watter sprong hy hou. Probeer gerus ook S355 dryfmiddel.

Re: 155grein Bergers op 308, gee raad asb!

Posted: Tue Mar 08, 2011 8:31 pm
by mosselv
Hallo daar

Ek wil net weet ek het nie my .308 lank nie maar gaan gemsbok met Ha skiet in April.
EK gaan vir my 150gr pnp punte laai en ons gaan seker so 200m skiet voor sien enige iemand probleme

Dankie Andre

Re: 155grein Bergers op 308, gee raad asb!

Posted: Tue Mar 08, 2011 10:16 pm
by fanie17
Maak sy gat warm ,en stel hom in op 150 of 200 m Watse koels gaan jy gebruik.