Page 1 of 1

Dis bitter koud buite en.............

Posted: Fri Jun 06, 2014 8:49 am
by Dolf014
......ek slaap vanaand in die veld; oor 'n koedoe jagtery. :(
My jagmaat is 66jaar oud en hy het my gisteraand maak verstaan "jy is 'n ckicken as jy nie saamgaan nie"
So; nou gaan ek saam.

Ek sal Maandag vir julle mooi fotos van die oom se jag jeep opsit. Ek dink hy is enig in sy soort.

Wie van julle slaap ook die naweek in die veld??

Re: Dis bitter koud buite en.............

Posted: Fri Jun 06, 2014 8:50 am
by VdWalt
Dolf014 wrote:......ek slaap vanaand in die veld; oor 'n koedoe jagtery. :(
Kla jy of brag jy?!?!?

Geniet dit.

Re: Dis bitter koud buite en.............

Posted: Fri Jun 06, 2014 9:00 am
by Johnnie De Wet
Hier gaan jy nie simpatie kry nie, net jaloesie... :laugh:

Geniet dit!

Re: Dis bitter koud buite en.............

Posted: Fri Jun 06, 2014 6:50 pm
by Hennie Dreyer
Johnnie - daai avatar van jou!!!!
Wou jou al gese het...die eerste keer het ek my 'antivirus' 'gestart' want ek het nie geweet wat ek sien nie ++>:
Om terug te kom by die koedoe jag....wens ek was so bevoorreg....koud of nie

Re: Dis bitter koud buite en.............

Posted: Mon Jun 09, 2014 1:07 pm
by Dolf014
Ek het dit oorleef. My jagmaat oom Wessel het sy koedoebul gekry. Ek het darem lood gegooi op jong varkie. Ek het die fotos van oom Wessel se Willys op n ander post gelaai.