Page 1 of 1

Antwoord op boodskappe en navrae

Posted: Fri Feb 18, 2011 8:27 pm
by tewis
Goeiedag aan al die Forumgangers.  Dit is so dat ek baie min op die forum inskakel met goeie rede. Ek gaan nie daaroor uitwei nie aangesien ek nie kritiek wil h? nie. Dit is vir my makliker om weg te bly. Indien dit nou ook die resultaat sal h?, kan my naam gerus van die Forum geskrap word.  As persone my toerusting wil koop is dit hul eie besluit en keuse. Indien die verkoop en gebruik van my produkte onderhewig is aan my inskakeling op die forum wil ek graag vra of Foxpro ook op die Forum inteken? My diens en vriendskap bly onveranderd. Dit is ook duidelik dat daar vele kritiek was oor Johan van Schalkwyk se kennis en aanbieding van kursusse. Daarom onttrek ek maklik. Ek het intussen getrek na Ladismith, wes Kaap en dit gedurende November en Desember. (met die doel om meer Jakkase en Rooikatte te jag, wat ook baie goeie resultaat sov?r het) Dit is vir my 'n plesier om oplossings te soek en te vind vir die jag van probleem diere, en ek sal dit graag deel....verkieslik sonder aanvalle. Dit is dan julle keuse. Ek sal meer en gereeld inskakel met goeie terugvoer, sonder om produkte te adverteer, of alternatief, verwyder gerus my lidmaatskap.
Aan Louis wil ek tog vra of daar enige manier is waarop ek hom 'n nuwe CD in sy hand kan besorg eerder as die poskantoor.  Hy het my laat weet dat hy die vervangde CD ontvang het, met die skok dat dit 9 maande geneem het.  Ek het dadelik aan hom 'n booshap gestuur om die datumstempel op die pakkie te inspekteer. Dit sou bewys dat ek dadelik op sy aanvanklike klagte 'n nuwe CD gestuur het. (Ek was sederdien twee maal in Namibi? en kon maklik vir hom 'n CD afgegee het as ek net geweet het) Ek het op dieselfde datum 'n posstuk getsuur na Helmeringhausen, wat 4 maande geneem het.  Ek sal dit nie weet as die mense my nie terugskakel om navraag te doen nie.  Ek stuur baie toerusting en kan nie almal se eindbestemming ontvangs daarvan nagaan nie.
Aan iemand wat gevra het aangaande waarborge...my aanbod  bly onveranderd..  Indien ek 'n foutiewe produk stuur sal ek dit gratis vervang. Geeneen waarvan ek weet, insluitende Pieter van Niekerk, het 'n onopgeloste probleem nie.
Ek het baie waardering, respek en waardering vir die mense van Namibi?. Ek is baie jammer vir die moeilike vervoer/transport situasie. Ek het al baie skade en verliese daardeur gely, wat ek ook nooit terugkry nie.
Groetnis.
Tewis.

Re: Antwoord op boodskappe en navrae

Posted: Fri Feb 18, 2011 9:10 pm
by .220 Swift
Hoop jy bly op die forum Tewis - ek luister en leer graag by enige ou wat my iets kan leer.

.220 Swift

Re: Antwoord op boodskappe en navrae

Posted: Sat Feb 19, 2011 12:17 pm
by Foxcreek
Tewis

Ek het die roeper in die OTA IV lucky draw gewen. Ek het dit binne dae ontvang nadat ek 'n e-mail aan julle gerig het. Baie dankie, hy werk oos 'n bom.

Die swivel skiet sakkie wat ek gewen het, van Bossies in Windhoek, sukkel ek mee. Ek kannie soontoe bel, want ek het nie 'n landlyn nie en my snelfoon het nie roaming nie, het ook nie hulle e-mail adres nie.

Lyk my die oorgrens ding is maar 'n neukery.

Re: Antwoord op boodskappe en navrae

Posted: Sat Feb 19, 2011 1:21 pm
by Nico Harris
Hi Tewis! ek jag nie jakkalse nie en gebruik ok nie roepers nie! ek wou maar net se dat die ouens op die forum kritiek maar meestal goed en positief bedoel vir die verbetering van JOU produk. sien dit asb in daardie lig! die min gevalle waar daar n persoonlikke aanvalle op jou gemaak word sal ek voorstel om maar eerder maar net profesioneel te bly van jou kant- mens baat maar die meeste daar uit ;) ek glo jy is n aanwins vir die forum en ek wardeur mense soos jy wat vir ons lokaal produkte te maak wat goedkoper is as die ingevoerde goed!
alle sterkte met jou nuwe begin in Ladismith!

groete

nico

Re: Antwoord op boodskappe en navrae

Posted: Sat Feb 19, 2011 6:42 pm
by Christo
Harris30-06 wrote: ......... sal ek voorstel om maar eerder maar net profesioneel te bly van jou kant- mens baat maar die meeste daar uit ;) ek glo jy is n aanwins vir die forum en ek wardeur mense soos jy wat vir ons lokaal produkte te maak wat goedkoper is as die ingevoerde goed!
alle sterkte met jou nuwe begin in Ladismith!
AMEN

Re: Antwoord op boodskappe en navrae

Posted: Sun Feb 20, 2011 5:28 pm
by frinam
Foxcreek, stuur asb 'n pm aan my en verduidelik wat die probleem is met Bossies se skietsakkie is wat jy tans ondervind. Ek waarborg dit sal binne 1 week uitgesorteer wees. Ons manne in Duitswes maak reg, ons teem en verdedig nie!!! Jy kan my ook skakel by
00 264 81 129 1295. Ek sal sorg dat die eienaar van Bossies jou persoonlik kontak. Groetnis-Frinam

Re: Antwoord op boodskappe en navrae

Posted: Sun Feb 20, 2011 6:36 pm
by Foxcreek
Manne

Ek het 'n flater begaan en moet dit nou regmaak.

Ek het die kat behoorlik aan die gat beetgehad met die borg van die Foxpro caller wat ek met die lucky draw gewen het(en Louis het dit nogal in groot swart letters by OTA IV opgesit). Ek het hierbo vir tewis bedank. Ken die man van geen kant af nie en ek moes vir Allan Truter en Judy bedank het.

Kan een man nou so deur die wees. Sorry Allan. Judy het my so flink gehelp ek kan julle vir goeie diens by almal aanbeveel. Daai masjien werk mooi.

Frinam

Hoe sterk kom julle Namibiers se mooi harte uit. Baie dankie vir jou hulp wat jy aan bied. Louis het gese hy sal kyk of die manne van Burgersdorp(Britsman en Biker) dit kan afbring republiek toe en dan sal ek dit by hulle kry.

Ek sal jou defintief kontak as die planne nie so uitwerk nie.

Baie dankie.

Foxcreek.

Re: Antwoord op boodskappe en navrae

Posted: Mon Feb 21, 2011 11:47 am
by namhunt
Foxcreek

Jy kan vir Johan 'n Mail stuur by welbos at mweb dot com dot na. Hulle het agente in SA ook, meskien kan hy reel dat jy sommer van daar af gehelp word.

Groete
Daan

PS as jy sukkel pm kan jy my ook pm. Ek sien hom gereeld.

Re: Antwoord op boodskappe en navrae

Posted: Mon Feb 21, 2011 5:22 pm
by Foxcreek
Namhunt

Jissie, maar julle Nam-ouens is gaaf. EK moet net terughou of ek verkas soontoe veral na die klomp donders hier op die plaas aant stake is. Hulle vreet dik en slaap droog en warm, maar en kla die moet hulle.

As Britsman of Biker nie hulle draaie kry om die skietsakkies af te bring republiek toe nie sal ek jou, Frinam of Johan kontak. Ek weet dis min, maar so kan 'n man 'n paar sente spaar op posgeld.

Weereens baie dankie vir allie vriendelike en hulpvaardige manne van Nam.