Page 1 of 1
Buris Eliminator en 375
Posted: Wed Jun 04, 2014 7:54 pm
by grumpy
Sal die Buris Eliminator werk op n 375 of is die recoil te erg?
Re: Buris Eliminator en 375
Posted: Wed Jun 04, 2014 9:38 pm
by SV MAD (Henk)
Volgens burris sal,hy werk. Op hul balistiese tabelle wat saam met die scope,kom is 375 h en h en ruger gelys, asook al,die verskillende,greine wat mens kan kry. So ja, ek reken hy sal werk
Re: Buris Eliminator en 375
Posted: Thu Jun 05, 2014 5:30 am
by Piet Breedt
My ondervinding met die Eliminators dui daarop dat die "mounting clamps" waarmee die scope op die geweer gemonteer word nie opgewasse is teen die recoil van die groot kalibers nie. Ek het twee ouens probeer help met .375's, maar nie een kon regkom nie. Hulle het toe dieselfde scopes op kleiner kalibers, .30 06 ge monteer sonder probleme. Dus was dit beslis nie die scopes wat uitskop en nie zero kon hou, maar beslis die tingerige mounting clamps.
Dit is maar my ervaring. As iemand anders meer geluk daarmee gehad het sal ek graag daarvan wil hoor.
Re: Buris Eliminator en 375
Posted: Thu Jun 05, 2014 7:14 am
by Jean Marais
Ja Piet. Ek het nou nie eerstehandse ondervinding nie, maar ek stem nogal saam met wat jy sê. Die Eliminators is nogal swaar scopes, en as gevolg van die gewig gaan die recoil van die swaarder kalibers beslis een of ander tyd probleme veroorsaak. Gaan alles oor die momentum tydens recoil.
Re: Buris Eliminator en 375
Posted: Thu Jun 05, 2014 7:53 am
by grumpy
Baie dankie vor die antwoorde.
Ek het oorweeg om een in te bring maar sal die Nikons maar op los. Hulle werk. Daar word mos gesê, moenie iets reg maak as dit reg is nie!!
Re: Buris Eliminator en 375
Posted: Thu Jun 05, 2014 4:36 pm
by Jean Marais
Grumpie, as jy natuurlik 'n demper opsit wat die terugskop heelwat verminder, sal hy dalk mooi werk. Doen egter maar eers behoorlike navorsing hieroor.
Re: Buris Eliminator en 375
Posted: Fri Jun 06, 2014 1:56 pm
by grumpy
Ek het n KD op maar sal liewer nie die kans vat en geld weggooi nie!
Re: Buris Eliminator en 375
Posted: Fri Jun 06, 2014 1:58 pm
by Jean Marais
Dis dalk die wysste besluit.