Page 1 of 1

steyns vaaldam

Posted: Tue Jun 03, 2014 8:53 am
by Martin1
??? Goeie more aan al die manne op die forum
Ek wil eers begin om tese als gaan baie goed met my
En die huis gesin en ek hoop en wens die selde vir julle.

Manne kyk ek wil maar net hoor of iemand my kan help
Met n paar tips / advies oor steyns vaal dam. Ons hengel
N klubkom die komende saterdag en ek het in my lewe nog
Nooit die vaal dam ge hengel nie. Ek weet niks van daar die
Waters af. of watse tiepe aas daar werk nie.

Ek sal dit baie wardeur as julle my kan adviseer

Dankie en groete
Martin jacobs

Dit sal dalk vir my makleker wees om oor whatsapp tepraat
My nommer is 0765091703

Re: steyns vaaldam

Posted: Tue Jun 03, 2014 9:05 am
by musgrave270
Martin

Ek self het nog nooit in die vaaldam gehengel nie, maar omdat jul kompetisie hengel, sal ek hom benader soos enige ander dam. Hou by die basics.
Die water is koud, so die visse gaan in die dieper water wees, maar jy begin mos een stok vlak, een stok diep.
Ek sou met neutrale ase begin het, een stok plain, ander stok dalk 'n banjo, hasbeen ens.
In koue omstandighede het ek gevind dat skerper geure beter werk. Veral iets soos Almond supreme, gumtree, ens.
Koue gaan maak dat die visse minder aktief is, so wees geduldig. Stok kan maklik to 1uur lank lĂȘ.

Reeds omdat visse traag is om te byt in die koue, sal ek dalk so 10 of 15 voerbolle gooi as die hooter blaas net om die voerkol aan die gang te kry.

My 2c

Sterkete met die kompetisie, laat weet hoe dit gaan

Groete

Ruan

Re: steyns vaaldam

Posted: Tue Jun 03, 2014 12:35 pm
by Lourens Potgieter
Martin, Steyns was baie lank my gunsteling oewer by die Vaaldam.Die plaas was egter toe vir hengel vir so paar jaar.Die dam was leeg, bossies het gegroei, en die dam is weer vol.Dit maak dat die hengelaars baie vassit.So maak reg daarvoor.Dis beter om 10 byte te kry en 5 vis te land as om 50 byte te kry en 2 te land(het gebeur in die laaste paar maande)....

Eerstens, sorg dat jy paar spoele het met 10 pond lyn op, as jy soos ek 5 en 7 pond lyn hengel.Maak vir jou paar stroppe met 10 pond hoeklyne, en bietjie groter hoeke(ek gebruik 0.8 Fear None hoekies, maar gaan oor nr1 toe as ek vassitplek kry).Ek sou sommer van die begin af net een hoek op 'n strop hengel.Dis koud, so die kans dat jy klomp muddies gaan vang is baie klein, en daarom sal jy nie maklik 2 op 'n slag vang nie(Steyns is bekend daarvoor in die somer).hengel so lig as moontlik.M0 gewig.Hengel een stok vlak(60 meter) en ander stok 110, jy kan as jy wil M1,5 gooi daar om die afstand gemaklik te kry, ek is nie seker hoe lyk jou gooie nie.Clip maar op altwee afstande in.

Aas:Ek hengel seker 90% van die tyd net vampire bleeding float, met 'n fyn degie agter.As jou tempo optel kan jy net die klein floatie op die hoek sit.Hengel ander stok net fyn degie, so tel jy vinnig op of die vis floats of deeg soek.

Dips:Bass(As jy nie het nie, Spyker of MLX van MG, dis sterk garlic dip met baie floro in) saam met Petite Janine(coconut basis, word deur Original gemaak)/.

Devilsfork/FX/Rooi GP

Vicks/Looti(spuit eers vicks, flood dan die bol met die looti)

Dan maak Champion 'n dip met die naam Onion.Doen jouself 'n guns en skaf dit aan.Dis 'n sout basis uie dip, nie soet soos ons altyd hengel nie.Jy kan dit saam met enige van die bogenoemde dips gooi, gee mooi vis die laaste ruk, en spesifiek by Steyns.


Ons het met die GN proewe so bietjie meer as 'n maand terug tot 90 minute gewag voor karp die aas optel.Hou maar dop wat gebeur om jou, help ook nie jy wag so lank en die manne om jou vang elke 10 minute vis nie, dan is iets fout.

As jy nog vrae het, kom registreer op http://www.papgooianonymous.co.za, ek is admin daar, daar is heelwat hengelaars wat die Vaaldam gereeld hengel.

Sterkte en laat weet hoe dit gaan!