Goeie naand Oom Pieter, ek ry nog nie op my hings nie, die perd is ongelooflik sterk , ons trek nou sy kop teen die bors in en my groot vriend Chris Moolman ry hom nou eers, maar met die ingetrekte kop het hy nou die dag nadat ons hom moeg teen `n kop uitgery het om beeste te gaan haal in die veld nog steeds in die lug ingespring, seker so drie , vier keer met geweldige spoed,
Chris het deur al die geweldige spronge gelukkig vas bly sit in die saal, as ek op die hings was sou hy my baie seer gemaak het, ek loop nou nog met `n swelsel aan my linker bo-been soos wat hy my so twee maande gelede gegooi het...ons werk maar staig met hom, Chris het besluit dat hy volgende maand as dit kouer is hier by ons die hings te laat kastreer, dit behoort van sy onvoorspelbaarheid te verminder...
ons ry omtrent elke middag perd, ek nou nog op `n baie sterk en lewendige merrie , maar ek behoort nadat die hings gesny is en gesond is op hom te begin ry...ons wil nie onnodig seerkry nie, op my ouderdom herstel `n man maar stadig...

Ek het vanmiddag weer met hom gaan loop in die kamp, hy is regtig `n baie mooi hings, ongelooflik sterk, as ek hom roep kom hy na my toe, dit gaan elke dag beter ...
Ek hoor weer van Oom Pieter