Page 1 of 1

teleskoop lens

Posted: Sat May 31, 2014 2:47 am
by NicoSmit
Wil net weet hoe kan ek die lense van 'n scope skoonmaak sonder wat vol stof is om dit te krap

Re: teleskoop lens

Posted: Sat May 31, 2014 6:07 am
by Carel Kolesky
Lenspen van Leupold of Lynx of kry by die brilmakers hulle vloeistof/lappie produk-albei werk goed en jy hoef nie daarvoor die bank te breek

Re: teleskoop lens

Posted: Sat May 31, 2014 7:23 am
by Pvdw
Nico as jy by die huis aan jou geweer werk en skoonmaak sou ek voorstel dat jy die los stof liggies met 'n kompressor afblaas vir 'n begin. Jy sal verbaas wees om te sien hoeveel stof so afkom. My lenspen het so lekker sagte kwas aan die agterkant. Ek vee die lens liggies met hom en blaas hom weer. Slegs as ek sien dat ek nie meer stof so kan loskry nie gebruik ek die lenspen.

Ek glo dat daai los stof die lens sal krap as ek sommer net so inklim met die lenspen of selfs sagte lappie. Dis maar hoe ek dit doen.

O ja, maak net seker jou kompressor se lug het nie vog of olie in nie. Dit gaan nie snaaks wees as jy daai HD5 so blaas en jy sien hoe sit die fyn olie spatsels op die lens nie.