Page 1 of 1

wat is die beste

Posted: Thu May 29, 2014 10:42 am
by 375fanatic
hier is die scenario:

7 x57 meestal bos jag en bietjie baan skiet

maksimum 4-12 vergrooting scope met gewone kruis haar

ek soek iets duidelik met n budget van R5000

wat sal jy voorstel en hoekom

Re: wat is die beste

Posted: Thu May 29, 2014 10:47 am
by FCLoretz
Rudi as jy bietjie vroeer gevra het sou ek gese het die Zeiss Terra wat S&O by hulle Rivonia tak op special gehad het. EK dink nie jy sal beter waarde vir geld gekry het nie.

Re: wat is die beste

Posted: Thu May 29, 2014 10:49 am
by 375fanatic
hoe is die Zeiss het enige iemand bietjie terug voer

Re: wat is die beste

Posted: Thu May 29, 2014 10:50 am
by win270
As jy bereid is om 2de hands te koop, soek beste Zeiss, Leupold, Lynx wat jy in die hande kan kry. Maak ook seker van naverkoopdiens in jou kontrei.

Re: wat is die beste

Posted: Thu May 29, 2014 10:55 am
by FCLoretz
Rudi kyk gou hier

http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=171&t=32436

laaste kans ek sal plan maak as ek jy is

Re: wat is die beste

Posted: Thu May 29, 2014 11:02 am
by win270
Dit lyk of die teleskope onder R5,000 reeds uitverkoop is by S&O, Rivonia, Frederick.

Re: wat is die beste

Posted: Thu May 29, 2014 11:13 am
by FCLoretz
Christo ek weet die NIghtforce is reeds uitverkoop, maar ek dink die beste is dat Rudi hulle bel en hoor

Re: wat is die beste

Posted: Thu May 29, 2014 11:19 am
by 375fanatic
dankie julle wardeer

daar is n noodgeval waarvoor ek moet uit jaag daar het n trop varke my pel se mielies aangeval . daar is al 20 mielies opslag dood ek gaan net gou die situasie ontlont

Re: wat is die beste

Posted: Thu May 29, 2014 11:20 am
by FCLoretz
Hahaha,

Geniet dit. fotos of dit het nie gebeur nie

Re: wat is die beste

Posted: Thu May 29, 2014 11:21 am
by win270
Looi daai varke!!

Re: wat is die beste

Posted: Thu May 29, 2014 11:33 am
by Wouter Roets
Rudie

Los daai otte en koop daai Zeis want dit is n ongelooflike deal. Met daai prys sal mens sweer n mens het n Oom in die jagbedryf!

Groetnis
Wout

Re: wat is die beste

Posted: Thu May 29, 2014 3:39 pm
by Johan Nel
Wouter Roets wrote:Rudie

Los daai otte en koop daai Zeis want dit is n ongelooflike deal. Met daai prys sal mens sweer n mens het n Oom in die jagbedryf!

Groetnis
Wout
Oom immelmanw, 'n kleinneef van Joshua Doore... O0

Re: wat is die beste

Posted: Thu May 29, 2014 8:06 pm
by tgg
Ludwig wrote:In daai prysklas sou ek na een van Rudolph se scopes gekyk het. Die wat ek al gesien het, het my baie beindruk vir dit wat jy betaal en spesifiek vir dit wat jy noem dink ek dis 'n baie goeie opsie.

rudolph se optics en my oe sukkel maar bietjie in die nag en skemer, moes myne maar verkoop

Re: wat is die beste

Posted: Thu May 29, 2014 9:00 pm
by Dries101
375fanatic wrote:hier is die scenario:

7 x57 meestal bos jag en bietjie baan skiet

maksimum 4-12 vergrooting scope met gewone kruis haar

ek soek iets duidelik met n budget van R5000

wat sal jy voorstel en hoekom
Ek het nou die dag staan en loer deur die Terra en monarch 2.5-10. Die monarch voel ligter en helderder. Oogboks is ook beter op max vergroting. Maar hulle is genuine baie dieselfe. Dink jy kan die monarch vir 4k op die regte plek optel. Dan natuurlik moenie n vx2 leupold weggooi nie. Daars nie veel te kies tussen daai 3 nie. Vir die 7 mm soek jy iets klein en lig en 9-10 by is great vir die bos en 100 meter baan skiet. Ek sou die een kies wat die mooiste op die geweer gaan en nie jou balans omverwerp as jy uit die vuis uit skiet nie. Dis lekker om keuses te he. Die zeiss of hy mooi sal gaan op n geweer met n laminate kolf en die ander twee gaan nou weer mooi lyk op n houtkolf geweer

Re: wat is die beste

Posted: Fri May 30, 2014 8:48 am
by 375fanatic
Dankie vir raad manne

ongelukkig geen geluk nie die een vark was mooi in die scope gewees maar gelukkig vir hom aan die verkeerde kant van die draad .

ons het toe maar die mielies begrawe toe een se prokureur opdaag en se ons het n halwe kas branewallie geerf ek moet se ons het toe maar hulle lewens ge celebrate en sommer my pel se verjaarsdag ook .

my vrou sukkel nou nog om te verstaan hoe die rou diens eers 00h30 kan op hou toe se ek sy gaan my anyway nie glo as ek verduidelik nie sy moet maar die caterers bel dis hulle wat so laat bedien het

Re: wat is die beste

Posted: Sat May 31, 2014 10:27 pm
by Piet Breedt
Kyk gerus na n Burris Fullfield II 4.5 - 14 X 42. Dit is wat ek op my bosved geweer gebruik en is regtig baie beindruk met hulle. Hulle kos minder as jou budget.

Re: wat is die beste

Posted: Sat May 31, 2014 11:33 pm
by koos
Naand Piet.

Wat is jou opinie van die Burris Four X 3-12x56 ?

Re: wat is die beste

Posted: Sun Jun 01, 2014 6:29 am
by Rudie
Daai Burris FF scopes is regtig baie goeie waarde vir geld.

Re: wat is die beste

Posted: Fri Jun 06, 2014 6:59 am
by Reggie Gerber
Koos

Ek het so burris met die illuminated kolletjie. Werk baie lekker dag en nag

Reggie

Re: wat is die beste

Posted: Sun Jun 15, 2014 8:42 pm
by Sandban(g)k
Ek soek ook iets vir my 7x57. Probeer myself nog ompraat om langer te spaar en maar n Swarovski Z3 te kry.

Ek het nie fancy verstellings en goed nodig nie, so gaan eerder vir kwaliteit lense. Dalk is ek net onnosel...

Re: wat is die beste

Posted: Tue Jun 17, 2014 5:44 am
by Swys14
ek self het 'n Vortex Diamondback 4-12x40 op my 7x57 en die kombinasie werk mooi.

daai combo het sy eerste Hartebees en Gemsbok gevat die jaar

Re: wat is die beste

Posted: Fri Jul 25, 2014 10:00 am
by Fluffa
Hallo Sandban(g)k,

Ek het tot dusver goeie resultate met 'n Nikon Prostaff 4-12x40 op my 7x57 Oberndorfer. Mooi beloon met 'n rooibok ram op 230m. Gewone Nikoplex reticle, geen parallaks, baie goeie beeld. Die skoot was nog taamlik vroeg, seker 10 minute na son opkoms.

Goeie waarde teen R2,400 by Zimbi

Groete Fluffa

Re: wat is die beste

Posted: Sun Jul 27, 2014 6:15 am
by Sandban(g)k
Fluffa

Baie dankie. Ek het maar hierdie naweek oe toegeknyp en n Swarovski Z3 gekoop...