Page 1 of 1

Hoe laat uitgaan vir Jakke

Posted: Wed May 28, 2014 7:27 pm
by Spekboom
Naand alle Jakskieters

As die jakkalse al hier rondom sesuur in die middag al begin roep, hoe laat moet ek uitgaan om te gaan soek?
Dit klink soos `n hele paar bymekaar.

Groete

Re: Hoe laat uitgaan vir Jakke

Posted: Wed May 28, 2014 8:20 pm
by uitenwaj
Naand

Ek persoonlik gaan eers in die veld in as dit klaar donker is en die son nie meer die omgewing belig nie. As jy die jakklas kan sien kan hy jou ook sien.

Re: Hoe laat uitgaan vir Jakke

Posted: Wed May 28, 2014 8:24 pm
by jak101
Hallo Spekboom

Jakkalse loop al van vroegaand af rond, sommer nog voor die son sak. As jy wil nagroep doen kan jy begin uitgaan met skemer. Het al jakkalse geskiet oppad na die plaas waar ek moet gaan roep in die "grootpad" terwyl die lig nog nie regtig 'n witkol maak nie. Moet ook noem dit is veral so in die jongjakkals tyd.

Angus

Re: Hoe laat uitgaan vir Jakke

Posted: Wed May 28, 2014 9:44 pm
by Cobus(Cobb)
Het al terwyl ek bakkie regkry 'n jak gerol wat kom kyk het.
Het al 'n paar gerol terwyl ek sit en wag vir die son om te sak.
Ek wag maar vir vlekkie om eerste te roep....dan raak ek besig...dat was al enige tyd van 4pm tot sonsak toe. Sit maar net doodstil, en kyk met aandag rond...dis so amper 'n semi dagroeppie.
Die is nou Gauteng se vlekke...hulle is half en half gewoond aan bakkies en trekkers ens.
Karoo goeters moet jy maar by die kenners hoor.

Net my bietjie 2c

Re: Hoe laat uitgaan vir Jakke

Posted: Thu May 29, 2014 7:05 am
by Blackie Swart
More Spekboom. Ek gaan gedurende daglig uit na my staanplek toe. Sit dan als reg maar roep niks nie. Sit net doodstil en doen opservasie oor die terrain.Sodra die son begin wegraak oor die rante, begin ek die roeper laat praat. Soms as die jakkies self begin praat dan antwoord ek hulle en begin roep.Doen dit veral in die moeilike areas Deur gedurende die dag op te stel maak ook dat wanneer die son sak, die veld nie versteur is nie en jy kan jou staanplek goed deurkyk en seker maak als is reg.
Groete
Blackie

Re: Hoe laat uitgaan vir Jakke

Posted: Thu May 29, 2014 8:06 am
by Katefbessie
Blackie Swart wrote:More Spekboom. Ek gaan gedurende daglig uit na my staanplek toe. Sit dan als reg maar roep niks nie. Sit net doodstil en doen opservasie oor die terrain.Sodra die son begin wegraak oor die rante, begin ek die roeper laat praat. Soms as die jakkies self begin praat dan antwoord ek hulle en begin roep.Doen dit veral in die moeilike areas Deur gedurende die dag op te stel maak ook dat wanneer die son sak, die veld nie versteur is nie en jy kan jou staanplek goed deurkyk en seker maak als is reg.
Groete
Blackie
Doen presies dieselfde!

Re: Hoe laat uitgaan vir Jakke

Posted: Thu May 29, 2014 8:40 am
by Spekboom
Gaan dit ander jakkalse afskrik as ek die een doodmaak wat voor donker loop in daai omgewing.

Re: Hoe laat uitgaan vir Jakke

Posted: Thu May 29, 2014 8:52 am
by cassie_calvinia
onthou, jy kan maar uitgaan as dit nog lig is, maar as 1 jakkals jou sien, sal hy nie inkom nie.
dalk in die Transvaal, maar nie karoo jakkals nie.
ry as dit skemer is, as die lig net reg is vir oe optel, en, as dit donker is, is jy net mooi op jou staanplek