Page 1 of 1
230gr berger vir 300wm lading help
Posted: Wed May 28, 2014 3:39 pm
by regal
Ek hoop die slim manne op die forum kan my asb help met 'n lading vir die volgende
Geweer cz 300wm, 1:10, 24"
Punte - 230gr berger hybrid target
doppe - norma h20 92.8gr
primers - winchester magnum (WLRM)
coal/tpl - kort bietjie advies hier, geweer het nogal n lang kamer ek kan n max coal van 96.88mm kry op die patroon, gedink ek sal hom teen 95.5mm wil laai, luister graag na advies op dit
kruit - neem as S385 (dis al wat ek het op die oomblik maar sal S365 koop as nodig is)
spoed - ongelukkig besit ek nog nie 'n chrony nie, nuut met die reloading so hoop ek kan naby kom sonder spoed
Re: 230gr berger vir 300wm lading help
Posted: Wed May 28, 2014 3:57 pm
by alecjohnson
sonder spoed kan ons nie vir jou reg help nie ek kan vir jou in 'n rigting stuur, maar sal nie baie akuraat kan wees nie.
Re: 230gr berger vir 300wm lading help
Posted: Wed May 28, 2014 4:25 pm
by regal
as ek die spoed op n ander punt het met dieselfde geweer sal dit gebruik kan word of moet dit met die betrokke punt gemeet word?
Re: 230gr berger vir 300wm lading help
Posted: Wed May 28, 2014 4:36 pm
by Arnold
Om te meet is om te weet. Spoed moet met die betrokke koeels gemeet word aangesien die koeel ontwerpe verskil en dit die druk/spoed beinvloed.
Re: 230gr berger vir 300wm lading help
Posted: Wed May 28, 2014 9:22 pm
by Arnold
2680 fps lyk na die spoed waarvoor jy moet mik.
Met 'n COL van 95.5mm sou ek by 68gr S385 begin laai en oor 'n Chrony skiet.
Re: 230gr berger vir 300wm lading help
Posted: Wed May 28, 2014 10:09 pm
by alecjohnson
Arnold wrote:2680 fps lyk na die spoed waarvoor jy moet mik.
Met 'n COL van 95.5mm sou ek by 68gr S385 begin laai en oor 'n Chrony skiet.
Ek stem 100% saam
Wil ook net byvoeg min ladings volgens Ql 80% dopvulling
S385 min64gr
S365 min 62gr
Ek tht TPL van 96.8 gebruik.
PS kry n chronograaf!!! Baie belangrik vir herlaai.
Re: 230gr berger vir 300wm lading help
Posted: Thu May 29, 2014 5:38 am
by Arnold
Maksimum ladings beteken niks en is baie gevaarlik om te gee. Maksimum spoed is waarna mens moet kyk. Dit is hoekom ek nie eers die lading gee teen verlangde spoed nie.
As jy maksimum ladings gee gaan jy in die moeilikheid kom!!!
Re: 230gr berger vir 300wm lading help
Posted: Thu May 29, 2014 10:01 am
by alecjohnson
Arnold wrote:Maksimum ladings beteken niks en is baie gevaarlik om te gee. Maksimum spoed is waarna mens moet kyk. Dit is hoekom ek nie eers die lading gee teen verlangde spoed nie.
As jy maksimum ladings gee gaan jy in die moeilikheid kom!!!
Baie waar nie daaraan gedink nie Tnx Arnold.
Re: 230gr berger vir 300wm lading help
Posted: Sun Jan 25, 2015 10:43 am
by regal
ok ek het gister n kans gehad om die punte te toets op die baan
Ek het die volgende informasie en hoop julle manne kan dalk help om die groepe bietjie fyner te maak(indien moontlik)
Geweer cz 300wm, 1:10, 24"
Punte - 230gr berger hybrid target
primers - winchester magnum (WLRM)
doppe - hornady h20 93.6gr (nie seker hoe julle manne dit meet nie, ekt n average uitgewerk van 5 patrone maar die lesings is kan nogal redelik verskil van een tot die ander)
lading - S385 68gr
chrony was 5m weg vanaf loop
na paar rondtes van bietjie rondmors en net al die olie eers uit die loop skiet het ek die volgende spoed gekry op 3 skoot groepe
Op n tpl van 93.2mm (3mm van die lands)
2592
2620
2628
Avg - 2613 (ignoreer avg spoed van 2606 dit was die spoed van die eerste 5 loopskoon makers)
Foto van groepering 100m
http://i89.photobucket.com/albums/k216/regal_03/8ed58b68-4c88-451e-b305-f8577f005f00_zpsyvrdyglu.jpg
Op n tpl van 94.2 (2mm van lands)
2629
2625
2629
avg - 2627 (die spoed lyk baie meer konstant hier. Ongelukkig het ek net 3 patrone gelaai hier en ek weet ek het die een skoot getrek, so kon nie die grouping hier uitwerk nie)
foto van groepering 100m
http://i89.photobucket.com/albums/k216/regal_03/1175e42a-733c-4790-bf74-a7845c0d94ce_zps2jggjblm.jpg
Op tpl van 95.2 (1mm van lands)
2627
2625
2618
avg - 7870
op een article wat berger bullets gedoen het, het hulle beskryf hoe jy 1,2,3mm groupe moet probeer en sal sommer dadelik sien wat jou geweer van hou. Wel op 1mm van lands kon ek sommer baie vinnig sien my geweer hou nie van dit nie. Nie nodig vir n foto nie maar groupering lyk of iemand met n haalfeweer geskiet het.
enige advies sal wardeer word
Re: 230gr berger vir 300wm lading help
Posted: Sun Jan 25, 2015 11:23 am
by tripodmvr
Ek het nie die nuwe Bergers in my databasis nie - kan iemand vir my die berger.bul file stuur na tripodmvr by gmail.com. Sal dit op prys stel.
Na die skaking - Regal, moet asb nie olie in jou loop los voor jy skiet nie - stoot skoon met droë lappie of gebruik iets soos asetoon om dit uit te kry.
Re: 230gr berger vir 300wm lading help
Posted: Sun Jan 25, 2015 11:37 am
by Arnold
Francois
Jy moet opwerk met jou lading na so 2665 fps of afkom na ongeveer 2514 fps.
By 2665 fps is druk net net binne perke maar baie hoog teen 62 000 PSI, so moenie verwag dat doppe lank gaan hou nie.
Re: 230gr berger vir 300wm lading help
Posted: Sun Jan 25, 2015 11:57 am
by regal
tripod, ek het darem eers n hele paar lappies deur die loop gedruk. eks maar net geleer om altyd n paar skote te vat om net seker te maak alles word uitgewerk
arnold, hoe moet die lading aangepas word in terme van gr kruit om daai spoed te haal? Kan 40ft/s meer n groot verskil maak op jou groepering?
Re: 230gr berger vir 300wm lading help
Posted: Sun Jan 25, 2015 12:15 pm
by Arnold
Francois, elke ou se geweer is anders en QL kan nie hierdie presies voorspel nie en omdat dit sulke hoë druk is gaan ek ook nie die lading hier plaas nie.
Werk op in 0.2gr stappe om te sien hoe die spoed klim en stop as jy druk begin waarneem.
Ja, 40 fps kan n verskil maak.
Re: 230gr berger vir 300wm lading help
Posted: Sun Jan 25, 2015 12:35 pm
by tripodmvr
Arnold, jy gee darem nie nou blindweg maks lading nie. Jy het darem die berekening met sy geweer gedoen. Die waarskuwing oor maks druk is daar en die lading kan nie baie hoër wees as nou nie - 1 of maks 2 gr.
Kan jy my help met die Berger file? Sien my versoek bo.
Re: 230gr berger vir 300wm lading help
Posted: Sun Jan 25, 2015 12:43 pm
by Arnold
Dit gaan nie hier oor sy geweer en lading nie maar oor die ou wat oor n jaar ladings soek op Jaracal en dan daai lading so laai vir sy geweer en dan maak iets kaboom.
As jy wil ladings uitgee is dit jou saak maar ek doen dit as n reel nie meer op publieke forums nie. (Ek sal dit dalk doen as die lading nie te hoog is nie)
Wat in die privaat gesê word is egter n ander saak ...
Re: 230gr berger vir 300wm lading help
Posted: Sun Jan 25, 2015 12:50 pm
by tripodmvr
Ek sien die aanvaarding van maks ladings gereeld en ek het dit nie eers voorgestel nie. Domgeid gaan bly voortbestaan. Selfs op 'n Ozzie forum is ek nou ook besig met 'n man wat glo daar moet eers nare tekens wees voor hy laer sal aflaai.
Gaan jy jou rubberarm uithou vir die Berger file?
Re: 230gr berger vir 300wm lading help
Posted: Sun Jan 25, 2015 1:01 pm
by Arnold
Ek het maar die uitgangspunt dat as ek n dom ongeluk kan voorkom dan pro eer ek my bes om dit te doen.
Die bullet file is alreeds oppad

Re: 230gr berger vir 300wm lading help
Posted: Sun Jan 25, 2015 2:45 pm
by tripodmvr
Dankie, Arnold, hy is reeds afgelaai
