Page 1 of 1
KNALDEMPERS INFO ASSEBLIEF
Posted: Thu Feb 17, 2011 1:55 pm
by bullseye
KAN IEMAND MY RAAD GEE OOR KNALDEMPERS, WAT DIE VOOR EN NADELE IS. DIE SPESIFIEKE KNALDEMPER WAT EK OP SOEK IS NA, IS GEMONTEER OP SKROEFDRAAD VOOR BY LOOP.DIE KNALDEMPER IS EGTER AGTER TOE, TERUG OOR DIE LOOP EN NIE VAN KROON AF VOORENTOE NIE. DIE GROOTSTE VOORDEEL HIERVAN IS GEWEER WORD NIE LOMP NIE. WAT EK GRAAG WIL WEET GAAN EK SPOED INBOET MET KNALDEMPER, EN GAAN DIT ENIGSENS AKURAATHEID BEINVLOED. DIE KNALDEMPER HOEF OOK NIE DOODSTIL TE WEES NIE, KLAP MOET NET NIE OOR SEER MAAK NIE.
EK HOOR GRAAG
DANKIE
BEN
http://www.garycanegunstocks.com/?page_id=123
PS KYK BY DIE ADRESS DAAR IS 2 GEWERE WAT SULKE KNALDEMPERS OP HET. DAAI IS OOK VAN DIE BETER EN MOOIER KOLWE WAT EK AL GESIEN HET. HET VIR GARY 2 KEER GE-E-MAIL MAAR HY ANTWOORD NIE TERUG. DALK WEET IEMAND ANDERS HOE OM VAN DAAI KOLWE IN DIE HANDE TE KRY.
Re: KNALDEMPERS INFO ASSEBLIEF
Posted: Thu Feb 17, 2011 2:02 pm
by herley
Ben
Kyk op die search gedeelte en tik net daar in knaldempers en jy sal n reeks voor en nadele kry ook wie dit kan maak ens.
Re: KNALDEMPERS INFO ASSEBLIEF
Posted: Thu Feb 17, 2011 2:33 pm
by bullseye
JULLE IS VINNIG BAIE DANKIE VIR INLIGTING
MOOI DAG
BEN.
Re: KNALDEMPERS INFO ASSEBLIEF
Posted: Thu Feb 17, 2011 2:34 pm
by BLOK
Blik$em
Benman, vergeet van daai dempers in my lewe nog nooit sulke mooi kolwe gesien nie. Ek gaan hierdie link steel en vir n nuwe topic gebruik asb.
Blok.
Re: KNALDEMPERS INFO ASSEBLIEF
Posted: Thu Feb 17, 2011 4:16 pm
by James Wilson
BLOK wrote:
Blik$em
Benman, vergeet van daai dempers in my lewe nog nooit sulke mooi kolwe gesien nie. Ek gaan hierdie link steel en vir n nuwe topic gebruik asb.
Blok.
aai ou Blok, dis presies wat ek gedink het.

Re: KNALDEMPERS INFO ASSEBLIEF
Posted: Thu Feb 17, 2011 4:40 pm
by bullseye
BLOK
EK HET GEDINK EK SAL JULLE AANDAG KRY MET DAAI KOLWE. AS DIE OU MY NET WIL LAAT WEET OF HY DIE GOED SAL UITVOER NA RSA.
MOOI LOOP
BEN
Re: KNALDEMPERS INFO ASSEBLIEF
Posted: Thu Feb 17, 2011 4:45 pm
by BLOK
Ben
ons wag saam in spanning vir daai terugvoering, ek dink wel wat ek jou solank kan se is daai kolwe gaan nie dollar pryse wees nie.
Blok
Re: KNALDEMPERS INFO ASSEBLIEF
Posted: Thu Feb 17, 2011 4:56 pm
by bullseye
BLOK
EK DINK JY IS REG AS ONS WEET HULLE KAN INKOM SAL ONS DIE VOLGENDE PROBLEEMPIE UITSORT.
EINLIK WIL EK NET BAIE DANKIE S? ,EK HET KLAAR BESLUIT EK GAAN N TERMINATOR KD OPSIT.
WERKLIK PUIK ADVIES OP FORUM.
MOOI LOOP
BEN
Re: KNALDEMPERS INFO ASSEBLIEF
Posted: Tue Feb 22, 2011 8:15 pm
by tewis
Goeiedag, wat ek kan s? na baie ondervinding as 'n knaldemper vervaardiger is dat die dempers wat oor die loop terug gemonteer is 25% minder effektief is as ander wat voor op die loop sit. Vir jou toepassing waar geluid nie die belangrikste faktor is nie, is dit goed. Dit word geken as 'n 'Reflex silencer' ontwikkel deur die Russe, 'Kolasnikof'
Groete,
Tewis