Page 1 of 1
280 Rem of 7X64 Bren ???
Posted: Thu Feb 17, 2011 12:48 pm
by Arnold
Ek dink daaraan om vir my 'n 7mm te bou met die doel om swaarder koeels te skiet (swaarder as die 130gr wat ek beplan om uit my 260 Rem te kiet).
Ek sou graag van 'n magnum wil weg bly en het reeds 'n geweer met standaard lengte aksie wat ek vir die projek wil gebruik.
Op die stadium kyk ek na die 7X64 en 280 Rem. Die twee is balisties identies. Ek neig na die 280 Rem en sou graag 180 gr koeels teen so 2700 fps wil skiet. (Wat moontlik lyk met 'n 28" loop)
Al ding wat my pla is doppe .... omdat die 280 se skouer effens vorentoe geskuif is as mens dit met die 30-06 vgl kan mens nie net eenvoudig doppe afnek nie. So toe dink ek wat van 'n opregte 7mm-06? Dan sou ek lapua 30-06 doppe kon gebruik, maar nou is daar weer nie standaard dies nie
Enige insette van julle kant af?
Re: 280 Rem of 7X64 Bren ???
Posted: Thu Feb 17, 2011 2:36 pm
by Danie Lombard .243
7X64
Alles is beskikbaar, kan swaar klippe lekker stoot. Dies is vollop bekombaar.
Re: 280 Rem of 7X64 Bren ???
Posted: Thu Feb 17, 2011 4:49 pm
by Stefan764
Hallo Arnold.
Moet saam Daan stem oor beskikbaarheid van laaikomponente en doppe.
Ek wil ook bietjie swaarder punte in my 7x64 probeer. Ek kan jou wel se dat ek al 160gr SPEER teen 2800ft/sek gestamp en hulle group flippen mooi. Ook geen tekens van druk nie, ek skat ek sal amper by 2900 kan uitkom as ek hom bietjie druk...
Swaarste punte beskikbaar sover ek weet in die 7x64 is 175gr Sierra. Het self nog nie swaarder gesien nie, maar ek kan dink dat daar seker n 180 ook in die 7mm wees...
Groete
Stef
Re: 280 Rem of 7X64 Bren ???
Posted: Thu Feb 17, 2011 4:56 pm
by Arnold
Stef, Berger maak 'n 180gr VLD wat 'n moerse hoe BC het so hy kan maar 'n bietjie stadiger trek

Re: 280 Rem of 7X64 Bren ???
Posted: Thu Feb 17, 2011 5:11 pm
by Stefan764
Jy sien!! Da is ons antwoord! Nou kan jy van 100gn tot 180gn gooi!
Re: 280 Rem of 7X64 Bren ???
Posted: Thu Feb 17, 2011 5:31 pm
by Christo
Danie .243 wrote:
7X64
Alles is beskikbaar, kan swaar klippe lekker stoot. Dies is vollop bekombaar.
Klaar gepraat. Maak seker sy loop is bietjie dikker en sit 'n KD op, dan voel jy hom amper nie eens nie. En 'n kolf van Rifle-stocks.com.
Man ek's skoon lus en haal myne gou uit vir 'n paar gooie.
Re: 280 Rem of 7X64 Bren ???
Posted: Fri Feb 18, 2011 12:14 pm
by Boesman
Stef
Wat was jou lading vir daardie 160gr SPEER's gewees? Hoekom het jy dit gestop?
Re: 280 Rem of 7X64 Bren ???
Posted: Fri Feb 18, 2011 1:38 pm
by Wouter Roets
Arnold
Jammer as ek nou hier van die kant af instorm. Hoekom kyk jy dan na die gemiddelde kalibers as jy vir jou n 28 duim loop wil opsit? Is dit nie dan juis wanneer n mens eerder dan na die 7mm Rem Mag moet kyk of iets in daai klas nie? Jy gaan duidelik nie met hom loop en stap met daardie tipe loop nie? Wat van ten minste die 280 Rem AI, die kaliber kry baie aftrek in Amerika met goeie rede?
Logies se dit net vir my as jy n High Permormance geweer wil bou dan kyk n mens mos dan ook na n geskikte kaliber! Jy bou nou die onderstel en suspensie vir n resieskar wat 350km/h kan loop en hanterr en dan gooi jy n 70kw 1600cc, 8 klep enjentjie daarin nie!
Vra maar net
Wout
Re: 280 Rem of 7X64 Bren ???
Posted: Fri Feb 18, 2011 2:05 pm
by Arnold
Wouter, baie waar wat jy s? en so in die stilte kyk ek ook na die 7mm RM (180gr koeel) en die 300 WM(210gr koeel). As ek so begin dink spring daar 'n vlaggie op wat s? 300/375 Ruger

Maar hierdie is nie die moete werd met ons dryfmiddels nie.
Die groot probleem wat ek het is dat ek nie weet waarvoor ek die roer wil gebruik nie. Moet ek regtig vir 'n 28" loop gaan of sal 'n 24" voldoende wees. My gat jeuk maar net 'n bietjie.
Hierdie gaan die basis wees vir die projek
standaard CZ550 aksie, laminated kolf, nie die scope wat op die foto wys nie.
Ek staan gisteraand by die braaivleis vuur, toe is darem weer jaloers op julle ouens se naweek wat julle so lekker gekuier het

Re: 280 Rem of 7X64 Bren ???
Posted: Fri Feb 18, 2011 7:50 pm
by Stefan764
Boesman wrote:
Stef
Wat was jou lading vir daardie 160gr SPEER's gewees? Hoekom het jy dit gestop?
Naand Mater
Ek het 53,1gn S365 poeier gegoi met n TPL van 84mm. Ek het net 10 van hulle gelaai om bietjie die spoed te check. Dai tien gooi toe n 35mm group op 100m. Glad nie sleg vir n begin nie dink ek! Ek het mar nog net nie verder getoets nie. Ek spook nou maar eers klaar met die 139 Hornadys...
7x64 Groete
Stef
(PS - die SPEERS het ek persent gekry jarrrre trug, toe laai ek hulle mar sommer. Mar sal graag 175 of 180 wil laai indien ek wel swaarder gaan.)
Re: 280 Rem of 7X64 Bren ???
Posted: Sat Feb 19, 2011 12:10 am
by Arnold
Ek soek nou so tydtjie al vir 'n rondte wat dieselfde trajek sal h? as my 260 Rem ... dit lyk my 'n 300 WM met 208 gr A-max'e gaan die ding doen.
.264 cal 140 gr Berger VLD ~ 2830 fps ~ 24" loop
.308 cal 208 gr Hornady A-max ~ 2840 fps ~ 26" loop
Ek is gelukkig nie haastig nie so hierdie besluit kan ook verander ...
Re: 280 Rem of 7X64 Bren ???
Posted: Sat Feb 19, 2011 8:51 am
by Wouter Roets
Arnold
Ek verstaan jou dilemma en sou jou ook bitter graag jou op die naweek saam wou gehad het! Om n kaliber te kies wat diesefde trajek as jou 260 het maak baie sin en ek is n groot voorstander daarvan. Jy gaan nie een oomblik spyt wees oor n 300 WSM nie maar jou aksie is nie idiaal vir hom nie maar sal wel werk. Ek geniet my 7mm Rem Mag ontsaglik en beskou hom as een van die mees underrated kalibers op die mark. Hy kom juis tot sy reg met die koeels wat jy in gedagte het en doen nogal goed in 24 duim gewaad.
Gelukkig het jy n bietjie tyd en kan veral met QL en die nodeprogram n mooi ingeligte keuse maak.
Groetnis
Wout