Page 1 of 1

Kan iemand help om 'n Leupold scopie in te bring

Posted: Mon May 26, 2014 9:53 am
by Stephan van Eeden
Ek soek 'n rimfire rifle scopie maar is nerens in SA beskikbaar nie.
Het iemand nie 'n contact in VSA nie ?

Re: Kan iemand help om 'n Leupold scopie in te bring

Posted: Mon May 26, 2014 5:34 pm
by Giepie
Ek het al deur Amazon.co.uk gewerk. Die Amerikaanse een wil nie so lekker werk met hulle wetgewing nie, maar deur die Britse pad kan hulle dit doen, al stuur hulle dit dan direk. :confused:

Re: Kan iemand help om 'n Leupold scopie in te bring

Posted: Mon May 26, 2014 9:33 pm
by Piet Breedt
Kry vir jou die Nikon EFR 3 - 9 x 40 AO PR Target scope by S & O.

Dit is n scope wat ontwerp is spesifiek vir .22 en Luggewere en kan van 10m af paralax vry gestel word.

Ek het 2 van hulle en hulle is absoluut hulle prys werd en baie duidelik.

Re: Kan iemand help om 'n Leupold scopie in te bring

Posted: Mon May 26, 2014 10:31 pm
by Louis Kriel
Ek het so drie jaar terug vyf vx3 ingebring saam my suster. Dis egter asof doane aan weerskante baie strenger geraak het die laaste paar jaar. Luister vir Piet en koop die Nikon.

Re: Kan iemand help om 'n Leupold scopie in te bring

Posted: Tue May 27, 2014 8:40 pm
by Stephan van Eeden
Wil graag n Leupold FX II 4x28 he, lyk maar net vir my baie mooi met die klein scopie. Die .22 word nie regtig vir skyfskiet gebruik nie. Het reeds n Nikon 4x32 afgehaal omrede mens die .22 moet soek as jy die scope raaksien.

Re: Kan iemand help om 'n Leupold scopie in te bring

Posted: Wed May 28, 2014 11:24 am
by Louis Kriel
Daai leupold fixed scopes is puik, my pel het n fixed M8 6x scope wat ek sterk agteraan is. Hy is op sy Marlin lever action (357 mag) en dit lyk "odd" want die scope is te lank vir die kort geweertjie. Daai FXII 4x28 wat jy van praat gaan perfek op die Marlin pas.

Re: Kan iemand help om 'n Leupold scopie in te bring

Posted: Wed May 28, 2014 12:24 pm
by JTM
Probeer www.4scopes.com . Ek sien hulle hou die scope aan en hulle voer uit na ons.

Re: Kan iemand help om 'n Leupold scopie in te bring

Posted: Wed May 28, 2014 1:34 pm
by Stephan van Eeden
Louis, ek sal selfs vir die FX I gaan, maar ek twyfel of hulle hom nog vervaardig. Wil nie te veel geld blaas op die .22 nie, maar hy moet ook mooi lyk, hys mos deel van 'n man se arsenaal en trots.

JTM, ek gaan hulle 'n mail stuur en hoor, sien hulle stock nie Leupolds nie.
Anders moet ek maar wag tot volgende jagseisoen, my orders was net te laat vir jagters om nou in te bring.

Re: Kan iemand help om 'n Leupold scopie in te bring

Posted: Wed May 28, 2014 1:50 pm
by JTM
Ja hulle doen. Was nou op die site en hulle het beide die FX-I en II . www.4scopes.com/scopes.html?brand=247&magnification=157

Re: Kan iemand help om 'n Leupold scopie in te bring

Posted: Wed May 28, 2014 1:58 pm
by Stephan van Eeden
Ek try weer.

Re: Kan iemand help om 'n Leupold scopie in te bring

Posted: Wed May 28, 2014 1:59 pm
by Stephan van Eeden
Dis net hy, die onderste ene. Het jy al deur hulle gekoop ?

Re: Kan iemand help om 'n Leupold scopie in te bring

Posted: Wed May 28, 2014 2:04 pm
by Stephan van Eeden
Het hulle 'n mail gestuur.

Re: Kan iemand help om 'n Leupold scopie in te bring

Posted: Wed May 28, 2014 2:09 pm
by JTM
Ek self nog nie , maar klomp van my luggeweer vriende het en van die manne hier ook. Sit nog omtrent so $60 by vir shipping en hulle Fedex tot by jou deur.

Re: Kan iemand help om 'n Leupold scopie in te bring

Posted: Wed May 28, 2014 2:23 pm
by Stephan van Eeden
Daai klink nie te sleg nie.

Re: Kan iemand help om 'n Leupold scopie in te bring

Posted: Wed May 28, 2014 8:23 pm
by Rasmus
Lyk my shipping sal $ 69 wees. Dan kom BTW en invoerbelasting seker nog by? Wat is invoer belasting op scopes?

Re: Kan iemand help om 'n Leupold scopie in te bring

Posted: Wed May 28, 2014 9:36 pm
by Stephan van Eeden
Nou raak hy duur.