Page 1 of 3
6-24x Tactical / Kompetisie scopes
Posted: Tue May 20, 2014 10:01 am
by Arnold
Ek wil nou nie te vêr van topic afgaan op die SIII vs NXS draad nie so dink toe ek begin iets hier.
Dalk kan ons die 6-24 vergroting scopes bietjie hier rangskik volgens prys. Ek vat spesifiek die 6-24 vergroting omdat dit vir my 'n baie bruikbare scope is wat gewoonlik genoeg interne verstelling het. (as die vergroting nou 5.5-22 of 5-20 is is dit ok, maar ek dink nie 'n 4-16 hoort hier nie.)
Copy en paste maar die lysie en voeg by of verander soos julle goed dink sodat mens 'n idee kan kry van wat hier beskikbaar is en hoe hulle pryse vergelyk?
S&B PMII 5-25
Zeiss Victory Diavari 6-24
Kahles K 6-24
NF NXS 5.5-20
Trijicon Accupoint 5-20
Leupold MK4 6.5-20
Sightron SIII 6-24
Bushnell Elite Tactical 4.5-30
Leupold VX3 5-20
Vortex Viper PST 6-24
Bushnell Elite 6500 4.5-30
Burris MTAC 5.5-20
Re: 6-24x Tactical scopes
Posted: Tue May 20, 2014 10:04 am
by Johan JvR
Dankie vir die draad Arnold.
Ek wil asb vir Willem vra hoekom hulle nie US Optics inbring nie? Is die kompetisie te direk met NF waaraan hulle nou baie spandeer het om te bemark ens?
Quote Willem: 'Moet seker by se dqt ons die invoerders vir Nightforce, March en Schmidt & Bender is en dat US optics al ons gat wit gelek het om dit in te voer.......seker n redelike ingeligte opinie, sonder om arrogant te wees.'
Ek verstaan hierbo USO lek Safari se gat om hulle produk te gebruik.
Re: 6-24x Tactical scopes
Posted: Tue May 20, 2014 10:44 am
by Eugene
Arnold, ek weet nie of my vraag noodwendig hier tuishoort nie, maar ek gaan maar probeer...
Daar word gereeld gesê dat die meeste kompetisies gewen word deur NF scopes. (Altyd gedink die geweer, ammo en skut speel ook 'n rol, maar dis 'n gesprek vir ander topic...

) Hierdie is waarskynlik die hoofrede waarom baie manne 'n NF begeer! Nou is my eerlike vraag: Kry hierdie manne wat die kompetisies so wen en byvoorbeeld die Protea span 'n NF teen dieselfde prys as ek, of kry hulle darem so afslaggie of borgskap? Want dit sal natuurlik baie verklaar.... As ek goeie afslag kan kry op NF, sal ek selfs op my .22 Hornet een sit, want dit is 'n great scope!
My tweede vraag: Gaan 'n R30K NF 'n skut noodwendig beter laat skiet as 'n R12K Sightron/Viper/Leupold? Ek weet van die beweerde beter verstellings/helderheid/presiese clicks en alles, maar gaan 'n skut wat tans byvoorbeeld 'n Sightron gebruik, dubbeld so goed skiet, as hy nou dubbeld spandeer op 'n NF?
Re: 6-24x Tactical scopes
Posted: Tue May 20, 2014 10:47 am
by Capt. Yoda
Eugene ek het die naweek saam n paar manne geskiet wat lekker duur scopes het en ek soek ook graag n NF op al my gewere behalwe dalk my 30.06...sal vir hom maar n S&B

op sit maar ek moet vir jou eerlik se tot op 700m (turret op en af hardloop van 100-700) sal ek nie sommer my ou Rudolphie 6-24 weg gee nie.Hy kon beter as van die "beter"scopes die houe op die gong sien en het nie een keer met n turret verstelling gesukkel nie.
Dit gese dink ek die die groot bulle word eers hier by 900\1000m van mekaar gesky en n ou soos Arnold sal seker kan se of die NXS beter as n Sightorn op daai afstand is
Re: 6-24x Tactical scopes
Posted: Tue May 20, 2014 11:03 am
by Smirre
More
Het vir my seun vandag 'n lynx 6 x 24 42 gekoop vir sy 223
Lyk mooi helder
Smirre
Re: 6-24x Tactical scopes
Posted: Tue May 20, 2014 11:04 am
by Arnold
Eugene, goeie skuts wat afslag of borgskappe kry is seker deel van die verkoper se advertensie koste en ek sou verwag dat dit so is.
Verstellings/helderheid/presiese clicks ens. is wat toerusting onderskei en jy betaal 'n prys daarvoor. Dit maak jou dalk nie 'n beter skut nie maar dalk skiet jy nou iets raak want jou vorige toerusting was nie voldoende nie ...
Maar ja, gun elke scope sy plekkie in die mark. Die draad is maar bedoel om scopes te bespreek en ek dink jou vrae kan baie veralgemeen word na enige toerusting en die antwoorde gaan dieselfde wees. Vir my kom dit neer op geld vs. tyd ... spandeer eerder meer tyd aan oefen as geld aan beter toerusting en as jy die geld het om te spandeer hoekom dan nou nie.
Iets om ook in ag te neem as mens teleskope vergelyk is die kondisie van jou oë. Goed of sleg almal se oë sien bietjie anders en wat vir jou goed lyk mag dalk nie so vir my lyk nie. Dan is daar ook seker die enkel teleskope in n laer prysklas wat goeie lense gekry het en teleskope in die hoër prysklas wat swak lense gekry het, persoonlik dink ek hoe duurder die scopes raak hoe minder is die verskil tussen goeie en slegte lense en hiervoor betaal jy.
Re: 6-24x Tactical scopes
Posted: Tue May 20, 2014 11:05 am
by Arnold
Ek weet nie presies waar om die Lynx LX2 5-20 te plaas nie, hierdie scope wat ek gehad het se optics was ook mooi maar interne verstelling teleurstellend.
S&B PMII 5-25
Zeiss Victory Diavari 6-24
Kahles K 6-24
NF NXS 5.5-20
Trijicon Accupoint 5-20
Leupold MK4 6.5-20
Sightron SIII 6-24
Bushnell Elite Tactical 4.5-30
Leupold VX3 5-20
Vortex Viper PST 6-24
Lynx LX 2 5-20
Bushnell Elite 6500 4.5-30
Burris MTAC 5.5-20
Re: 6-24x Tactical scopes
Posted: Tue May 20, 2014 11:12 am
by tripodmvr
S&B PMII 5-25
Zeiss Victory Diavari 6-24
Kahles K 6-24
NF NXS 5.5-20
Trijicon Accupoint 5-20
Leupold MK4 6.5-20
Sightron SIII 6-24
Bushnell Elite Tactical 4.5-30
Leupold VX3 5-20
Vortex Viper PST 6-24
Lynx LX 2 5-20
Bushnell Elite 6500 4.5-30
Burris MTAC 5.5-20
Hawke 6-24x50
Re: 6-24x Tactical scopes
Posted: Tue May 20, 2014 11:15 am
by Capt. Yoda
Arnold wrote:persoonlik dink ek hoe duurder die scopes raak hoe minder is die verskil tussen goeie en slegte lense en hiervoor betaal jy.
Arnold ek dink dit som dit baie mooi op.Mens kan net weer die scope vat wat ek gebruilk.Myne werk vir my fantasties en ek sal hom nie ruil nie maar ek weet van baie ouens wat nie so "happy" met hulle sin was nie.As mens by die NF'e van die lewe kom is daar seker baie minner come backs
Re: 6-24x Tactical scopes
Posted: Tue May 20, 2014 11:19 am
by Arnold
Ludwig, daar is seker baie aspekte wat mens na kan kyk en ek wil dit vir 'n later bespreking hou om dalk 'n desktop vergelykking te doen met die scopes genoem. Behalwe vir dit wat jy noem is daar bv. FFP wat baie scopes dadelik uit die bus laat val maar is dit nodig vir jou "tactical" scope?
Re: 6-24x Tactical / Kompetisie scopes
Posted: Tue May 20, 2014 11:30 am
by Arnold
Ek stem en het ooreenkomstig die Topic van die draad ook dus effens aangepas. Ek dink nie enige van ons het regtig Tactical scopes nodig nie, maar baie van die kenmerke van hoër vergroting "Tactical" scopes word ook goed gebruik in sekere kompetisies.
Re: 6-24x Tactical / Kompetisie scopes
Posted: Tue May 20, 2014 11:47 am
by Wouter Roets
Hallo Manne
Wat sal julle se moet die minimum interne verstellings wees vir n teleskoop om hier te kwalifiseer?
Groetnis
Wouter
Re: 6-24x Tactical / Kompetisie scopes
Posted: Tue May 20, 2014 11:51 am
by Smirre
Arnold
Waar pas jy diSwarovski reeks?
Re: 6-24x Tactical / Kompetisie scopes
Posted: Tue May 20, 2014 11:58 am
by Arnold
Wouter, geen minimum om 'n scope te kwalifiseer nie. As jy bv. so scope vir veldskiet kompetisies gebruik tot 350m het jy nie baie verstelling nodig nie. Dit sê nie dat daai scope gaan werk op 1112m nie ...
Jou toepassing sal jou help om sekere scopes te diskwalifiseer.
Smirre, 'n Swarovski Z6 is seker al scope wat naby kom en prysgewys pas hy bo die NXS en onder die Kahles in. Of dit 'n kompetisie scope is is seker 'n ander vraag, maar ek sit hom vir eers in.
S&B PMII 5-25
Zeiss Victory Diavari 6-24
Kahles K 6-24
Swarovski Z6 5-30
NF NXS 5.5-20
Trijicon Accupoint 5-20
Leupold MK4 6.5-20
Sightron SIII 6-24
Bushnell Elite Tactical 4.5-30
Leupold VX3 5-20
Vortex Viper PST 6-24
Lynx LX 2 5-20
Bushnell Elite 6500 4.5-30
Burris MTAC 5.5-20
Hawke 6-24x50
Re: 6-24x Tactical / Kompetisie scopes
Posted: Tue May 20, 2014 1:15 pm
by JTM
[align=center]Ek sit my scope ook maar by. Dit lyk of dit sal voldoen aan die vereistes.
S&B PMII 5-25
US Optics ER-25
Zeiss Victory Diavari 6-24
Kahles K 6-24
Swarovski Z6 5-30
NF NXS 5.5-20
IOR Valdada 6-24x50
Trijicon Accupoint 5-20
Leupold MK4 6.5-20
Sightron SIII 6-24
Bushnell Elite Tactical 4.5-30
Leupold VX3 5-20
Vortex Viper PST 6-24
Lynx LX 2 5-20
Bushnell Elite 6500 4.5-30
Burris MTAC 5.5-20
Hawke 6-24x50
Falcon Menace EMD 5.5-25x56[/align]
Re: 6-24x Tactical / Kompetisie scopes
Posted: Tue May 20, 2014 2:34 pm
by Sangoma (IAN)
ekt n nuwe draad begin
Re: 6-24x Tactical / Kompetisie scopes
Posted: Tue May 20, 2014 3:56 pm
by Marc
S&B PMII 5-25
NF ATACR 5-25 (wil hom langs die S&B sit want hy het meer interne verstelling en dieselfde gehalte glas)
US Optics ER-25
Zeiss Victory Diavari 6-24
Kahles K 6-24
Swarovski Z6 5-30
NF NXS 5.5-20
IOR Valdada 6-24x50
Trijicon Accupoint 5-20
Leupold MK4 6.5-20
Sightron SIII 6-24
Bushnell Elite Tactical 4.5-30
Leupold VX3 5-20
Vortex Viper PST 6-24
Lynx LX 2 5-20
Bushnell Elite 6500 4.5-30
Burris MTAC 5.5-20
Hawke 6-24x50
Falcon Menace EMD 5.5-25x56
Re: 6-24x Tactical / Kompetisie scopes
Posted: Tue May 20, 2014 3:59 pm
by Arnold
Wat is sy gewone retail prys Marc?
Met 120MOA sal mens omtrent vêr kan bykom maar ek dink mens kort nog 'n 40 MOA rail by

Re: 6-24x Tactical / Kompetisie scopes
Posted: Tue May 20, 2014 4:06 pm
by Arnold
Dit is reg Ludwig. As julle pryse het kan julle bysit ja. Ek het die orde so min of meer geskat en van die scopes se posisies kan seker ook verander afhangende van waar jy dit koop.
Re: 6-24x Tactical / Kompetisie scopes
Posted: Tue May 20, 2014 4:33 pm
by Marc
Arnold wrote:Wat is sy gewone retail prys Marc?
Met 120MOA sal mens omtrent vêr kan bykom maar ek dink mens kort nog 'n 40 MOA rail by

Daars 30MOA op die reticle wat jy maar kan bysit maat

totale reik afstand op my Lapua is in die omgewing van 2400m met teiken steeds in die teleskoop
As jy n 40 MOA rail wil ingooi begin praat ons van n ander poskode vêr

Re: 6-24x Tactical / Kompetisie scopes
Posted: Tue May 20, 2014 4:35 pm
by Arnold
So kom ons neem aan jy het 'n 40 MOA rail, dan het jy 'n totale verstelling van 130 MOA ... awesome
Re: 6-24x Tactical / Kompetisie scopes
Posted: Tue May 20, 2014 4:43 pm
by PWV
Lyk my die Nikon kry nie eers 'n plekkie op die lys nie!
Re: 6-24x Tactical / Kompetisie scopes
Posted: Tue May 20, 2014 4:59 pm
by maxboostsa1
Wat van die zeiss hd5 5-25x50
Re: 6-24x Tactical / Kompetisie scopes
Posted: Tue May 20, 2014 5:14 pm
by Marc
Iemand gaan n spread sheet moet maak waar ons alles in ag kan neem. Dit gaan bitter interesant raak hier

Re: 6-24x Tactical / Kompetisie scopes
Posted: Tue May 20, 2014 5:27 pm
by LRLaubscher
Arnold wrote:Ek wil nou nie te vêr van topic afgaan op die SIII vs NXS draad nie so dink toe ek begin iets hier.
Dalk kan ons die 6-24 vergroting scopes bietjie hier rangskik volgens prys. Ek vat spesifiek die 6-24 vergroting omdat dit vir my 'n baie bruikbare scope is wat gewoonlik genoeg interne verstelling het. (as die vergroting nou 5.5-22 of 5-20 is is dit ok, maar ek dink nie 'n 4-16 hoort hier nie.)
Copy en paste maar die lysie en voeg by of verander soos julle goed dink sodat mens 'n idee kan kry van wat hier beskikbaar is en hoe hulle pryse vergelyk?
S&B PMII 5-25
Zeiss Victory Diavari 6-24
Kahles K 6-24
NF NXS 5.5-20
Trijicon Accupoint 5-20
Leupold MK4 6.5-20
Sightron SIII 6-24
Bushnell Elite Tactical 4.5-30
Leupold VX3 5-20
Vortex Viper PST 6-24
Bushnell Elite 6500 4.5-30
Burris MTAC 5.5-20
PST FFP of SFP?