Page 1 of 1

Terug na die basiese dinge

Posted: Mon May 19, 2014 12:31 pm
by Hingsding
Goeie dag.

Graag sit ek hierdie stukkie op vir sommiges hier op die forum wat dalk ook met "probleem" gewere sit.

Geweer 243 Win in n gewone Howa.

Ek kry om die dood dit net nie reg om die geweer onder 1,5duim te laat groepeer nie.....

Skiet al wat n rak "ammo" is en die groepe bly die selfde, so besluit ek om te herlaai en te sien of ek beter groepe kry maar niks wil werk nie.

Pierre"Brno" hier op die forum help my mooi met quick load en ek kom vinnig met sy hulp op die node spoed, maar steeds niks kleiner groepe as n duim en n half nie.

Maande later en vele probeerslae sonder enige verbeterings gaan skiet ek weer. Dadelik is my moed weer gebreek duim en n half en 2 duim groepe.

So bekyk ons vir die soveelste keer na al die dinge soos die kroon,of die loop nie iewers druk nie, is die knaldemper 100%, die teleskoop met mountings als is vas en reg , en en en maar kan niks sien wat dit veroorsaak nie.

Sien toe dat as ek my slot toemaak druk dit op die geweer se kolf en nie op die aksie gedeelte nie!!!

Manne so as julle ook sukkel en moedeloos raak soos ek gaan terug na die baiese dinge en kry dalk n ander ou of 2 om tekyk.

Ek hoop rerig my groepe gaan nou beter begin lyk, sal julle op hoogte hou en hoop die leer proses van my kan dalk iemand ander hier op die forum baie kopseer en geldjies en tyd spaar.

Graag wil ek net baie dankie se vir Pierre wat my so gehelp het.

Groete.

Re: Terug na die basiese dinge

Posted: Mon May 19, 2014 1:28 pm
by BRNO (Pierre)
Wian, dit was net n plesier. Hoop werklik dit was die probleem, en nou gaan daai roer soos stroop loop.

Re: Terug na die basiese dinge

Posted: Mon May 19, 2014 2:38 pm
by Carl
Daar is 'n skrywe op Gerhard GS Custom se webtuiste waar hy 'n man met dieselfde raad bedien watse 222 of iets nie reg skiet nie.
Maar Pierre is lyk my nou die resident expert.;)

Re: Terug na die basiese dinge

Posted: Mon May 19, 2014 2:39 pm
by win270
Goed om te sien as lede mekaar help!

Re: Terug na die basiese dinge

Posted: Mon Jun 09, 2014 1:27 pm
by mariojacobs1
Die selfde probleem gehad en het my paar rand gekos kom ons noem die skoolgeld

Re: Terug na die basiese dinge

Posted: Mon Jun 09, 2014 1:35 pm
by Flip Nel
Hingsding wrote:Goeie dag.

Graag sit ek hierdie stukkie op vir sommiges hier op die forum wat dalk ook met "probleem" gewere sit.

Geweer 243 Win in n gewone Howa.

Ek kry om die dood dit net nie reg om die geweer onder 1,5duim te laat groepeer nie.....

Skiet al wat n rak "ammo" is en die groepe bly die selfde, so besluit ek om te herlaai en te sien of ek beter groepe kry maar niks wil werk nie.

Pierre"Brno" hier op die forum help my mooi met quick load en ek kom vinnig met sy hulp op die node spoed, maar steeds niks kleiner groepe as n duim en n half nie.

Maande later en vele probeerslae sonder enige verbeterings gaan skiet ek weer. Dadelik is my moed weer gebreek duim en n half en 2 duim groepe.

So bekyk ons vir die soveelste keer na al die dinge soos die kroon,of die loop nie iewers druk nie, is die knaldemper 100%, die teleskoop met mountings als is vas en reg , en en en maar kan niks sien wat dit veroorsaak nie.

Sien toe dat as ek my slot toemaak druk dit op die geweer se kolf en nie op die aksie gedeelte nie!!!

Manne so as julle ook sukkel en moedeloos raak soos ek gaan terug na die baiese dinge en kry dalk n ander ou of 2 om tekyk.

Ek hoop rerig my groepe gaan nou beter begin lyk, sal julle op hoogte hou en hoop die leer proses van my kan dalk iemand ander hier op die forum baie kopseer en geldjies en tyd spaar.

Graag wil ek net baie dankie se vir Pierre wat my so gehelp het.

Groete.
Kon jy die geweer toets is hy nou reg

Re: Terug na die basiese dinge

Posted: Tue Jun 10, 2014 11:38 am
by Hingsding
Hallo Filp en ander.

Man met die aaklige weer in die Kaap en na n hartseer jagtog kon ek nog nie behoorlik tyd kry om weer te skiet nie.

Maar glo my, sodra ek kan laat weet ek julle manne dadelik.

Re: Terug na die basiese dinge

Posted: Tue Jun 10, 2014 7:31 pm
by Gert Odendaal
Aa die weer in die Kaap kan jy moontlik nie baie doen nie, maar die "hartseer jag tog " klink nie goed nie..kan ons uit jou ondervindig leer , ek wil nie my neus in ander manne se sake steek nie maar manne se minder lekker ondervindinge het al van ons lede ook `n terleurstelling of twee gespaar...?

Re: Terug na die basiese dinge

Posted: Tue Jun 10, 2014 8:28 pm
by Louis Kriel
Hingsding ek het ook nou net begin 243 skiet, ook n Howa miskien kan ons gesels, my groepe lyk mooi. Watter baan skiet jy?

Re: Terug na die basiese dinge

Posted: Wed Jul 16, 2014 9:25 am
by Hingsding
More Louis.

Skies ek kom nou eers terug na jou toe, het bietjie n rowwe tyd agter die rug en kon nie meer so gereeld op die forum uit soos ek graag sou wou nie.

Skiet by Durbanville or by Hermanus soms ook by Somerset pistol club maar daar is slegs n 50meter baan. Skiet net vir spoed meet daar.

As ek mag vra, wat voer jy jou Howa?

Oom Gert, die persoon by wie ons gaan jag het is kort na die jag oorlede en sy vrou se suster se kerel tydens die jagtyd wat ons by hulle was. (Die persoon was nie by die jag betrokke nie).

Verder moet ek ook byvoeg dat ek die geweer laat "bed" het en vandat dit gedoen is en die slot nie meer aan die kolf raak nie gaan dit myle beter.

Groete

Re: Terug na die basiese dinge

Posted: Wed Jul 16, 2014 11:11 am
by 375fanatic
Hingsding wrote:More Louis.

Verder moet ek ook byvoeg dat ek die geweer laat "bed" het en vandat dit gedoen is en die slot nie meer aan die kolf raak nie gaan dit myle beter.

Groete
gedink dit sal dit uitsort

Re: Terug na die basiese dinge

Posted: Wed Jul 16, 2014 4:08 pm
by Louis Kriel
Great bly om te hoor jy het hom uitgesort.