Page 1 of 1

Scope reticles

Posted: Mon May 19, 2014 12:30 pm
by Sabbat .308
Middag Jagters

Ek soek meer inligting hoe om my nuwe 6-24-50 T3 Rudolph Scope se retaciles te gebruik enige raad sal welkom wees .

Re: Scope reticles

Posted: Mon May 19, 2014 12:44 pm
by Rudie
As jy al jou gegewens hier opsit dan kyk ek op Strelok waar al jou merkies is. Ek het spoed en BC nodig saam met watse gewig koël en kaliber.

Re: Scope reticles

Posted: Mon May 19, 2014 1:16 pm
by Capt. Yoda
Rudie het jy daai T3 op Strelok?

Re: Scope reticles

Posted: Mon May 19, 2014 1:44 pm
by Nickvn
Ja hy is op Strelok pro. Ek gebruik hom ook en werk lekker.

Re: Scope reticles

Posted: Mon May 19, 2014 1:45 pm
by Capt. Yoda
Dankie Nick, daai vinnige Admin Geno het my reg gehelp.Is nou gou besig om pro te kry

Re: Scope reticles

Posted: Mon May 19, 2014 2:10 pm
by Nickvn
So lyk myne.
IMG_4095.jpg

Re: Scope reticles

Posted: Mon May 19, 2014 2:18 pm
by Sabbat .308
Baie Dankie Rudie ek sal as ek vanaand by die huis kom al die detail wat jy nodig het vir jou laai sodat jy alles het wat jy sal nodig kry net een vraag moet ek my lading ontwikkeling klaar doen voor ek al die detail vir jou stuur.

Baie dankie dit is wonderlik om te weet daar is mense wat nog inligting deel met nuwe jagters.

Baie mooi Kudoel Bul .

Re: Scope reticles

Posted: Mon May 19, 2014 3:28 pm
by Rudie
Capt. Oblivious wrote:Rudie het jy daai T3 op Strelok?

Kaptein hy is op Strelok Pro. As jy wil he ek moet vir jou reticles uitwerl en stuur laat weet maar. Hy het nice funksie waar jy die kruishaar kan email.

Re: Scope reticles

Posted: Mon May 19, 2014 3:29 pm
by Rudie
Skuus sien jy het klaar reg gekom ;D

Re: Scope reticles

Posted: Sun May 25, 2014 10:29 pm
by Piet Breedt
Andre Volschenk in die Kaap het hierdie reticle spesifiek ontwerp vir Veldskiet en gonge skat. As jy meer wil weet oor hoe, kan ek hom vra of ek sy tel nommer vir jou kan gee.

Re: Scope reticles

Posted: Mon May 26, 2014 7:43 am
by Nickvn
Ek het die naweek bietjie verder geskiet met die .223 as gewoonlik en het Strelok pro gebruik om te sien hoe akuraat hy is. Tot en met 200m was hy reg, maar vanaf 300 en 400m was hy redelik uit, baie te hoog geskiet. Ek het met al die stellings gespeel maar het nie reg gekom om hom presies reg te kry oor al die afstande nie. Het enige een van julle al hom oor al die afstande geskiet en was hy reg?

Re: Scope reticles

Posted: Mon May 26, 2014 7:56 am
by Geno
Oom Nick,
Watse koeels gebruik Oom? Onthou, die G1 drag-model is nie vreeslik akkuraat met bootstert koeels nie. G7 is die model om te gebruik.