Page 1 of 1
Bestuur van hanslammers
Posted: Sun May 18, 2014 10:18 am
by cassie_calvinia
manne
kom ons gesels bietjie hoe elkeen sy hanslammers bestuur.
melk is maar duur. vul jul aan met kruipvoer? vir hoe lank gee jy 2 keer per dag melk. of 1 keer per dag?
het julle al enige patente gemaak om bottel te gee?
wat is die beste raad vir klein dun lammers? hul vrek soos niks.
Re: Bestuur van hanslammers
Posted: Sun May 18, 2014 11:17 am
by johans
klein lammertjies gee ek 3keer per dag melk.soos hulle groter word 2 keer en naderhand net een keer per dag.ek sit vir hulle van die begin af fyn lusern by om te keer dat hulle skittery,want as dit begin is dit nag.jy sal verbaas wees van watse klein ouderdom hulle begin peusel.as hulle al lekker vreet gee ek van daai lehoender pilletjies by,dis hoog in protien en laat hulle mooi groei.jy moet ook die melk met n glasbottel gee,die lam moet speeksel om die tiet maak wat hy weer insluk wat baie noodsaaklik is vir sy maag.plastiekbottels duik in soos wat hy drink en laat hulle ook te vinnig drink,dis belangrik dat die tiet se gat nie te groot is nie anders blaas hulle op.een dag oue lammers probeer ek eers aan n ooi laat suip omdat die bies baie belangrik is
Re: Bestuur van hanslammers
Posted: Sun May 18, 2014 11:35 am
by wlm
Melkbokke is vir my die maklikste. Geen poeiermelk wat gemeng moet word nie. Geen bottels of tiete om skoon te hou nie. Geen lammers wat maagwerk kry nie. Lammers kry twee maal per dag melk. Gee goeie kwaliteit lusernhooi en goeie kwaliteit lamkruip-pille vanaf dag 1 by. Lammers kry elke melktyd hooi en pille . Selfs net 200 ml bokmelk per dag sal 'n lam laat oorleef. Groter lammers kry hooi en kruippille ad lib om so gou as moontlik 35 kg te bereik vir bemarking.
Moenie hanslammers as aanteeldiere hou nie en skot alle ooie wat nie self hulle lammers groot maak nie uit en die probleem van hanslammers raak gou klein.
Gebruik die boklammers om by jou wildswors in te werk. Melkbokke se vet het daardie selfde "olierigheid" as Persie-vet. Ek braai vanmiddag twee ontbeende bokboudjies. Onthou bokvleis was goed genoeg dat Jakob vir Esau daarmee kon verkul!

Re: Bestuur van hanslammers
Posted: Sun May 18, 2014 12:02 pm
by cassie_calvinia
ek oorweeg ook om weer melkbokke te kry.
ek gee wel uit glasbottel melk. en kook die bottels en tiete so elke 2de dag.
Re: Bestuur van hanslammers
Posted: Sun May 18, 2014 1:19 pm
by Heinz Petersen
Ek het 4 melkbokke en hulle moet ma staan as die boerbok ooie nie kan of nie genoeg melk het nie. In die lam hokke gooi ek dan net n bietjie pille en die lammers begin vroeg daarvan eet.
Re: Bestuur van hanslammers
Posted: Sun May 18, 2014 3:18 pm
by johans
wlm wrote:Melkbokke is vir my die maklikste. Geen poeiermelk wat gemeng moet word nie. Geen bottels of tiete om skoon te hou nie. Geen lammers wat maagwerk kry nie. Lammers kry twee maal per dag melk. Gee goeie kwaliteit lusernhooi en goeie kwaliteit lamkruip-pille vanaf dag 1 by. Lammers kry elke melktyd hooi en pille . Selfs net 200 ml bokmelk per dag sal 'n lam laat oorleef. Groter lammers kry hooi en kruippille ad lib om so gou as moontlik 35 kg te bereik vir bemarking.
Moenie hanslammers as aanteeldiere hou nie en skot alle ooie wat nie self hulle lammers groot maak nie uit en die probleem van hanslammers raak gou klein.
Gebruik die boklammers om by jou wildswors in te werk. Melkbokke se vet het daardie selfde "olierigheid" as Persie-vet. Ek braai vanmiddag twee ontbeende bokboudjies. Onthou bokvleis was goed genoeg dat Jakob vir Esau daarmee kon verkul!

ekt ook melkbokke gehad maar hulle het my teveel moeilikheid gegee,kruip draad en loop net waar hulle wil.dit maak ook nie vir my sin om hulle heel jaar aan te hou net vir een maand wat ek hulle nodig het vir hanslammers nie
Re: Bestuur van hanslammers
Posted: Sun May 18, 2014 6:07 pm
by Werfbobejaan
Die eerste ding wat ek vir n hanslam of lammetjie wat koud kry is 1ml terramycin in die bek dan sy melk. Klein lammetjies kry 3keer per dag vir n week dan 2keer n dag. Op twee weke eet n lam al redelik sterk en ek speen hulle op 6weke dan kry hulle net pille.
Re: Bestuur van hanslammers
Posted: Sun May 18, 2014 6:40 pm
by 222 Sako
Ek het ook die bok ding probeer en dit werk baie goed. As jy egter nie n bok boerdery het nie is dit moeilik om altyd n bok in melk te he as jy meer as een lamseisoen het. Poeiermelk werk vir my makliker en die lammers word vir my mooier as met beesmelk. Gee vir hulle dieselfde voermol rantsoen wat ons in kruipvoer hokke gebruik. Sukkel nogal baie met longontsteking ek dink die glasbottels gaan baie help, want ek gebruik 500ml plastiek tot nou. Die beste nog is om in die lamhokke die hans vir n jong ooitjie te gee. Breek die vrugwater oor die nat skoongewaste hansie en sy vat hom soos niks sy dink sy het n tweeling gekry. Die groot ooie vat hulle nie so maklik, lyk my hulle onthou hulle is met enkelinge gescan.
Re: Bestuur van hanslammers
Posted: Sun May 18, 2014 6:43 pm
by 222 Sako
O ja, ek merk daai lammers sodat hulle nie kan terug kom kudde toe nie. Baie nb!
Re: Bestuur van hanslammers
Posted: Tue May 27, 2014 11:01 am
by HCVWYK
Los hanslammers by die water dalk kry sy ma hom. Los hom net daar en as hy nie ma kry nie dan vang die jakkals nie daai aand een van die sterker lammers nie.
Hoeveel wins maak julle deur hom so te voer en koperasie melk te koop en al die arbeid daaraan.
Hanslammers grootmaak is dalk meer n ding van die lam jammer kry of dalk jou vrou besig te hou?
Re: Bestuur van hanslammers
Posted: Tue May 27, 2014 12:03 pm
by Motto
Ons gee die hanslammers aan vir ooie wat lam verloor het. Gewoonlik is die ooie sonder lammers meer as die lammers sonder ooie, vat partykeer sommer van die tweelinge wat nie genoeg melk het en gee vir ooi wat se lam gevange is of lam deur die gat getrek het. Dit werk met Dorpers, weet nie van ander rasse nie. Daar is selde of ooit lammers wat moet bottel melk kry.
Re: Bestuur van hanslammers
Posted: Tue May 27, 2014 12:24 pm
by johans
HCVWYK wrote:Los hanslammers by die water dalk kry sy ma hom. Los hom net daar en as hy nie ma kry nie dan vang die jakkals nie daai aand een van die sterker lammers nie.
Hoeveel wins maak julle deur hom so te voer en koperasie melk te koop en al die arbeid daaraan.
Hanslammers grootmaak is dalk meer n ding van die lam jammer kry of dalk jou vrou besig te hou?
as jy dit oor jou hart kan kry om hom daar te los dat hy vrek dan kan dit seker vir jou werk.ek kan dit nie doen nie,ek probeer maar elke lam grootmaak.in die Bybel staan die diere is aan jou besorg om na hulle om te sien
Re: Bestuur van hanslammers
Posted: Tue May 27, 2014 12:45 pm
by cassie_calvinia
ek kan ook nie net 'n lam los nie. my trane loop elke keer as een dood gaan. dit voel of ek hul teleurgestel het, en hul misluk het
Re: Bestuur van hanslammers
Posted: Tue May 27, 2014 1:08 pm
by Ockert1992
Ek voel ook maar dat as jy na jou lammers kyk sal hulle na jou ook kyk!
Maar ja dit werk nogal om die hanse aan ooie te sit wat aflam is. Dit vat net bietjie tyd en geduld, maar dis die moeite werd.