Page 1 of 1

Laminated stock kleure

Posted: Mon Feb 14, 2011 4:23 pm
by jacster
Dagse Ouens

Ek het besluit om Laminated kolf op te sit.Maar nou is die groot probleem watse kleur.Ek het die hele naweek deur gesit en na kleure gekyk op www.rifle-stocks.com.En ek moet se hoe meer ek kyk hoe minder kan ek besluit watse kleur.Ek hou baie van die "Thumbhole Target Style".

Wil nie graag met die traditional stock gaan nie want ek wil graag ietsie anders he,want as ek nie geld het vir jag trippie nie dan wil ek hom darem uit kluis haal en ure vir hom sit en kyk.Dis moeilik om na prente te kyk en verbeelding te gebruik oor hoe die finale produk sal lyk.Dis darem baie geld en n ou wil seker maak die eerste kies is die regte keuse.

Laat weet my watse kleure hou jul manne van dalk het julle al van die finale produkte al by klubs of so gesien al.

Re: Laminated stock kleure

Posted: Mon Feb 14, 2011 4:50 pm
by Witpietskiet
Jacster, as ek nou kon kies en van wat ek al gesien het sal dit Electric Blue wees.

My 2c en sterkte.

Re: Laminated stock kleure

Posted: Mon Feb 14, 2011 5:43 pm
by Christo
So lyk die een wat ek bestel het. Royal camo. Net een ding. As jy 'n CZ/Brno gebruik is die sneller nogals ver voor, gelukkig is my hande groot maar dit pla my kinders.

Image

Re: Laminated stock kleure

Posted: Tue Feb 15, 2011 6:18 am
by Michiel(MCR)
Hi,

Daai Royal camo kolf lyk darem maar pragtig.......... 8)




MCR

Re: Laminated stock kleure

Posted: Tue Feb 15, 2011 6:41 am
by Chrisjan
Dit is presies wat op my 243 Ruger varmint gaan kom. Mooi bly maar mooi!

Re: Laminated stock kleure

Posted: Tue Feb 15, 2011 7:03 am
by krisie
M?re JACSTER.

Ek het ook by die kleur was gesteek vir my 308, lyk baie mooi.

Lekker dag.

KRISIE.

Re: Laminated stock kleure

Posted: Tue Feb 15, 2011 7:20 am
by jacster
Christo wrote: So lyk die een wat ek bestel het. Royal camo. Net een ding. As jy 'n CZ/Brno gebruik is die sneller nogals ver voor, gelukkig is my hande groot maar dit pla my kinders.

Image
watse kaliber is daai.En hoe lank het jy gewag vir aflewering as ek mag vra.Ek hou baie van die "Black Widow",dan is daar nog die klassieke kleur "Rosewood",vrou hou van die "Autumn leaves".Ek weet nie meer watse kant toe nie.As ek kon dan koop ek sommer nog ses gewere dan het ek al die kleure,einde van kopseer.

Re: Laminated stock kleure

Posted: Tue Feb 15, 2011 7:31 am
by Francois Marais
Jacster

Hulle is almal mooi......

Rooi, Pers, Blou, Geel, Almal se ek jou, voorspoed met jou keuse....

Mooi loop
Francois

Re: Laminated stock kleure

Posted: Tue Feb 15, 2011 10:40 am
by Felix
Jacster

Ek het die Pepper Laminated van Boyds. Lyk baie nice. Het net nie nou vir jou foto van die geweer by my nie, maar hier is hoe die kolf lyk.

Image

Maar ek moet saam stem met oom Francois, jy gaan sukkel om n lelike een te kry!

Sterkte
Felix

Re: Laminated stock kleure

Posted: Thu Feb 17, 2011 12:41 pm
by Arnold
Ek het een in blou ...
Image
Image
Image
Image

Re: Laminated stock kleure

Posted: Thu Feb 17, 2011 4:14 pm
by Michiel(MCR)
Ek kry sommer trane in my oge!!
Dis wragtig pragtiggggggg! kerels.............


verskoon my maar asb......

Re: Laminated stock kleure

Posted: Thu Feb 17, 2011 9:07 pm
by Johan04
Julle manne wat weet,vir watter aksies kan die kolwe bestel word. Maak hulle dit vir Lyttelton RSA aksie ook,met magesein en ook enkelskoot?

Groete

Johan

Re: Laminated stock kleure

Posted: Fri Feb 18, 2011 7:48 am
by Chrisjan
Arnold, Waar kom daai kolf vandaan? Ek soek ook een met 'n seer hart ;)

Re: Laminated stock kleure

Posted: Fri Feb 18, 2011 7:48 am
by James Wilson
Johan as jy by Boyds se site kyk dan lys hulle vir jou al die aksies. so nie kan jy n "blank" bestel in die kleur wat jy wil he en dan kan n wapensmit dit vir maak in die kolf van jou aksie.

Re: Laminated stock kleure

Posted: Fri Feb 18, 2011 7:51 am
by James Wilson
http://www.boydsgunstocks.com/

kyk maar op die link, ek het een daar bestel in okt 2010. saam met posgeld so R780 betaal. 11 dae gewag

Re: Laminated stock kleure

Posted: Fri Feb 18, 2011 8:16 am
by jacster
Arnold

Daai is n baie mooi kolf.

Enigste pyn wat ek het met Boyds is dat vir my aksie(Howa) is die kolwe almal "straight comb" met receiver.Ek soek graag een met "raised comb" soos Arnold sin en al waar ek een gesien het is by www.rifle-stocks.com.

Wil Boyds kontak om te hoor of hulle nie Thumbhole kan maak met raised comb vir Howa aksie nie.

Re: Laminated stock kleure

Posted: Fri Feb 18, 2011 8:49 am
by Arnold
Ek wag vandag 3 weke vir 'n Boyds kolf wat nog nie eens verskeep is nie. Ek het egter dit geweet aangesien die kolf uit voorraad is.

Die kolf in die prentjie is van www.rifle-stocks.com
Vir die kolf het ek omtrent 13 weke gewag, die aksie was skeef ge-inlet en het nog baie werk verys om hom so mooi te kry.
Maar nou ja, mooi bly mooi!

Re: Laminated stock kleure

Posted: Fri Feb 18, 2011 10:40 am
by Michiel(MCR)
Arnold wrote: Ek wag vandag 3 weke vir 'n Boyds kolf wat nog nie eens verskeep is nie. Ek het egter dit geweet aangesien die kolf uit voorraad is.

Die kolf in die prentjie is van www.rifle-stocks.com
Vir die kolf het ek omtrent 13 weke gewag, die aksie was skeef ge-inlet en het nog baie werk verys om hom so mooi te kry.
Maar nou ja, mooi bly mooi!
Hi Arnold,

Dit lyk vir my dit is n "ou-lie" van rifle-stocks om so n swak inlay van die aksies te maak, dit het met my en met Chrisjan ook gebeur.Sy kolf was so sleg hy moet hom nog terug stuur,op sy kostes natuurlik!  >:(
Ja dit is maar n kaans wat ons maar moet vat as jy so iets bestel...........

Mooi loop.
Michiel.

Re: Laminated stock kleure

Posted: Sat Feb 19, 2011 9:02 am
by Johan04
Dankie Jagbeheb