Page 1 of 1
Naaste jakkals aan dorp geskiet?
Posted: Mon Apr 13, 2009 12:05 pm
by Gerhard
Ek wil graag by julle weet hoe naby het julle al aan dorp geroep en geskiet.
Ek het jakkalse vir my plesier geskiet en nie vir geld nie. (Wens ek kon)
Een van my kliente bly op plot 10 km van die Hans Strydom op die Lynnwood pad uit in Pretoria.
Hy het wild op die 40 hektaar plot maar hy bel my een oggend en se iets vang sy gaanse en ek moet kom kyk.
Of ek kom roep en skiet die ding wat sy gaanse vang of hy gooi gif.
Ek pes gif so is daai aand uit,
Na 45 min se roep op een staan plek (kon nie beweeg nie die plot was te klein) kry ek jakkals wat in kom.
Ek het later daai winter weer gaan roep en nog jakkals geskiet.
Het draai jakkals ook in geroep.
Moet se is nogal stress vol om so op die plotte te roep en te skiet. Gelukkig werk die silencer nie te sleg nie....
Re: Naaste jakkals aan dorp geskiet?
Posted: Mon Apr 13, 2009 12:42 pm
by britsman
Gerhard,
One wonders how long it will be for jackalls will be found in our towns. Read below about coyotes in USA.
Coyote Attacks: An Increasing Suburban Problem
Coyote attacks on humans and pets have increased within the past 5 years in California. We discuss documented occurrences of coyote aggression and attacks on people, using data from USDA Wildlife Services, the California Department of Fish & Game, and other sources. Forty-eight such attacks on children and adults were verified from 1998 through 2003, compared to 41 attacks during the period 1988 through 1997; most incidents occurred in Southern California near the suburban-wildland interface. Attack incidents are typically preceded by a sequence of increasingly bold coyote behaviors, including: nighttime coyote attacks on pets; sightings of coyotes in neighborhoods at night; sightings of coyotes in morning and evening; attacks on pets during daylight hours; attacks on pets on leashes and chasing of joggers and bicyclists; and finally, mid-day sightings of coyotes in and around children?s play areas. In suburban areas, coyotes can lose their fear of humans as a result of coming to rely on ample food resources including increased numbers of rabbits and rodents, household refuse, pet food, available water from ponds and landscape irrigation run-off, and even intentional feeding of coyotes by residents. The safe environment provided by a wildlife-loving general public, who rarely display aggression toward coyotes, is also thought to be a major contributing factor. The termination or reduction of predator management programs adjacent to some urban areas has also served to contribute to coyotes? loss of fear of humans and to a dependency on resources in the suburban environment. Corrective action can be effective if implemented before coyote attacks on pets become common. However, if environmental modification and changes in human behavior toward coyotes are delayed, then removal of offending predators by traps or shooting is required in order to resolve the threat to human safety. We note the failure of various non-lethal harassment techniques to correct the problem in situations where coyotes have become habituated to human-provided food resources. Coyote attacks on humans in suburbia are preventable, but the long-term solution of this conflict requires public education, changes in residents? behavior, and in some situations, the means to effectively remove individual offending animals.
britsman
Re: Naaste jakkals aan dorp geskiet?
Posted: Mon Apr 13, 2009 12:59 pm
by Gerhard
I have known that Coyotes are taking pets in and around towns in US for some time.
Doubt we will get jackal to get that arrogant but they are around....
Re: Naaste jakkals aan dorp geskiet?
Posted: Thu Jun 11, 2009 8:30 pm
by Caller
Gerhard
Hier is al 'n jakkie in Bloem se middestad by 'n robot doodgery.
Een aand gewaar Chub sekuriteit 'n jakkie in die strate van Bloem en kom by 'n kolega van my uit. Hulle gaan soek hom en vind hom, net om te sien hoe sny ta 'n lyn om onder deur 'n heining en terug in sy kamp in die Bloemfonteinse dieretuin te verdwyn. Lyk my ta rus en kry kos in die dieretuin en snags verf hy die stad rooi. Sy nagtelike eskapades was egter van korte duur, aangesien die nuwe hokke deesdae rerrig jakkalsproef is
Ek het ook al 'n jakkie op die plotte buite Bloem gekap. Was 'n groot meneer wat ook ganse gevang het en skaaplammers aangeval het. Ek het twee getuies wat kan getuig dat hy los bo-oor 'n lyndraad gespring het (sonder om die draad te raak), om onder my wind te probeer kom. Gelukkig was dit sy laaste draadspring.
Caller
Re: Naaste jakkals aan dorp geskiet?
Posted: Thu Jun 11, 2009 9:11 pm
by Ambessa
Hallo Caller
Gisteraand (+-19h00) rakelings by 'n groot meneer verby terwyl hy (net waar die lane vanaf Petrusburg in twee verdeel) ewe rustig oor die pad draf.
Ambessa
Re: Naaste jakkals aan dorp geskiet?
Posted: Sun Jul 19, 2009 11:00 am
by boeta
Twee kilometer uit Mariental
Re: Naaste jakkals aan dorp geskiet?
Posted: Mon Jul 20, 2009 9:02 am
by JACQUES BOTHA
AM. CALLER
EK HET 3 GESKIET OP DIE PETRUSBURG PAD. 3 KM UIT DIE DORP..AL 3 HET REGUIT UIT DIE MUNISPALE WILDKAMP GEKOM. DIE EIENAAR HET GESIEN HOE DIE JAKKALS SY GANSIES WEGDRA EN OPEET...EK HET 2 OP DIE PLOT GESKIET EN EEN 5 TREE ANDERKANT DIE DRAAD.. DALK MOET EK DIE MUNISIPALITEIT NOG N REKENING STUUR ......DIE BOER/PLOTBEWONER HET BETAAL MAAR NET VIR 2 . NA Y GESIEN HET HOE GOED WERK DIE ROEP HET HY MY ROEPER GELEEN VIR N JAGTRIP NA SUID WES...TOE HY TERUGKOM OOR DIE GRENS HET HY MY GEBEL EN GESE EK MOET MY GOED KOM HAAL SODRA HY LAND IN DIE REPUBLIEK....NA HY MY VERTEL HET HY ROEP EN SKIET NOOIT WEER JAKKALSE NIE... BY SY EERSTE ROEPPLEK IN SUID WES, KOM DIE OOG UIT EN HY BRAND HOM BINNE 30 SEKONDES.....N PRAGTIGE DIER.....N VOLBLOED ARABIER HINGS.....KOS HOM TOE R10 000 VIR DIE PERD WAT IN N DROE GRONDDAM LE E SLAAP HET EN TOE DIE OPKYK SIEN HY NET DIE OOG BO DIE DAMWAL UITSTEEK EN POS HOM KOPSKOOT........SO REEL EEN MOET NIE OP N OOG SKIET NIE........
IDENTIFISEER EERS DIE TEIKEN.......POSITIEF..
Re: Naaste jakkals aan dorp geskiet?
Posted: Mon Jul 20, 2009 10:02 am
by Caller
REEL TWEE !!!
MOENNIE OP DIE PLOTTE SKIET NIE, DIT IS IN 'N STEDELIKE GEBIED EN JY KAN JOU WAPENS VERLOOR.
Jy moet hoop "GENERAAL" JACO BOTHMA lees nie di? forum nie.
Daai plotte val onder die groter Bloemfontein Munisipaliteit en is dus stedelike gebied.
Caller
Re: Naaste jakkals aan dorp geskiet?
Posted: Mon Jul 20, 2009 10:43 am
by JACQUES BOTHA
CALLER
NEE DIT DOEN NIE DIT IS GEREGISTREER AS N PLAAS. EN HOE SKIET DIE MANNE DIE LEEUKOS DAAR?
Re: Naaste jakkals aan dorp geskiet?
Posted: Mon Jul 20, 2009 11:04 am
by Freek
Jakes, Caller is reg - Jy moet baie versigtig wees...liewer nie skiet op plette nie. Goeie storie van die Perd wat geskiet is, ek dink dat dit nogal in 'n taai situasie kan ontaard - daai ou het lig daarvan af gekom, Arabier perde is nie goedkoop nie.
Ek het nou die dag Jakkals mannetjie op straat hoek in Heidelberg gesien en 'n vriend van my wat daar naby in die dorp bly reken die jakkals is 'n algemene gesig. Hy is blykbaar al so tuis, sit op die straat hoeke langs die asblik sakke en sing sy liefdes lied. Kan jy glo...

Re: Naaste jakkals aan dorp geskiet?
Posted: Mon Jul 20, 2009 12:22 pm
by GREYHOUND
HIER IN RISSIVILLE N WOONBUURD IN VEREENIGING SKEER DIE JAKKALSE DIE VULLIS SAKKE SNAGS OOP WAT DIE MENSE UITSIT V D VOLGENDE DAG. EEN AAND DAAR GEROEP TEEN DIE DORP, OORKANT DIE STRAAT IS N PUB EN GRILL EK KON HOOR HOE KUIER DIE MANNE DA BINNE EN TWEE HET INGEKOM MAAR DIE STRAAT LIGTE HET OP ONS GEVAL TOE VAT HULLE DIE PAD. SAL DIE JAKKALSE NIE MET DIE HONDE BEGINNE TEEL NIE SOOS DIE KOYDOGS WAT JY IN VSA KRY NIE.
GREYHOUND
Re: Naaste jakkals aan dorp geskiet?
Posted: Mon Jul 20, 2009 12:55 pm
by Freek
Greyhound ek twyfel sterk of jakkals met hond sal teel. As dit gebeur, moes ons nou al lankal 'n klomp baster jakkalse opgemerk het met die boere, hul aarbeid en almal se honde wat so op die plase saam met die jakkalse bly. Ek het nog nooit 'n baster jakkals raak geloop nie. Miskien kan een of 2 van die slim manne vir ons verklaar of dit werklik kan gebeur of nie. Ek het wel al baie skelm honde gesien... who knows? Sal interesant wees om te sien wat die kenners hier verklaar.
Groete
Re: Naaste jakkals aan dorp geskiet?
Posted: Mon Jul 20, 2009 2:14 pm
by Caller
Freek en ander
Di? wat dit nou nog nie weet nie of dit nog nie hier op die forum gelees het nie. Rooijakkalse en honde kruis virseker en ek het die fotos om dit te bewys. Dit word 'n hakkals genoem.
Freek.
Ek is weer daar in jou geweste (Parys), Dinsdag en Woensdag. Kom Donderdag terug. Gaan weer daar langs die Vaal bly. Jy is welkom om te kom kuier.
Caller
Re: Naaste jakkals aan dorp geskiet?
Posted: Mon Jul 20, 2009 11:15 pm
by Ambessa
Hallo Freek
Freek wrote:...het nog nooit 'n baster jakkals raak geloop nie...
...wag ook nog met groot afwagting vir 'n duidelike foto (of twee) van so 'n diertjie?
Ambessa
Re: Naaste jakkals aan dorp geskiet?
Posted: Wed Jul 29, 2009 7:16 am
by tafjak
Ek weet nou nie of Klipplaat as 'n dorp gereken word nie, maar het darem 'n polisiestasie en hotel. Ek bestuur so 6jaar gelede vir Heinrich en hy skiet 'n stel 1,3km uit die dorp en 1,8km vanaf kroeg.
Taffie
Re: Naaste jakkals aan dorp geskiet?
Posted: Wed Jul 29, 2009 7:27 am
by Freek
Taffie, ek kry die idee jakkalse verstedelik ook nou. Trek agter die boere aan wat hul plase verloor het...
Caller, plaas bietjie vir ons die foto van die hakkals ons wil graag sien hoe lyk so 'n baster jakkals.
Re: Naaste jakkals aan dorp geskiet?
Posted: Wed Jul 29, 2009 9:26 am
by Ja3
Caller
Het op 'n tyd so foto gesien, maar sal graag my geheue wil verfris oor so rooi hakkels.
Freek
Dis interessante spekulasie daai van jou.

Dit verduidelik natuurlik nou hoekom Taffie en Heinrich
'n jakkals 1,8km vanaf 'n kroeg geskiet het.

Re: Naaste jakkals aan dorp geskiet?
Posted: Fri Jul 31, 2009 12:16 pm
by Ambessa
Hallo Tafjak
Ek hou daarvan as 'n man akkuraat is, veral om altyd te weet presies waar hy is...
Ambessa