Page 1 of 1
Ietsie vir Wouter....
Posted: Thu May 15, 2014 12:26 pm
by Chevvy SS
Re: Ietsie vir Wouter....
Posted: Thu May 15, 2014 1:27 pm
by Gawie(13mm)
Ou brag-gat.

Re: Ietsie vir Wouter....
Posted: Thu May 15, 2014 3:07 pm
by Zack Benade
Hi Chevvy
Het die lemoen van die arial afgeval teen daai spoed???
Was dit 'n Izuzu?
Op 'n ernstige noot, Wat is dit?
Re: Ietsie vir Wouter....
Posted: Thu May 15, 2014 3:52 pm
by Chevvy SS
Vergeet van die spoed Zack, kyk na die kragsyfers....
Re: Ietsie vir Wouter....
Posted: Thu May 15, 2014 4:02 pm
by Zack Benade
Met 640 Nm kan jy enige iets gemaklik sleep. Dis verseker iets om oor te spog al is die revs hoog om dit te kry.
Ek het maar 530Nm en sleep 'n exclusive karavaan met groot gemak maar ek sal beslis nie omgee vir daai ekstra 100Nm nie. In my boekie is daar nie iets soos genoeg krag nie.
Ek neem aan dis 'n petrol engine as ek daai revs so kyk. Wat se masjien is dit?
Re: Ietsie vir Wouter....
Posted: Thu May 15, 2014 4:07 pm
by Chevvy SS
My Lumina Zack. 370Kw en 643 Nm.
Re: Ietsie vir Wouter....
Posted: Thu May 15, 2014 5:03 pm
by Geno
Is n Lumina nie net n plat Kazoes nie?
Re: Ietsie vir Wouter....
Posted: Fri May 16, 2014 2:52 pm
by BLOK
Re: Ietsie vir Wouter....
Posted: Tue May 20, 2014 8:36 am
by tau
Oom Chevy is dit die Kar of die bakkie? Die ou 5.7 Bakkie was 'n straightline killer en twist killer!!!! As dit geren het het jy net so gemik en druk dan bid. EK verstaan die nuwe 6.0 karre is BAIE beter. Het Boetie op Vredendal nog seine?
Re: Ietsie vir Wouter....
Posted: Tue May 20, 2014 9:00 am
by Wouter Roets
Chevvers
Dit is verseker indrukwekkend! Vertel bietjie meer wat alles gedoen is aan die enjen man. Is dit die 5.7 of 6.0 liter weergawe?
Groetnis
Wouter
Re: Ietsie vir Wouter....
Posted: Tue May 20, 2014 9:36 am
by Chevvy SS
Wouter, verskoon die Engelse terme. Daar is nie vreeslik baie gedoen nie, net die volgende:
1. Mild cam
2. 76mm twin exhaust met headers, cats verwyder
3. Over-the-radiator cold air induction
4. Die ou intake manifold is behou aangesien daar genoeg flow is
5. Kleiner underdrive pulley.
Ordentlike tune. My maat het die kar vir 'n week gehad, verskillende rystyle bedags gedoen en die data gelog. Saans het hy die nodige verstellings gedoen. Dit is op 'n Australiese rekenaarprogram spesifiek geskep vir die Holdens.
Dit is 'n 6.0l auto.
Re: Ietsie vir Wouter....
Posted: Tue May 20, 2014 9:41 am
by Wouter Roets
Chevvers
Ek glo daai meneer sit elke liewe keer as jy in hom in klim n glimlag op jou gesig! Ek en my broer kyk ook al lankal na so iets, maar ai ons paaie! Jammer dat hulle hom nie meer invoer nie want ek glo nog steeds dit is een van die beste en mees sinlike mussle cars wat jy kan koop.
Geniet hom!
Wouter
Re: Ietsie vir Wouter....
Posted: Tue May 20, 2014 11:46 am
by Chevvy SS
Jy is reg daaroor Wouter

> Ek laat my net deur hom in die rug skop.
Miskien is die volgende 'n klein skootjie NOS....
Re: Ietsie vir Wouter....
Posted: Tue May 20, 2014 11:51 am
by Wouter Roets
Chevvers
Glo ook die maatjie help om daai Viagra rekening laag te hou. Die teendeel kan ook wees dat n mens juis weer Vaigra gaan nodig kry as jy deur sekere woonbuurte gaan ry met die koets.
Groetnis
Wout
Re: Ietsie vir Wouter....
Posted: Tue May 20, 2014 2:44 pm
by Chevvy SS
Dit het al 'n paar keer gebeur dat daar tussen 5 en 7 karre se alarms afgaan as ek in Tygervallei se onderdak parkering deurrammel

. Nou parkeer ek maar buite.