Page 1 of 2

Jakkals geskiet en die gaar maak daarvan.

Posted: Wed May 14, 2014 10:22 am
by G-force
Ek het so twee aande terug die jakkals geroep en geskiet daar voor my huis vroeg die aand.Het sommer onder n boom gele en caller entjie voor my uitgesit.
Die jakkals is toe saam my na die workshop toe volgende dag waar van my werkers besluit het dat hy ge-eet gaan word.Hy is geslag en vir die dag opgehang buite kant.Laasnag is hy in n pot gegooi en die vleis is van die bene afgekook.Uie,olie en "spices" is by gegooi.Die manne se hy smaak heerlik,ek vat maar hul woord daarvoor.
[image]http://i677.photobucket.com/albums/vv140/rooibok_2009/Jakkals/IMG_0765_zpsaef2abec.jpg~original[/image]
[image]http://i677.photobucket.com/albums/vv140/rooibok_2009/Jakkals/IMG_0761_zps5e4e6fcb.jpg~original[/image]
[image]http://i677.photobucket.com/albums/vv140/rooibok_2009/Jakkals/IMG_0791_zpsf265e160.jpg~original[/image]
[image]http://i677.photobucket.com/albums/vv140/rooibok_2009/Jakkals/IMG_0819_zps829002ae.jpg~original[/image]
[image]http://i677.photobucket.com/albums/vv140/rooibok_2009/Jakkals/IMG_0816_zps947c264f.jpg~original[/image]

Re: Jakkals geskiet en die gaar maak daarvan.

Posted: Wed May 14, 2014 10:29 am
by Capt. Yoda
http://i677.photobucket.com/albums/vv140/rooibok_2009/Jakkals/IMG_0791_zpsf265e160.jpg~original

Die outjie het nogals n mooi karkas.Pleks jy maar geproe het G :P

Re: Jakkals geskiet en die gaar maak daarvan.

Posted: Wed May 14, 2014 10:38 am
by henried
Mooi skoot Ge, geen vleis skade nie. ;)

Re: Jakkals geskiet en die gaar maak daarvan.

Posted: Wed May 14, 2014 10:40 am
by Fanta300
Hulle sê mos jy is wat jy eet, so hy proe seker so bietjie na skaap >:+

Re: Jakkals geskiet en die gaar maak daarvan.

Posted: Wed May 14, 2014 10:51 am
by NicoSmit
ag nee F@#$%%^ hoe dik word my samie nou in my mond

Re: Jakkals geskiet en die gaar maak daarvan.

Posted: Wed May 14, 2014 11:12 am
by Ian
Gè

Daar by ons eet hulle weer die Rooikatte asof dit elke dag se rantsoen is.Liewerste hulle as ek.

Groete

Re: Jakkals geskiet en die gaar maak daarvan.

Posted: Wed May 14, 2014 11:32 am
by henried
Daai storie op Discovery, Yokon Men, eet hulle ook daai Lynx/Bobcat wat hulle vang.

Re: Jakkals geskiet en die gaar maak daarvan.

Posted: Wed May 14, 2014 11:35 am
by Triple2
My volkies laat ook nie n rooikat verby gaan as hy geval het nie. Praat nie eers van ystervark nie. Maar jakkals bly hulle ver weg!!

Re: Jakkals geskiet en die gaar maak daarvan.

Posted: Wed May 14, 2014 11:42 am
by win270
Vroeer vandag het iemand op hierdie forum verneem na geleenthede in die vleisbedryf . . . ;-)

Re: Jakkals geskiet en die gaar maak daarvan.

Posted: Wed May 14, 2014 11:45 am
by Ockert1992
Netjies Ge, ek was dam nog nooit so honger nie.

Watse roer is dit waarmee jy hom geskiet het?

Re: Jakkals geskiet en die gaar maak daarvan.

Posted: Wed May 14, 2014 12:16 pm
by G-force
Ockert1992 wrote:Netjies Ge, ek was dam nog nooit so honger nie.

Watse roer is dit waarmee jy hom geskiet het?
Dis n Schmeisser AR15 M5 in .223.

Re: Jakkals geskiet en die gaar maak daarvan.

Posted: Wed May 14, 2014 12:43 pm
by Gawie(13mm)
Netjies Ge. Ek dag eers jy gaan 'n "master chef" op ons trek en stap vir stap die resep met ons deurwerk in 'n "masterclass" ;D .
Daai karkas lyk amper soos 'n maar springbok-ooitjie.

Die vleis in die pot lyk meer na smoor-snoek as vleis. :o

My slaaiblare gee my nou sooibrand ++>:

Groetnis.

Re: Jakkals geskiet en die gaar maak daarvan.

Posted: Wed May 14, 2014 12:51 pm
by jamalley
My eie man het al by geleentheid die karkas van jakkals geneem om gaar te maak, maar ek stem saam - nie vir my sensitiewe palet nie. Ek dink dit sal jou wurms in jou kop gee nes sushi

Re: Jakkals geskiet en die gaar maak daarvan.

Posted: Wed May 14, 2014 4:06 pm
by Smirre
Het al biltong gemaak en vir my vriende wat al my biltong in my kantoor steel gegee

Daai vleis stink die ene piepie al is hy gesout

Smirre

Re: Jakkals geskiet en die gaar maak daarvan.

Posted: Wed May 14, 2014 4:13 pm
by vriell
Eisch !!!!

Re: Jakkals geskiet en die gaar maak daarvan.

Posted: Wed May 14, 2014 4:15 pm
by win270
Goeie idee, Smirre!!

Re: Jakkals geskiet en die gaar maak daarvan.

Posted: Wed May 14, 2014 5:06 pm
by Jan Thuynsma
Smirre wrote:Het al biltong gemaak en vir my vriende wat al my biltong in my kantoor steel gegee

Daai vleis stink die ene piepie al is hy gesout

Smirre

Gelukkig maak ek my eie biltong, met sulke vrinne sal mens spysverterings probleme kry :)

Re: Jakkals geskiet en die gaar maak daarvan.

Posted: Wed May 14, 2014 5:30 pm
by johans
Ian wrote:Gè

Daar by ons eet hulle weer die Rooikatte asof dit elke dag se rantsoen is.Liewerste hulle as ek.

Groete
ja hier is rooikat ook n groot dis

Re: Jakkals geskiet en die gaar maak daarvan.

Posted: Wed May 14, 2014 5:38 pm
by Marc
Ek weet ook van Volk wat stout is oor Tossels, maar nog nooit iemand vir Vlekkie sien eet nie :o

Re: Jakkals geskiet en die gaar maak daarvan.

Posted: Wed May 14, 2014 5:43 pm
by ROBBIE1
Ag nee flip sies, dis aaklig!!!

Ek sal my dood kots...... Die kraaie eet nie eers jakkals nie!

Re: Jakkals geskiet en die gaar maak daarvan.

Posted: Wed May 14, 2014 7:08 pm
by G-force
Wel snaaks genoeg die hoof jakkals kok het gese daar is geen manier wat HY n rooikat sal eet nie.

Re: Jakkals geskiet en die gaar maak daarvan.

Posted: Wed May 14, 2014 7:38 pm
by Ian
G-force wrote:Wel snaaks genoeg die hoof jakkals kok het gese daar is geen manier wat HY n rooikat sal eet nie.
Hoe lekker lag ek nou :laugh: :laugh: :laugh: .

Re: Jakkals geskiet en die gaar maak daarvan.

Posted: Thu May 15, 2014 7:51 am
by cg rossouw
As ek die storie in daai pan bekyk sal ek ook maar begin groete eet ipv vleis, nee ek slaan mors dood neer

Re: Jakkals geskiet en die gaar maak daarvan.

Posted: Thu May 15, 2014 8:16 am
by NicoSmit
Dit gaan nie jakkals skiet wees nie maar kat skiet

Re: Jakkals geskiet en die gaar maak daarvan.

Posted: Sun May 18, 2014 3:21 pm
by 2vierniks
Glo my! Die mense eet die goed! Ek dink dit is omdat 'n jak en 'n kat altyd vet is. Die spesifieke een op die post lyk nie so vet soos die meeste wat ek al gesien het nie, maar die mense eet dit. Jak en kat...