Page 1 of 1
Vleis bedryf.
Posted: Wed May 14, 2014 8:45 am
by HK&kie
Hallo almal.
Ek het bietjie raad nodig en hoop ek kan dit by julle kry.
Ek wil in die vleis bedryf in beweeg. Vee koop en dan by slag pale weer verkoop of aan ader vleis verspruiders. Ek het deur die gesprekke gegaan en gesien daar is redelik mense wat in die vleis beryf is. Waar begin n mens, hoe benader mens abatoirs.
Eninge advies en raad sal baie wardeer word.
Re: Vleis bedryf.
Posted: Wed May 14, 2014 11:45 am
by win270
Op 'n ligter noot, kyk bietjie op die forum hoe sekeres jakkalse gaarmaak en eet . . .
Re: Vleis bedryf.
Posted: Thu May 15, 2014 8:04 am
by cg rossouw
Ek weet Oos Londen slagpale kan jy gaan vleis koop soos jy wil, dit gaan wees aan wie jy verkoop. Baie of die meeste besighede sit voor die tyd hul bestellings in, nie seker of hulle dalk van agente gebruik maak nie, maar iewers is iemand wat baie geld maak van slagpale na die rakke. Ek weet dat jy R3-5 meer betaal per kg as wat die boer kry.
Sal intersant wees om te weet hoe die manne regtig werk.
Re: Vleis bedryf.
Posted: Thu May 15, 2014 8:28 am
by HK&kie
Behalwe vleis versprei, wil ek soos vee aan koop op veilings of by die boere en verkoop by slag pale ook. Maar die groot ding is om eers die bedryf te leerken en teweet waar begin mens met wat en hoe.
Re: Vleis bedryf.
Posted: Thu May 15, 2014 8:39 am
by wlm
Slagpale verkoop gewoonlik karkasse aan enige entiteit wat wil koop. Dit sal maklik wees om dit by die slagpale van jou keuse te doen. Jy het seker jou planne in plek oor hoe jy dit weer wil verkoop. Onthou net as jy die karkasse wil versnit of verwerk is daar wette en regulasies oor die plek waar jy dit doen, ens.
Die plan om diere by veilings te koop en dan net te laat slag gaan nie werk nie. Hoekom sal 'n boer sy vee onder slagwaarde op 'n veiling verkoop as hy dit self by die slagpale kan lewer. Die kopers by veilings be-oog om hulle wins te maak uit die karkas na slagting. Diere wat nie slaggereed is wat op veilings gekoop word se winsmarge is gesetel in die wins wat gemaak word uit die verkoop van die dier (of sy karkas) nadat die dier eers tot slaggereedheid gevoer is.
Re: Vleis bedryf.
Posted: Thu May 15, 2014 3:57 pm
by johans
wlm wrote:Slagpale verkoop gewoonlik karkasse aan enige entiteit wat wil koop. Dit sal maklik wees om dit by die slagpale van jou keuse te doen. Jy het seker jou planne in plek oor hoe jy dit weer wil verkoop. Onthou net as jy die karkasse wil versnit of verwerk is daar wette en regulasies oor die plek waar jy dit doen, ens.
Die plan om diere by veilings te koop en dan net te laat slag gaan nie werk nie. Hoekom sal 'n boer sy vee onder slagwaarde op 'n veiling verkoop as hy dit self by die slagpale kan lewer. Die kopers by veilings be-oog om hulle wins te maak uit die karkas na slagting. Diere wat nie slaggereed is wat op veilings gekoop word se winsmarge is gesetel in die wins wat gemaak word uit die verkoop van die dier (of sy karkas) nadat die dier eers tot slaggereedheid gevoer is.
dis waar,en dis n baie fyn lyn
Re: Vleis bedryf.
Posted: Thu May 15, 2014 9:06 pm
by Flip Fouche
Boere verkoop gewoonlik slagbare diere by veilings om die gelde vinniger te kry.Veilings huise vra n sekere persentasie kommissie en betaal die boer dadelik.Die meeste abbatoirs betaal die boere na 14 dae.
Hierdie, aankoop by veilings en dan slag,is baie riskant.
Groete
Flip