Page 1 of 1
Leupold ringe op RSA aksie - watter basis?
Posted: Tue May 13, 2014 4:28 pm
by Dant
Hello,
Ek het 'n scope gekoop vir 'n Musgrave RSA aksie gekoop en 'n stel Leupold std ringe saamgekry maar sukkel om 'n Leopold basis te kry vir die RSA. Is daar 'n ander basis wat sal werk?
Dankie
Re: Leupold ringe op RSA aksie - watter basis?
Posted: Tue May 13, 2014 5:17 pm
by Heinz Petersen
Thor basis. Ek het dit op my RSA.
Re: Leupold ringe op RSA aksie - watter basis?
Posted: Tue May 13, 2014 5:54 pm
by Giepie
Ek dink was gister 'n soortgelyke vraag op die forum. Ek het nie 'n RSA aksie nie, maar Vektor aksies op my twee gewere. Ek weet nie hoe die aksies van mekaar verskil nie. Die "Winchester 70 Standard Action en Marlin XL-7 Warne basisse pas reg op my aksies. So ek neem aan dat jy die Leupold basisse vir hierdie aksies ook sal kan gebruik.
Re: Leupold ringe op RSA aksie - watter basis?
Posted: Tue May 13, 2014 6:01 pm
by Dant
Heinz Petersen wrote:Thor basis. Ek het dit op my RSA.
Hello Heinz,
Pas die std Leuplod ringe op 'n Thor basis? Of het jy Thor basis en ringe?
dankie.
Re: Leupold ringe op RSA aksie - watter basis?
Posted: Tue May 13, 2014 6:04 pm
by Dant
Giepie wrote:Ek dink was gister 'n soortgelyke vraag op die forum. Ek het nie 'n RSA aksie nie, maar Vektor aksies op my twee gewere. Ek weet nie hoe die aksies van mekaar verskil nie. Die "Winchester 70 Standard Action en Marlin XL-7 Warne basisse pas reg op my aksies. So ek neem aan dat jy die Leupold basisse vir hierdie aksies ook sal kan gebruik.
Hello Giepie,
Ja het die ander vraag gesien maar het my nie regtig 'n antwoord gegee nie. My probleem is dat ek klaar die ringe het maar nie 'n Leupold basis opspoor wat op die RSA aksie sal pas nie so probeer uitvind of daar 'n alternatiewe basis is wat op 'n RSA aksie sal pas wat sal werk met die Leupold ringe. Ander moet ek nou weer ringe ook koop...
Dankie.
Re: Leupold ringe op RSA aksie - watter basis?
Posted: Tue May 13, 2014 6:39 pm
by Giepie
Ah, ok.
Ek dink ek het op my 375 ook van daardie formaat ringe en basisse gehad. EK het dit afgehaal want ek het 'n quick release stelsel op gesit, ek wil kan wissel tussen die gewone teleskoop en 'n "red dot." Ek dink daaraan om dit te verkoop, maar dan sal ek dit graag as 'n stel wil verkoop. Anders kan ons dalk 'n plan maak. Ek is in Centurion.
Re: Leupold ringe op RSA aksie - watter basis?
Posted: Tue May 13, 2014 9:52 pm
by Dant
Dankie Giepie, ek sal jou PM. Ek is in Pta, miskien kan ons 'n plan maak.
Re: Leupold ringe op RSA aksie - watter basis?
Posted: Wed May 14, 2014 12:57 pm
by Dant
Hi Giep,
ek het vir jou 'n PM gestuur...laat weet as jy dit nie gekry het nie?
Groete,
Duncan.
Re: Leupold ringe op RSA aksie - watter basis?
Posted: Wed May 14, 2014 5:16 pm
by Giepie
Pm terug gestuur. Dit is toe Lynx ringe en basisse wat ek het. Jammer.