Page 1 of 1
Soek iemand in Secunda omgewing
Posted: Sun May 11, 2014 5:08 pm
by Reghardt
Dag Julle
Ek soek asb iemand in Secunda omgewing om vir my na n bakkie te gaan kyk. Ek stel belang in n bakkie daar en alhoewel ek al foto's gesien het sal ek net graag wil hê iemand moet gaan kyk voordat ek self op die groot voël klim jhb toe om self te gaan kyk en moontlik koop. Ek sal dit baie waardeer.
Groete
Reghardt
Re: Soek iemand in Secunda omgewing
Posted: Sun May 11, 2014 5:09 pm
by Geno
Spanner en Degenad is in Secunda. As jy nie regkom nie, gesels met my, my broer is daar. Ek kan met hom reël om te gaan kyk na die bakkie vir jou.
Re: Soek iemand in Secunda omgewing
Posted: Sun May 11, 2014 5:33 pm
by Reghardt
Geno wrote:Spanner en Degenad is in Secunda. As jy nie regkom nie, gesels met my, my broer is daar. Ek kan met hom reël om te gaan kyk na die bakkie vir jou.
Baie dankie ek waardeer. Ek sal hulle pm en hoor as ek nie regkom nie sal ek met jou praat. Moet sê die forum maak darem die lewe baie makliker.
Lekker aand
Reghardt
Re: Soek iemand in Secunda omgewing
Posted: Sun May 11, 2014 7:26 pm
by Hilux01
Reghardt
Ek is in Secunda en kan ook n draai gaan maak as jy sou wou he ek moet
Is self n redelike pyn oor voertuie en pa al 35jr in motor bedryf - laat weet hoe ek kan help
Re: Soek iemand in Secunda omgewing
Posted: Sun May 11, 2014 9:28 pm
by Geno
O ja.. Henk is ook daar!
Re: Soek iemand in Secunda omgewing
Posted: Sun May 11, 2014 10:18 pm
by sPRINGHAAS
Ek is ook bereid om vir jou te gaan loer as die manne nie kan help nie.
Re: Soek iemand in Secunda omgewing
Posted: Mon May 12, 2014 9:10 am
by DanieDegenaar
Sal eenige tyd help, dink Hilux het dalk meer ondervinding maar ons kan 'n span poging maak indien nodig.
Re: Soek iemand in Secunda omgewing
Posted: Mon May 12, 2014 9:15 am
by Reghardt
Baie danki manne ek sal laat weet sodra dit nodig is. Dit mag dalk eers so na die einde van die maand wees. Ek waardeer jule bereidwilligheid om te help.
Groete
Reghardt
Re: Soek iemand in Secunda omgewing
Posted: Tue May 20, 2014 11:05 am
by Reghardt
Dagsê, het iemand dalk vir my Henk se nommer? Ek sal dalk maar bietjie van sy kundigheid moet gebruik maak. Indien PM hom vir my.
Henk indien jyself die post sien pm my asseblief jou selfoon nommer.
vriendelike groete
Reghardt
Re: Soek iemand in Secunda omgewing
Posted: Tue May 20, 2014 11:24 am
by DanieDegenaar
Jou ge-PM
Re: Soek iemand in Secunda omgewing
Posted: Wed May 21, 2014 7:11 am
by Hilux01
Reghardt
Was goed om gister met jou te gesels
Ek was in Jhb gister en daarom het ek jou boodskappe gemis
Soos gisteraand bespreek sal ek jou ophoogte hou van die dinge
Groetnis
Re: Soek iemand in Secunda omgewing
Posted: Wed May 21, 2014 7:46 am
by Reghardt
Baie dankie vir die moeite. Ons praat weer sodra julle bymekaar gekom het.
Groete
Reghardt